Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Hallo Mevrou , Mejuffrou, meisie, “girls” Nooi, Hanna of Susan
– net wie jy is
....en genoem wil word.

Ek wil graag jou aan my “klub” bekend stel.

Dit kos nie geld om aan te sluit.
Ook nie dat jy van “adel” stand moet wees.
Jy hoef nie ingangsfooie te betaal.
Of gereeld daar te gaan besoek af le nie.
Dis nie ’n organisasie of ’n skinder kring nie.
Dis nie VIR ryk, arm, mooi of lelik nie.
Hoog geletterd of "fancy" geskool.

Die paar vereistes om lid te wees – is

Jy moet ’n allerdaagse vrou wees,
Moet allerdaagse probleme he.
soms oplossings uitdink op jou unieke manier,
om die daaglikse frustrasies te bowe te kom.
Jy moet daaglikse katastofes in jou lewe he – soos die kinders wat baklei.
Die hond wat die asblik sak oop skeur,
’n Man wat “selektiewe”:gehoor het.

’n Wasmasjien wat breek, ’n kar se band
wat pap is op ’n maandag more.
Die wasgoedbondel wat nie einde kry –
Die baas by die werk wat gil en skreeu en “demand”
Jou selfoon se battery wat pap raak, as jy dit dringend nodig het.
Omdat jy in jou ongeorganiseerde lewe vergeet het om dit te laai.
Die brood en botter wat gedaan is
en more se toebroodjies wat nie ‘n vulsel het nie.
Die melk wat vir die soveelste keer die week suur is
omdat die kinders dit na middag ete nie terug in die yskas gebere het nie.

En ooo.. jy hoef nie noodwendig ’n yskas , wasmasjien, televisiestel, komputer, email selfoon, kinders,
’n hond, kat, budgie of man te he nie.
’n Porche te ry of die nuwe parfuum van Dior kan koop nie.
Gereelde vakansies na die Carribean neem.

Wat jy wel moet he is –
’n sin vir humor, kan lag vir jouself en situasies.
’n Brein wat kan dink.
’n Wil om te lewe en te leer.
Die lus om iets beter te wees as wat jy is –
Jou medemens raak te sien en hoor dat daar in die wereld -
Swaarkry, onmin, min liefde, duur petrol en brood is.
Dat jou rand en myne dieselfde werd is.
Dit ’n feit is dat ons kry net swak gemaakte klere, druk verkeer, siekte, dood maar bo alles LEWE en dat dit kosbaar is.
Verstaan dat ons elkeen een of andertyd deur die lewe rond gedraai word.
Deel is van die wiel wat die lewe genoem word – vandag is jy bo en more onder.
Iemand te help – al is dit hoe klein ’n gebaar. En nooit terug te vra nie, die regte en edel ding is om te doen. Dat soms dit nodig is om op jou tande te byt -
maar ook wanneer genoeg nou genoeg is.

As die jy is – en jy is lus vir iets buiten gewoon –
skryf vir my en ek sal jou met liefde vertel
van die gawe vriende kring.
Ek brand om van jou te hoor !

lanalowe@hotmail.com

Daisy Groete
L






Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Dankie Lana ek het dit geniet goed geskryf
10 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud


Lana
Ek is ook daai een.
Geen spoedniek kar, geen neulende man, geen kind of kraai...net ek. Met al daai goed wat elke dag gebeur.
Gelukkig sorg ek vir my bejaarde ma. Sy kla as haar kar nie wil loop nie, dan maak ek maar die enjinkap oop, en kyk vir "iets", weet nie wat ek gaan doen as ek "iets" sien nie, maar kyk maar in elk geval.
Ek ry baie vroeg in die oggend werk toe, en kom 12 ure later weer by die huis aan. Ma se sy sien my nie, maar ek probeer. Nou het ek julle....wens sy kon daarin deel.
Ek is ook in die klub.
Antjie
12 jaar 10 maande 4 weke oud



Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar