Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vrydagaand: Col.Kurts will jy oor kom vir ‘n bring en braai? Eerste stop by Pick ‘n Pay om ‘n chop, wors en sosatie te kry. Ge-estimeerde tyd 5mins. Maar dan kom keuse. Bees, skaap, vark, riblets? Boere, kaas, varkworsies? Hoender of beef sosaties, met watter sous Heuning en Mostert; Peri-Peri; Sweet & Sour; Garlic en Herb AAAAARG!

‘n Half-uur later kom die drankwinkel(Methyphobia- Fear of alcohol): ge-estimeerde tyd 3mins. Ek dink eks lus vir bier, maar die ongoddelike hoeveelheid keuses Amstel, Oom Charles, Windhoek, SA se antwoord op Guinness – Milkstout of soek ek ‘n pilsner, met Hansa SA se oudste en bekendste, Bavaria nuut (‘n wenner ‘n keuse wat ek vanaf onlangs nie meer oor twyfel nie) of Pilsner Urquelle wat bieg dat dit die eerste en beste in die wêreld is.

Met my pakkie Bavaria blonde onder die arm oog ek dat al die whiskey op special is OOOOOCRAP! Sit die bier neer, Johnny Walker, Jameson, Bells, Jack of Jim, hoe op deesaarde maak jy die besluit. En net toe jul dink dis klaar, toe moet ek chips koop vir voorgereg, Willards of Simba (90% van die tyd Simba ne?) wel dan NikNaks, Ghost Pops, Cheese Curls, Lays Sour Cream & Chives, Lays BBQ, Doritos Atomic Sumtieng, Fritos……….

F dit! Ek neem liewers ‘n movie uit en snuggle met… uhm … watter meisie gan ek nooi. OK, Okay ek kyk maar alleen, ek is in elk geval moeg.
DVD winkel new releases, 2 ouer flieks by ‘n nuwe blockbuster vir R2 ekstra. Stop dit, stop (met trane van totale pyn en sneusdoekies wat drip van mucus) stop met die keuses, stop net asb, Stop!

Net daar pee ek in my broek, sluit my toe in Kikken se porselein kom en skeer blaaie uit my gunsteling resepte boek uit en flush hulle … WANT wat de HELL (Hexakosioihexekontahexaphobia- Fear of the number 666) maak ek vir aandete vanaand??!!





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Decidophobia
Hi Kol

Dis maklik .... hahaha ...as jy 'n snob is, kies die duurste ... as jy vrekkerig is, kies die onduurste, ... anders ...gaan bloot opdie mooiste pakkie/bottel/watookal.

Ek het sopas 'n Dowwe-Dolle-oomblik gehad.

Insiggewende stuk ....gelukkig ly jy nie aan Agoraphobia nie ... nog nie ... :)
13 jaar 3 maande 1 week 3 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar