Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




So lees die ek nou die dag in een van Bloemfontein se koerante ‘n artikel waarin die skrywer sê: ‘Sê vir die kinders ( tieners) daggarook is lekker.’ Ek vererg my natuurlik eers dat al my gryswordende gekleurde hare regop gaan staan. Later loop ek so met die kousel saam en dink toe, wel dit gaan nie help om te sê dat dit sleg is nie, niemand gaan jou glo voordat hulle dit aan eie lyf ervaar het nie.

Daar is tans roeringe in die parlement dat drukgroepe soos die Rastafarians en ander alternatiewe ‘behandeling verskaffers’ dagga-gebruik gewettig wil hê. Ander lande soos Nederland, Duitsland, Spanje en Oostenryk het reeds hulle beleid oor dagga aangepas, hetsy verslap, heeltemal gewettig vir eie gebruik, gewettig vir medisinale gebruik ens. Interessant is dit dat die internasionale ondervinding was dat die verslapping in beleid nie gelei het tot vermeerderde gebruik onder vorige nie-verbruikers nie.

Suid Afrika se profiel mag anders lyk. In ons land is daar ander faktore wat die hoeveelheid nuwe verbruikers kan beïnvloed. As dit gewettig word vir gebruik kan dit dalk goedkoper wees as alkohol, waarvoor julle diertjies so lief is.

Elke mens is ‘n unieke wese met ‘n unieke weerstand teen verslawing en unieke reaksie op enige chemiese substans, hetsy alkohol, dwelms of selfs jou voorgeskrewe medikasie vir daai goor puisies. Daar is geen, maar geen, manier waarop jy kan voorspel hoe vinnig jy verslaaf gaan of kan raak nie, geen manier om te sê of die uitwerking goed of sleg gaan wees nie.

Die slegte effekte is die volgende en kan in meerdere of mindere mate voorkom, meestal na langdurige gebruik, maar soms na die eerste kennismaking.

1) Verhoogde risiko vir longsiektes.
2) Afhanklikheid
3) Verskeie slegte effekte op die ontwikkeling van die fisiese en verstandelike ontwikkeling van adolossente.
4) Subtiele kognitiewe inkorting. Dit beteken jy kan so geleidelik dommer en dowwer word dat nie jy of jou ouers dit agterkom voordat daar selfs etlike jare kan verloop nie.
5) Psigose, dit wil sê heel van jou trollie af wees.

Die akute effekte is:

1) Kognitiewe inkorting, vir julle apies wat nie weet nie, dit is jou geheue en jou aandag, die dinge wat maak dat jy môre nog onthou wat die onnie gister verduidelik het.
2) Psigomotoriese inkorting. Jy voel dalk so rats en vinnig en seker op jou voete, maar ongelukkig is die klem op ‘voel’.
3) Verhoogde motorongelukrisiko’s wat verband hou met bogenoemde en met die feit dat jou dieptevisie en afstandskatting abnormaal kan wees.
4) Die akute effekte is meestal verbygaande.

Die ander groot vrees is dat as jy begin met ‘ligte’ dwelms soos dagga, jy al ‘swaarder/harder’ drugs gaan nodig kry. Dit hou teoreties water, maar is nie so bevind in die lande met die losser dagga-wette nie. In Suid Afrika egter het ons egter ‘n direkte verband tussen dagga en Mandrax en lg. se toenemende gebruik sal ontstellend wees omdat Mandrax ‘n potensiële dodelike drug is.

Dagga se wettiging kan dalk lei tot die verdere navorsing oor die medisinale gebruik van die plant en dit sou ‘n bate wees. Ons weet tans nog te min daarvan om dit te promoveer vir kanker en ander kroniese pyn .



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

boomstraat!!
Dis nou weer 'n geval waar 'n beleid wat eintlik vir 'n eerstewêreldland bedoel is kunsmatig ingevoer word in onse piesangrepubliek. Ek dink die idee is goed, maar dit gaan net nie werk nie. Dit sal polisiemense meer tyd gee om op belangriker misdaad te fokus, maar hoeveel misdaad sal nie ontstaan as gevolg van die gebruik van dagga nie. Veral gebruikers onder psigose. Nee. Ek is teen dit. Nee, nee, nee. Ons land se mense is al klaar so substansieafhanklik.
7 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


TAMELETJIE!
Moeilike onderwerp met uiteenlopende opinies. My 2 yen bydrae:
1. Dagga gebruik onder die swart bevolking is eeue oud en bitter min van die gebruikers gradeer op na harde drugs. 'n Pyp na werk is vergelykbaar met pappie se klippies-en-coke na werk;
2. Onder die jeug is dagga beslis 'n 'steppingstone drug' na harder dwelms;
3. Witpyp is 'n 'proudly South African' produk. Baie dealers 'lace' ook hul dagga met heroien om verslawing te kweek;
4. Geweldsmisdade gepleeg onder die invloed van sterk drank is oorweldigend meer as die onder invloed van dagga. Dagga 'chills you, man' en gee selde aanleiding tot aggressie;
5. Die enigste rede hoekom alkohol wettig is, is die feit dat dit 'n laaang geskiedenis het, terug tot by Noag se gesuipery. Ek is oortuig as alkohol se 50 jaar gelede eers 'ontdek' was, dit 'n skedule 8 medikasie sou wees.
6. So ja, meer vrae as antwoorde...
7 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar