Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Collins sestet het sy oorsprong by die Australiese digter Divena Collins. Die Collins stansa is ‘n versmelting van drie groepe digkuns; rymmende koeplette, wat ‘n sestet vorm, maar die laaste twee versreëls van elke stansa is ook refrein frases of woorde wat herhaal word en vorm dus ook ‘n herhalende soort versvorm.

Ideaal word heroïese koeplette gebruik maar enige rymende koeplette word toegelaat. Om te onderskei tussen die twee (koeplette en heroïese koeplette) word ‘n gedig in die Collins Sestet vorm wat heroïese koeplette gebruik (bestaan uit jambiese pentameter metrum (1) wat tien lettergrepig is) ‘n Divine Collings genoem.

Gewoonlik bestaan die Collins sestet gedig uit drie sestet stansas met ‘n rymskema: aabbC1C2 / ddeeC1C2 / ffggC1C2. (Soos gewoonlik dui hoofletters refrein versreëls aan.)

Divena Collins se gedigte “Lovers Apart,” “Amor Vincit Omnia,” “Awakened Spirits,” “Devil Woman,” “Jungle Boogie,” “Lady to Knight,” “Little Bird,” “Lost City of Atlantis,” “Lost in Visions,” “Lovers,” “Lozen Indian Warrior Woman,” “Medusa,” “Memories of Winter,” “Moon Phase Crop Growing,” “Nature's Anguish,” “Norse Goddess,” “Preservation,” “Rain Clowds,” “Reborne To Nature,” “Seasons of the Forest,” “Spirit of Battle,” “Stampede,” “This Day,” “The Voice,” en “Woodland Lovers” is baie goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Hier is my pogings tot die Collins sestet gedig:


Toe verlang ek terug na my eie land (Collins sestet)

(na A. G. Visser)

a Ek het die wye oseaan gadegeslaan,
a bo op Tafelberg oomblikke gestaan
b seemeeue sien krioel onder in die baai,
b toe die Suidoos alles deurmekaar waai;
C1 toe verlang ek terug na my eie land,
C2 na my huisie aan die Suikerbosrand.

d By die Strand wou ek alleen drome droom
d toe ‘n mengelmoes skielik om my stroom
e uit busse peul, in onderklere swem,
e een oorverdowend skreeu met ‘n skril stem;
C1 toe verlang ek terug na my eie land,
C2 na my huisie aan die Suikerbosrand.

f Op Clifton was meisies bostukloos
f hulle het geflikflooi en ek wou bloos,
g by Seepunt het ligte geflikker in die nag
g maar in Gauteng was een wat op my wag;
C1 toe verlang ek terug na my eie land,
C2 na my huisie aan die Suikerbosrand.

[Verwysing: “Waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand” deur A. G. Visser.]


As die rus van die natuur na my kom (Collins sestet)

Laatmiddag rinkink elke helder vink
as die aandster al reeds blouwit blink
fladder elke pragtige skoenlapper rond
as bosduiwe neerdaal op die grond;
as die rus van die natuur na my kom
is ek in die woelige stad verstom.

Deur die bome is die wind se fluistering
as voëls roep in die silwer skemering,
die son rooi agter die rante verdwyn
sterre met liggies wat knipoog verskyn;
as die rus van die natuur na my kom
is ek in die woelige stad verstom.

Vêr weg is daar tarentale wat roep,
ingedagte sit ek rustig op die stoep,
sien daar in die verte stad liggies blink,
as die vlermuise heen en weer rinkink;
as die rus van die natuur na my kom
is ek in die woelige stad verstom.


Stilte het woordloos tussen ons gehang (Collins sestet)

Langs ‘n silwer rivier, ‘n helder stroom
het jy teen ‘n ou wilger sit en droom,
met ‘n klein glimlag stil en tevrede
asof iets dalk groots is in jou verlede
toe jou helder oë skielik myne vang
het stilte woordloos tussen ons gehang.

In jou oë het lig soos sterre gevonkel,
‘n blaar geval en stil weg gekronkel
toe ‘n kiewiet skielik uit die vlei roep
ander van vêr weg antwoord in ‘n groep
toe jou helder oë skielik myne vang
het stilte woordloos tussen ons gehang.

Waar die waters eindeloos kom en gaan
het jy skielik daar vinnig opgestaan
jou blik het diep in my siel in gereik
en ons kon ons gevoelens nie ontwyk
toe jou helder oë skielik myne vang
het stilte woordloos tussen ons gehang.


Vroegoggend (Collins sestet)

Blomme pryk wild, helder vol druppels dou
as die son liefderyk oor rante vou
strek die silwer wit skemer as dit draal
die son oranje die mooiste kleur uithaal
en daar is skoonheid net waar my oë val,
die handwerk van die God van die heelal.

Toe die son helder by die venster inloer
val dit in kolle plassend oor die vloer,
buite is die hemel blou, die veld oop
of mens in die somer myle kan loop
en daar is skoonheid net waar my oë val,
die handwerk van die God van die heelal.

Buite is dit skielik reeds helder dag
toe jy reeds met ‘n koppie koffie wag,
jou lokke vang my oog glinster ragfyn
as jy vrolik lag, jou gesig sonskyn,
en daar is skoonheid net waar my oë val,
die handwerk van die God van die heelal.


Die lig in die kamer is nog steeds grou (Collins sestet)

Buite is die vinke se kwettering
waar hulle vrolik in die takke sing,
kinders lag by buurman se kweperlaan
terwyl daar karre een-een verbygaan;
die lig in die kamer is nog steeds grou,
gordyne dig, as slaap weer om jou vou.

Vêr weg, aanhoudend lui ‘n ou kerkklok
om mense in die stad na die kerk te lok.
Dis agtuur as ek slaap uit my oë vee,
jy omdraai en ‘n kreun geluidjie gee,
die lig in die kamer is nog steeds grou,
gordyne dig, as slaap weer om jou vou.

As ek vir jou ‘n koppie koffie bring
val die son op jou gesig in ‘n kring
met ‘n klein aartjie wat in jou nek klop
hou jy my vir slegs ‘n oomblik lank dop,
die lig in die kamer is nog steeds grou,
gordyne dig, as slaap weer om jou vou.


Eheu Fugaces (Collins sestet)

(na A. G. Visser)

Herinner ek jou Annelize lief,
aan elke kaartjie, elke brief,
bosse rose wat ek byna eindeloos gee
die bande wat ons tot ‘n huwelik smee;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

Riana, onthou jy nog die somer maan,
toe ons op wittebrood na die berge gaan
hoe vreugdevol jy my toe bemin,
die armband met wilde diere daarin;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

Minette, soms kom oomblikke weergaloos,
jou tyd was breekbaar soos ‘n roos
en nou is daar slegs ‘n droom waarin jy is
want jy is deel van die ewige duisternis;
vir altyd sal ek van jou weet,
daar is dinge wat ons nooit kan vergeet.

[Verwysing: “Eheu Fugaces” deur A. G. Visser.]


Voetnota:

(1) In digkuns is metrum die manier waarop ‘n versreël gevorm word sodat dit gelyke en eweredige eenhede van ritme bevat. Lettergrepe kan sag, hard en skerp wees. Harde ryme is gewoonlik manlik soos byvoorbeeld die woorde “man” en “kan.” Sagte ryme is gewoonlik vroulik en soms slepend waar nog ‘n lettergreep wat rym voorkom en onbeklemtoon soos byvoorbeeld die woorde “dartel” en “spartel.”

As ons harde en sagte lettergrepe saamstel neem dit ‘n ritme aan soos ‘n wekker wat tik tak. Daar is egter nog ander kombinasies van metrum waarvan ek hieronder ‘n grafiese voorstelling gee:

Tipes van versvoete:

Sleutel:

Onbeklemtoonde lettergreep O
Beklemtoonde lettergreep /

Jambe: O /
Trogee: / O
Anapes: O O /
Daktiel: / O O
Spondee: / /
Pyrric: O O

Soos alreeds genoem is, is ‘n jambe is ‘n “versvoet wat bestaan uit ‘n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde lettergreep soos in bewaar.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Trogee is “’n versvoet bestaande uit ‘n beklemtoonde gevolg deur ‘n onbeklemtoonde lettergreep.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Anapes is “’n versvoet van drie lettergrepe waarvan die laaste drie beklemtoning kry, soos byvoorbeeld “anargië.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Daktiel is “’n versvoet bestaanende uit een beklemtoonde, gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe soos in “moddervet.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Spondee is “’n versvoet van twee beklemtoonde of lang lettergrepe.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Pyrric is ‘n versvoet wat bestaan uit twee onbeklemtoonde lettergrepe.


Eenhede in ritme kan voorkom as monometer, dimeter, trimeter, tetrameter, pentameter, hexameter en heptameter.

Monometer is waar ‘n versreël bestaan uit slegs een versvoet soos in die gedig “Loves retreat:”

“Step back!
Step back!
Step back!
I say.
No pain!
No pain!
No pain!
I pray “

Hierdie tipe gedig het geweldige krag en betekenis in die kortheid daarvan.

Dimeter is waar ‘n gedig bestaan uit slegs twee versvoete soos in die tweede deel van die gedig “Loves retreat:”

“Step back, step back
step back you say.
No pain, no pain
no pain I pray”

In die twee voorbeeld is daar verskillende betekenisse, wat die ritme en woord samestelling bepaal. In die monometer gedeelte stoot die vrou haar minnaar weg. In die dimeter voorbeeld word presies dieselfde woorde gebruik maar hier praat sy veel ligter en spot sy hom. Hierdie voorbeelde toon hoe belangrik dit is om die regte metrum te gebruik.

Trimeter is waar drie versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Lie:”

“Go, Soul, the body's guest,
Upon a thankless errand;
Fear not to touch the best;
The truth shall be thy warrant:
Go, since I needs must die,
And give the world the lie.”

“Say to the court, it glows
And shines like rotten wood;
Say to the church, it shows
What's good, and doth no good:
If church and court reply,
Then give them both the lie.”

Tetrameter is waar vier versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Nymph’s Reply:”

“If all the world and love were young,
And truth in every shepherd's tongue,
These pretty pleasures might me move
To live with thee and be thy love.”

“Time drives the flocks from field to fold,
When rivers rage and rocks grow cold,
And Philomel becometh dumb;
The rest complains of cares to come.”

“The flowers do fade, and wanton fields
To wayward winter reckoning yields;
A honey tongue, a heart of gall,
Is fancy's spring, but sorrow's fall.”

Pentameter is waar vyf versvoete per versreël gebruik word en natuurlik is William Shakespeare ‘n meester van jambiese pentameter en sy “sonnet XVIII” is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan:

“Shall I compare thee to a summer's day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer's lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimm'd;
And every fair from fair sometime declines,
By chance or nature's changing course untrimm'd;
But thy eternal summer shall not fade
Nor lose possession of that fair thou owest;
Nor shall Death brag thou wander'st in his shade,
When in eternal lines to time thou growest:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this and this gives life to thee.”

Hexameter is waar ses versvoete per versreël gebruik word en is ook bekend as “Alexandrine.” Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain” gebruik dit om stansas te beëindig. Swinburne se gedig “The last oracle” gebruik die trogee versvoet in hexameter vorm. Hier is ‘n uittreksel uit Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain:”

“In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly chouces she.”

“Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhytmic tidal lyres.”

“Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls – grostesque , slimed, dumb, indifferent.”

Heptameter bestaan uit sewe versvoete per versreël soos in Rudyard Kipling se gedig “Tommy” wat in jambiese heptameter geskryf is:

“Yes, makin' mock o' uniforms that guard you while you sleep
Is cheaper than them uniforms,an' they're starvation cheap;
But it's "Thin red line of 'eroes" when the drums begin to roll –“

“The drums begin to roll, my boys, the drums begin to roll,
O it's "Thin red line of 'eroes" when the drums begin to roll”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Oak Seed

deur Rachelle du Bois

Alicia Venter was a cool librarian with her life and her career mapped out. Until she looked into the compellingly familiar eyes of a stranger. She was shaken to the core. Why was she so powerfully drawn to the stunningly attractive Martin Blythe, yet they’ve never met? Martin Blythe was rich, he was a successful engineer doing research in the university library. And then he looked into the familiar green eyes of a strange young woman. The earth moved for him then as he recognised her somehow. In an instant he knew she was a part of him without which he could not live. Would these two people find the answer to the strange coincidence that kept pushing them into each other’s lives? Would they resist or choose love?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar