Artikels

Titel: Dawid se Slingervel of die Hamer van Thor – V

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In hierdie aflewering wil ek bietjie oorgaan tot ‘n bespreking van sekere aspekte in die verhale wat in die Ou Testament vervat is. Die verhale in die Ou Testament is uiters aktueel tot die draad in die artikels en tot die boodskap in die opskrif. Dit is aktueel, omdat daar uit die verhale van die Ou Testament ‘n bepaling gemaak kan word van die moraliteit en waardes agter Koning Dawid se mense oftewel, God se ‘uitverkorenes’ Ek wil dit net vir die leser baie duidelik maak, dat enige verwysing wat ek hierin na ‘God’ maak, in kontéks tot die ‘Israelitiese begrip’ in die verhale is en nie as minagtend of Godslasterlik teenoor God die Skepper of die Godheid self nie. Ek is perse van die opinie dat God die Skepper, en die God van die Jode, nié dieselfde God kan wees nie – my artikel behoort dit baie duidelik uit te lig waarom ek so dink...

Daar word aanspraak daarop gemaak dat die Ou Testament die literêre fondasie van die geskiedenis van die wêreld, en meer spesifiek, van die Israeliete is. Dat dit Gód se geskiedenis is. Die verhaal van die ‘God van Liefde’ se voorkeur vir ‘n spesifieke nasie. Die inkorporasie van ‘n spesifieke mensdom in die ‘Enige God’ se totale raadsplan. Daarom is dit seer sekerlik nie onregverdig om te verwag dat die mense wat God uitverkies het, en die ‘pad’ na sy raadsplan; dit moet tipeer wat die ‘God van liefde’ voorstaan. God, en die karakters van die Bybel, moet tog as ‘rol modelle’ kan dien, gegewe hul posisies uit die woord. Dit is seker nie te veel gevra nie? Die Ou Testament egter, lees soos ‘n vulgêre goedkoop sepie – die “Jerry Springer Show” van antikiteit – ‘n verhaal slegs goed genoeg vir iemand met verwronge waardes. So word die estetiese waardes, die ideale en potensiaal van die Ariese gees effektief beskadig en mislei deur die Bybelse heiliging van diefstal, moord, volksmoord, kannibalisme, owerspel, verkragting, bloedskande, bedrog, die offer van kinders, lafhartigheid en noem dit maar op... Al hierdie, omdat die Enige God ‘baie onlangs’ besluit het dat Hy die nomadiese bokboere van Palestina, sy eksklusiewe lieflinge gaan maak – of so word daar aan ons voorgehou. Geslag na geslag Ariese siele is as gevolg hiervan, van hul geestelike wortels vervreem.

Nodeloos dat ek moet verwys daarna dat ons as Christen van Europese afkoms, hierdie boek as sulks aanvaar en voorskryf. Taktiese verheerliking van sekere gedeeltes van die Ou Testament het ons aandag weggeneem van die skokkende werklikhede wat die karakter en doelstellings van die Joodse masker ontbloot. Ons geestelike objektiwiteit word verdoof - statistieke toon dat ongeveer 50% van die Amerikaanse kieserskorps die Ou Testament letterlik opneem en Amerika is die leidende Christenland.

Van die edelste mense wat hierdie aarde betree het soos Bruno, Spinoza, Thomas Paine en Ingersoll is deur die Christinne swartgesmeer, vervloek en doodgemaak terwyl die Bybelse gode, helde, patriarge, profete en priesters die hoogste moontlike verheerliking verkry. Kom ons kyk so bietjie na ‘n paar verheerlikte karakters en hul dinge.

Kannibalisme en die Offer van Kinders:

Die Israeliete het hulle kinders nie net goedsmoeds as offerande keelaf gesny nie, maar hulle sommer te ete gehad as die hongerpyne knaag. Met die beleg van Samaria deur die koning van Sirië was die Israeliete effektief afgesny van hul voedsel voorraad. Op ‘n dag het die Siriese koning sy rondtes om die stad gedoen en toe gehoor hoe twee Israelse vroue binne die mure rusie het oor ‘n kind wat geëet moet word: “...Verder sê die koning vir haar: wat is dit met jou? En sy antwoord: Hierdie vrou het vir my gesê gee jou seun dat ons hom vandag eet; dan kan ons môre my seun eet. So het ons dan my seun gekook en hom geëet; maar toe ek die volgende dag vir haar sê: gee jou seun dat ons hom eet – het sy haar seun weggesteek. En toe die koning die woorde hoor het hy sy kleure geskeur...” II Konings 6:28,29. Hierdie verwerplike optrede is nie net uit die nood van honger gedoen nie, dit is ook deur die Israeliete se liefdevolle God oor hulle gebring: “...sal Ek my in grimmigheid teen julle versit en Ek sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes. En julle sal die vlees van julle seuns eet en die vlees van julle dogters sal julle eet...” Levitikus 26: 28,29. In Deuteronomium kan daar ook gelees word dat God na bewering praat daarvan dat die Israeliete nie eens die ‘vlees van hul kinders’ met andere sal ‘deel’ nie. Dan is hulle nog suinig met die gekkokte kinders ook. Dat daar aan die kinders geëet is, word verder gesubstantiveer deur ‘n program oor Kannibalisme op Discovery kanaal waar opgrawings om Jerusalem volgens die samestelling en aard van die kinder beendere wat gevind is, aandui dat die kinders wie se beendere gevind is, geëet is.

Die Ou Testament het gevalle waar prominente Israelse figure van die Bybel gunste van God afvra en dan belowe dat hulle hul eerste kind wat hul tegemoet kom vir God sal offer indien die guns toegestaan word. Wat ons ‘forseer’ word om te glo is dat God eintlik sulke brutaliteit toelaat en goedkeur. In Rigters 11: 30-40 het ons die bekende verhaal van Jefta: “...En toe Jefta in Mispa by sy huis kom gaan sy dogter juis uit hom tegemoet met tamboeryne en koordanse...” Ons lees dat sy Jefta se enigste kind was. Sy het haar vir twee maande moes gaan voorberei vir die slagting en sy is inderdaad geoffer... Vir haar liefde vir haar pa is sy na twee pynlike maande se voorbereiding vir haar ‘heilige’ dood as offer vir die God van liefde keelaf gesny! Wat vir my hier belangrik is, is dat God vir twee maande in afwagting gesit en wag het dat ‘n gebroke vader sy liefling dogter moet doodmaak...en dit is gedoen soos die les in moraliteit dan vir ons voorhou!

Wat my verstand verder te bowe gaan, is dat ons Ariese Christinne so gebreinspoel is dat ons nie die werklike siek paradoks besef nie. Ons besef nie dat die God van Liefde, wat later Jesus in die vlees geword het daardie tyd in die hemel gesit het en hierdie slagting toegelaat het, maar minder as twee duisend jaar later na die aarde kom en die volgende woorde uitspreek: “...Laat die kindertjies na my toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God...En hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën” Markus 10:13-16. Dit is inderdaad ‘n onheilige paradoks want die drie eenheid maak Jesus en God een en die Bybel sê dan duidelik: “...Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” Hebreërs 13:8. Dit impliseer onomwonde dat Jesus wat die kindertjies geseën het vantevore in die hemel gesit het en toegelaat het dat Jefta en andere hul kinders offer!

Juda – Vader van die Primêre Stam:

Die stam van Juda speel ‘n primêre rol in die Ou Testament en veral in die ‘bloedlyn van Jesus’ ten spyte van die Maagdelike Geboorte - maar dit nou daar gelaat. Die regse Israeliete stry self onder mekaar wie eintlik uit Juda stam, want Juda is die eksklusiewe liefling stam. Van Pastoor Dan Gayman in Amerika, tot die verskillende groeperinge onder die regses in Suid Afrika wil almal so graag Juda wees. Kom ons kyk bietjie na Juda die stamvader van Dawid et al.

Nadat Juda se skoondogter Tamara, die derde agtereenvolgende keer ‘n weduwee word voordat sy enige kinders kon baar by drie van Juda se seuns, besluit sy om terug te keer na die land waar sy vandaan gekom het. Juda besluit om die gebied te besoek en Tamara kom daarvan te hore. Sy trek haar toe soos ‘n hoer aan en gaan sit langs die pad waar haar skoonpa moet verbygaan. Ou Juda sien die vrou langs die pad as hoer en wou by haar ‘ingaan’ – nie om tee te drink nie, ‘ingaan’ in Israel, het om ‘seks te hê’ beteken. Daar is baie ‘inganery’ in die Ou Testament... Maar, Juda moes ‘n ‘ingaan fooi’ van een bok betaal, en belowe dat hy die bok vir Tamar later sou stuur. Hy gee toe sy seëlring en staf, op Tamar se versoek, as pand totdat die bok afgelewer word. Hy ‘gaan toe by haar in’ en sy word daarvan swanger. Uit hierdie is Perez gebore en verder Dawid en nog verder Josef Jesus se vader... Wat ek egter sukkel om te begryp is hoe Juda ‘n gesprek in onderhandeling met Tamara voer, dan seksueel met haar verkeer sonder om agter te kom dit is sy skoondogter wat hy lank geken het... te dik vir ‘n daler, of dalk was dit net woerts warts! Ek wonder steeds of ‘n Christen Prokureur die edel patriarg van die uitverkore stam suksesvol sou kon verdedig in ‘n hof waar die ‘Ariese’ Romeins Hollandse Wette geldig is!

Dawid die Slingervel Held

“’n Man na die hart van God” In my boeke vulgêre grootprater, ‘n man wat ‘n tipe taal teenoor ‘n vrou besig, wat as ek dit sou aanhaal ek daarvoor aangekla kan word, bedrieër, iemand met die begeerte om vreemde troepe teen sy eie mense te lei, dief en rower, plunderaar, leuenaar wat allerhande valshede geuiter het om homself teen vervolging te verskans, mense slagter wat duisende mans vroue en kinders gemartel het deur hulle deur brandende steenoonde te jaag, ‘n poligamis en rugsteker wat op sy sterfbed gelas dat die twee getroue ou mans, die een, wat die meeste tot sy koninkryk bygedra het, en die nader wie hy belowe het hy sou beskerm; gedood moet word. Die klipgooier in ‘n swaardgeveg!

Die psalmdigter vind die Ariese vrou van Uria die Indo Europese Hetiet onweerstaanbaar toe hy haar sien bad. Hy beveel dat sy na sy kamer gebring word en word later met die gevolglike swangerskap konfronteer. Net soos wat hy die swaardgeveg met Goliat omseil het, probeer hy die verantwoordelikheid van sy owerspel omseil, en probeer dit bewerkstellig dat Uria by sy vrou gaan slaap en die swangerskap so regverdig kan word. Uria, getrou aan krygers etiek weier om teen die dissiplinêre gebruik in oorlog tyd, na sy vrou te gaan en slaap selfs voor Dawid se deur. Dawid se desperate pogings is nie suksesvol nie en uiteindelik kry die Joodse owerspel uitkoms oor Ariese lojaliteit, en volgens ‘Ou Testamentiese etiek’, word Uria op so ‘n wyse in die voorste linies geplaas dat dit onvermydelik moet wees dat hy sterf... en walla, Dawid het ‘n legitieme vrou!

In I Samuel 25 kan daar verder gelees word hoe Dawid en Abigail saamgesweer het teen Abigail se man en hoe Dawid ook op hierdie manier nog ‘n vrou bekom. Daar kan argumenteer word dat Dawid in sekere gevalle gestraf was vir sy lus, maar die feit bly staan hy wou nie leer nie. Die wonderlike koning raak selfs dronk en dans naak in die straat rond. Ek dink as Prins Charles dit sou waag is hy sy koningskap kwyt. Maar Dawid het gestand gehou by sy seksuele verspotheid...tot op sy sterfbed het die owerspelige ‘psalmdigter’ ‘n jong maagd gesoek om in sy skoot te kom lê... I Konings I. Seker ‘n Israelse manier van ‘waardig sterf’. Of is dit ongeoorloof dat ek so skryf oor heiligheid.

Maar Dawid was nie die uitsondering nie, sy kinders het in hul vader se voetspore gevolg. Die Woestyn Appeltjies het nie ver van die Dawid Boom af geval nie.

Amnion Aartjie na sy Vaartjie – Suster Verkragter

Amnion seun van Dawid en ...Juda, raak baie lus vir sy eie pragtige suster, blykbaar ook ‘n Tamar. Hy was so lus, volgens die Bybel, dat hy eintlik siek geword het. Sommige vertalings beweer dat hy ‘gemaak het of hy siek is’ - ek dink dit sou eerder waar wees, gegewe sy afkoms en herkoms, en natuurlik die voorbeelde van sy pa. Nie te min hy beplan uit sy siekbed om sy suster tussen die lakens te kry en vra sy pa Dawid om vir Tamar opdrag te gee om vir hom, Amnion, koekies te bak daar waar hy siek in die bed lê. Dawid, die man wat met God wandel, ‘n liefling van God, stuur sy eie dogter onkundig na die belustige kloue van sy eie seun. Die onskuldige maagdelike Tamar word nog deur haar vader, nog deur God, beskerm, en gaan bak onskuldig vir haar broer koekies. Amnion het haar probeer oorhaal tot gemeenskap, en toe sy weier, en hom smeek, toe verkrag hy haar: “...Maar hy wou nie na haar luister nie en het haar oorweldig en het haar onteer en gemeenskap met haar gehad” II Sameul 13:13

Die nié so Wyse Salomo

Van Salomo het God self gesê: “...Ek gee jou ‘n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het nie en soos jy ná jou nie sal opstaan nie...” Hierdie is baie kragtige en veelseggende woorde veral komende van God die Almagtige, teenoor ‘n sterflike mens. Hierdie woorde laat alle mense met alle kennis agterweë – daar kan nooit weer so iemand wees nie. Om oorspronklik hierdie mag te bekom versoek Salomo hoeka vereers dat hy veral wys wil wees met die ‘hantering van die Israeliete’: “...Gee dus aan U kneg ‘n opmerksame hart om reg te spreek oor U volk, om tussen goed en kwaad te onderskei, want wie sal hierdie talryke volk van U kan regeer?” Hierdie alreeds ‘wyse’ versoek het God so beïndruk, dat hy in hierdie sin vir Salomo ekstra gee...

Maar paradoksaal, nadat God hom die wysste van die wyses gemaak het met veral die vooropstelling dat hy sy wysheid sal gebruik om die volk Israel te lei, gebeur presies die teenoorgestelde. God se doel met die Israeliete, die verbond en beloftes, ly ernstige skipbreuk omdat die wyse Salomo se onwyse optrede die oorsaak word dat die Israelse koningskap in twee skeur. Weereens is daar die seksuele streek wat deur die bloedlyn loop want Salomo se beheptheid met “vreemde vroue”, en spesifiek die wat God hom verbied het, is die oorsaak van die opbreek van die Israeliete. Hulle sê mos, jou koerasie plaas jou brein in jou broek – Salomo se Godgegewe ‘wysheid’ kon nie sy anatomie inperk nie.

Ek sal nie verkeerd wees om twee naamsveranderinge hier voor te stel nie: Salomo de Klerk en FW Salomo – hulle het iets in gemeen – veelwywery en die uitverkoop van hul mense... Vir sy wellus word Salomo histories aanvaar as die wysste man ooit, en de Klerk het die Nobel Prys vir Vrede gekry saam ‘n Nubiër.

Enige iemand wat die Germaanse Edda’s gelees het, die Havamal, Friedrich Nietzsche se filosofie en sy “Zarathustra”, die werke van verskeie ander filosowe, Die Rubayat van Omar Kayim, selfs ons eie Langehoven se spreuke sal besef dat Salomo se beweerde werke hoegenaamd nie so ongeëwenaard is nie.

Abram die Oorspronklike Voorbeeld en Stamvader

As ons na die voorbeeld van die hoof patriarg van die Israeliete kyk bly daar min twyfel oor waar al die verwerplike streke vandaan kom.
God besluit om Abram se gehoorsaamheid te toets en vra hom om sy seun te offer. Abram gehoorsaam en op die heel laaste oomblik skenk God ‘n bok. Lekker edele voorbeeld van gehoorsaamheid aan iemand wat later Jesus sou word. Tussen die God van die Jode en Abram het ‘n arme kind die ergste moontlike trauma moes deurmaak... Kinder mishandeling in die Ariese Romeins Hollandse beskouing.

In Levitikus praat God skynbaar direk met Moses en beklemtoon: “...Die skaamte van jou suster, die dogter van jou vader of die dogter van jou moeder, in die huis of buitekant gebore mag jy nie ontbloot nie...” Maar van die begin het God se lieflinge presies dit gedoen... Abram het sy eie suster Sarai vir vrou geneem. Toe Abram in die land van die Farao kom het hy bang geword indien die Farao in Sarai sou belangstel en het nie erken dat Sarai sy vrou is nie. Hy stoot sy vrou voor eerder as om haar eer te beskerm. Die lafhartige tendens om ridderlikheid te omseil deur jou geliefdes voor te stoot kom duidelik na vore. Abram gee voor dat Sarai sy suster is, wat sy nie was nie maar ook is. Hy offer Sarai eintlik aan die Farao: “...En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne, en kamele in besit gekry het” Ou Abram verhandel sy vrou. Toe die Farao egter uitvind dat Sarai Abram se vrou is was hy geskok en het haar teruggegee. Abram het op die koop toe al die geskenke van die Farao en daar trek Israel se ‘Bonnie and Clyde’ opsoek na die volgende slagoffer.

Intussen verander Sarai se naam na Sarah net soos wat haar ‘man en broer’ se naam van Abram na Abraham verander. In die omgewing van Gerar kry hulle die volgende slagoffer en vang vir Koning Abimeleg met die selfde man – vrou – suster bedrog wat hulle die Farao mee gevang het. Hierdie keer egter kom Abimeleg nie so lig van die storie af nie en word hy en sy hele nasie en familie deur God gestraf omdat hy dit ‘onkundig’ gewaag het om Abraham se ‘suster’ in ontvangs te neem. Ek dink Abimeleg moes baie desperaat gewees het omdat Sarah op daardie stadium 90 jaar oud was. ‘n Jong mooi Jodin is skaars, laat alleen ‘n oue!

Isak die Na-aper

Kom ons maak dit sommer kort en kragtig. Isak, Abraham se seun volg in sy pa se voetspore. Hy gaan na die selfde land waar die selfde Koning Abimeleg steeds is en vang vir Abimeleg met presies die selfde bedrog as sy pa, hierdie keer met sy vrou Rebekka. Ek probeer nou nog uitwerk hoe ou Abimeleg na die vorige strawwe vir dieselfde slenter, deur die selfde mense kon val.

Lot die Regverdige

Om een of nader duistere rede het Lot besluit om hom te gaan vestig in die bose Sodom en Gamorra. God stuur twee engele om Lot te besoek en die homoseksuele mans in die stad wil die twee ‘reuse’ bietjie beken. Lot smeek die manne om die engele te los, maar hulle dring aan... Toe kom die Jood weer na vore en Lot offer sy twee dogters wat maagde is vir die mans – watter pa sal dit doen! Hulle aanvaar nie die uitgelewerde dogters nie en God tref hulle met blindheid. Lot en sy familie kry kans om te vlug, maar nie voordat God ‘n verdoemende voorwaarde neerlê: Niemand mag met die vlug omkyk nie. Lot se arme vrou se nuuskierigheid oorval haar en toe sy slegs omkyk verander sy in ‘n soutpilaar – daardie omkyk is skynbaar ‘n groter sonde as alles wat Dawid, Juda, Amnion et al aangevang het.

Wat kry Lot vir sy onberispelike optrede. Hy verloor nie net sy vrou nie, maar word deur sy twee dogters dronk gemaak en beide het seksuele gemeenskap met hul vader. Beide raak swanger en baar vir Lot wat tegelykertyd vader en oupa vir dieselfde kinders is - ‘Israeli Hillbillies’ Hierdie verhaal in die Ou Testament wys vir my dat die waardige uitverkorenes hul eie belange voor die van hul kinders plaas. Toe die twee vroue honger raak eet hulle hul seuns in plaas daarvan om hulself te offer. Toe Jefta bang was vir die Amelekiete, toe veg hy nie soos ‘n man nie, hy onderhandel sy kind se lewe met God vir ‘n oorwinning. Toe Lot deur die belustige homoseksuele mans konfronteer word offer hy nie homself nie, maar stoot sy twee dogters voor... Wat ek egter sukkel om te verstaan is: Indien iemand so dronk is dat hy nie eens sy eie dogters eien nie, hoe kry hy dit reg om suksesvolle seks te hê?

Maar nog is het einde niet. In Rigters 19 gebeur presies die selfde ding met ‘n onbekende Levitiese priester wat met sy houvrou in Gibea oornag het by ‘n gasvrye ou man. Slegte manne het gekom, die huis omsingel en wou die Leviet sodomiseer. Die gasheer het hulle gesmeek om dit nie te doen nie en die twee Joodse here in die huis stoot toe die vroue voor, die Leviet se houvrou en die gasheer se dogter wat ‘n maagd was ...”onteer hulle dan en maak met hulle wat goed is in julle oë” Die arme houvrou is uiteindelik aan die manne oorhandig en hulle het haar verkrag – die hele nag lank – en die volgende dag het die arme vrou voor die drumpel van die deur kom neerval. Haar ridderlike man het haar toe in stukke gesny nadat hy haar lewelose liggaam oor die esel drapeer het...Rigters 19:23...
”The story of the Levite’s concubine is so simular to that of Lot, one cant help wondering whether a fragment of manuscript became accidently misplaced in some long-forgotten scriptorium: an illustration of the erratic provenance of sacred texts” –– ‘bont bolmakiesie met heilige dade’ sal ek graag byvoeg tot Richard Dawkins se aanmerking!

Hierdie is enkele uittreksels tussen ‘n magdom soortgelyke gebeure wat die hele Ou Testament deurspek. Hoe kan enige mens hierdie tipe verhale aan die God koppel wat ons so graag sou wou voorhou die inisieerder en onderhouer daarvan is. Hoe kan mens sukkel om te onderskei tussen ‘n wrede moordlustige berg God van primitiewe nomadiese struikrowers, en die ware Skepper van die Heelal die Een wat almal Hemelse Vader noem?

Ek distansieer myself onomwonde van hierdie klas moraliteit wat as goddelikheid voorgehou word. Ek skud dit van my af soos ‘n hond water afskud. Ek wil daarmee niks te doen hê nie. Ek sien in die natuur ‘n geykte en gebalanseerde riglyn in die bloudruk van God se wil waarop ‘n gesonde en lewegewende moraliteit gebou kan word. My God laat die Son opkom, my God het nie ‘n ‘familie’ nie, en as Hy een gehad het sou hulle onberispelik gewees het soos die natuur – deur die bank! My God sou om mee te begin, nooit Palestina bo Europa gekies het nie, my God het smaak soos dit in sy asemrowende skepping weerspieël word.

Word vervolg...




Kommentaar

Ondersoek alles en behou die goeie.......
......dit is nie my of jou reg om iemand anders se menings af te skiet nie!

Wat ons wel kan doen is dit te ondersoek en die slegte af te werp en die goeie te behou.

Wat Waldor voorhou mag geyk of herhalings van ander sienings wees, maar nogtans is dit sy siening en insig t.o.v. dit wat weergegee word in verskillende geskrifte, want niks van wat ons sien is nuut nie, alles word herhaal en verander, of soos Ontluiker dit noem Onomkeerbare Selforganisasie (OS).

Wat wel vir my interressant is, is dat mense hou daarvan om dit wat gebeur het in die verlede te wil verdedig of beveg in die vlees, terwyl ons elkeen weet as iets oorvertel word verander dit sonder rede, selfs elke keer wanneer dit oorgeskryf, om nie eers van vertalings te praat nie!

Ek bestudeer eerder alles en behou vir myself dit wat in die gees vir my van belang is, want God is gees en nie vlees, d.w.s. ons kan spekuleer en in die spieel kyk, maar op die aarde sal ons nooit die regte en finale antwoorde vind nie......

Nes Waldor is ek mal oor die natuur en God praat met my sonder om te faal elke keer as ek byvoorbeeld die magtige see sien en ervaar, meer as wat enige mens of boek dit ooit sal kan doen!

Groetnis
Hercules
2 jaar 4 maande 9 ure 34 minute oud


Oom Kaspaas
Iewers het jy mis gelees.

Ek het dit baie duidelik gestel dat ek nie ‘God self’ aanvat nie.

Ek het ‘n probleem met hoé, en deur wié, en as wát God aan ons voorgehou word.

Ek het my rede met uitwysing substantiveer, waarop baseer jy joune? Op ‘n aanvaarding van geskrifte wat verdag is en ‘n verwerplike moraliteit openbaar?

Nee ek poep nie teen die Skepper nie ek skiet reguit uit die skouer na ‘n Stam god uit die woestyn - wat ek goed identifiseer het!

2 jaar 4 maande 13 ure 1 minuut oud


Bybelse onwaarhede
Net kortliks:

Ons as mens is net eenvoudig te eenvoudig om God te probeer verklaar. Ons probeer met ons beperkte (en meesal opgeblaasde) kennis 'n onverklaarbare en ontsaglik, verhewe geesteklike wese verklaar met ontoereikende menslike waardes en oordele. Hoe pateties?

Hoe wil jy, met menslike oordele, wat nie eers een geslag kan deurgaan sonder om mekaar met geweld in die hare te vlieg nie, so belangrik wil wees om 'n Almagtige God en Sy besluite te probeer afkraak en verklaar? Mens, jy poep tog nie teen donderweer nie.....
2 jaar 4 maande 13 ure 37 minute oud


Ek reken net dat Goebels/al-Husseini en Huzzbalah geweet het van hierdie dinge, is opgeteken in ou geskrifte, so hoekom dit dan nie vir propaganda doeleindes gebruik nie. Iemand wat dit nie doen nie, is dom!

My vrae nog al die jare heen, is hoekom was die God van die bybel so wreed en nog steeds. As 'n persoon nie wou luister nie is hy en sommer 3000 man doodgeslaan. Vandag word daar gepreek van God se liefde maar dan word 'n 8 jarige se Pa dood geskiet in 'n kaping en word daar vir haar gesê God is liefde!

Ek is van mening dat ons al die jare geleer is om God te vrees!

Sien uit na die volgende deel Waldor!
2 jaar 4 maande 13 ure 54 minute oud


Oom Kaspaas
Dankie dat jy heel tereg, die vinger op Goebbels se pel, Muhammed al-Husseini, gedruk het. Ou storie inderdaad.
Mens moet jouself ook nie veel steur aan die fabels oor oorle' Dawid en die dinge wat hy sou gepleeg het nie. Of hoe?

2 jaar 4 maande 1 dag 26 minute oud


W, jou 1ste komtaar gelees en my vertolking is: dalk het jy 'n punt my broer, maar wat is jou agenda...se jy my!

Klein detail: Dawid sou Clinton/Nixon/ FW/ Zuma na beginners laat lyk. Hy sweer (voor God) dat hy die 2 mans nie sal dood nie. Hou sy belofte. En op sy sterfbed, gelas hy dat die 2 NA SY DOOD tereggestel moet word. Vuil politiek: hy breek nie sy belofte nie, maar raak nogtans van hul ontslae...

2 jaar 4 maande 1 dag 2 ure 39 minute oud


Anti-semitisme
Terwyl ek hierdie en die vorige stukke (wat baie goed en in treffende detail geskryf is) met aandag deurgelees het, kom ek telkens op elemente af wat my geheue ge-“trigger” het. En toe onthou ek……

Dieselfde of baie soortgelyke stuk/ke het ek in 1994 tydens ‘n konferensie in Latakia, Sirië by ‘n verteenwoordiger van Hizbullah gekry. Sy naam het my vir die oomblik ontgaan, maar as ek gaan soek sal ek sekerlik die besigheidskaartjie tussen my goed kry. Ek onthou dat hy die konferensie onder die “sambreel” van ‘n konstruksiemaatskappy bygewoon het. Hierdie anti-semistiese propaganda is nie ‘n nuwe ding nie en kom al baie jare vêr (sovêr terug soos die 19e eeu).

Adolf Hitler skryf in Mein Kampf: “Alle propaganda behoort populêr te wees en dit moet op geestelike vlak sodanig aangepas wees dat dit nie net verstaanbaar nie, maar ook aanvaarbaar sal wees vir, selfs die minder intelligente, onder diegene aan wie dit gerig word.”

Heelwat van die “navorsing” vir hierdie en soortgelyke ander stukke is geïnisieer deur Joseph Goebbels se propaganda ministerie in Nazi Duitsland en is in sy geheel oorgeneem deur die Palestyn, Amin al-Husseini (Nazi-radio se stem na die Midde Ooste) asook Sayyid Qutb, vir verspreiding in die Arabiese wêreld om die totstandkoming van ‘n Joodse Staat te probeer verhoed. Hermann Esser (gedurende 1939), Arno Schickedanz (1936) en Alfred Vogel (gedurende 1937) het baie van die “navorsingswerk” gedoen vir die verskillende propagandastukke.

Die lekkerte van hierdie soort propaganda is dat die onwaarhede asook die halwe waarhede so kundig tussen die bewysbare waarhede ingevleg is dat dit kompleet soos die waarheid lyk.

Hizbullah en Hamas versprei hierdie propagandstukke gewoonlik tydens internasionale protesoptogte wat volg op wraakaanvalle van Israeliese magte op Palestynse wegkruipplekke. Omdat die stukke so goed saamgestel is en die “timing” gewoonlik net reg is, is die resultate nogals doeltreffend.

Dis net jammer dat hierdie tipe Nazi/Moslem propaganda sy pad in Afrikaans ook gevind het.
2 jaar 4 maande 1 dag 11 ure 52 minute oud



Die Ander Vrou

deur http://www.woes.co.za/

Die boek belig 'n wereld oue situasie uit die perspektief van die "ander vrou"- soos deur die vroue self vertel Die boek sluit ook perspektiewe deur 'n maatskaplike werker en 'n predikant in.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar