Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


“THE DEVIL IN DISGUISE AND HOW TO RECOGNISE HIM [...OR HER]”

Nota: Op advies van ‘n heldersiende [ dankie Toom ] gaan ek hierdie opbreek in kleiner, meer verteerbare happies en hulle so oor die loop van die week plaas

Ek het is lid van ‘n blad waar mense hulle probleme onderling bespreek. Ek het onlangs begin agter-kom hoedat daar sekere patrone hulle blyk te herhaal in die vraë wat vrouens vra met betrekking tot verhoudings probleme en toe, omdat ek een aand verveeld was, het ek die vraag gestel min of meer as volg: “Julle trou almal met hierdie tipe mans – let julle dan nie op die gevaartekens nie?”

Min was ek voorbereid op die trant van die antwoorde wat begin instroom het

Dit word toe duidelik dat waarskuwings tekens problematies is en dat voorkomende maatreëls iets is waaroor mens nog meer sal moet besin. Maar toe val dit my ook op dat hierdie klomp antwoorde ‘n nuttige kenbron is en dalk vir enkellopendes van groot hulp kan wees. Weens, wat ek ag, die moont-like belang van die inligting en ‘n gebrek aan tyd het ek toe die volgende aanmekaar gespoeg en geplak – dis beslis nie ‘n literere pragstuk nie en omdat ek nie ‘n Afrikaanse spel toetser het nie is dit seker nog boonop vol foute ook. So, ek vra vergiffenis uit die staanspoor vir die Pot Pourri. Die Ingels los ek net so ten spyte daarvan dat hierdie ‘n Afrikaanse forum is – ons kan dit immers algaar verstaan

Die sample was kennelik baie klein maar die ervaringsveld van die respondente breed en nogal skrikwekkend eenders en vir my dui die konsekwentheid op geloofwaardigheid

Tussen als deur het die woord “ liefde ” selde sy verskyning gemaak – [iets soos een uit honderd en tertig maal] en is die afleiding onvermydelik dat daar min begrip vir die konsep was toe hierdie onge-lukkige verhoudings aangegaan is. Ek waag dus ‘n eie definisie heel aan die begin as ‘n aanduiding van een van die eerste aspekte waaroor die leser dalk moet besin as hy of sy hul tot ‘n nuwe verhou-ding wil begewe:

Liefde is die doelbewuste en deurlopende aksie om die belange van jou maat bo jou eie te stel. In die soeke na ‘n lewensmaat gaan dit verder gepaard met die voorreg om mekaar se vertroue en respek dag na dag te verdien en ieder se vernaamste rol is om die ander te ondersteun om sy of haar beste na vore te bring. Dit gaan verder gepaard met die genot van romantiese en erotiese liefde – [ die gevoel en bevoel dele ] – welke albei algaande minder nodig raak om die liefdesband te versterk maar tog ook nooit oorbodig raak nie. Die liefdesband moet sterk genoeg wees dat elk ook onafhanklik daarin kan groei en dat nie een van die twee daardeur versmoor word nie. Synde ‘n menslike aktiwiteit moet ‘n verhouding soos enige ander voordurend beplan en bestuur word en as daar nie ‘n gesamentlike mikpunt is nie, dan is dit van die begin af ge-doem. As ‘n verhouding nie meer goed is vir jou nie, mors jy jou lewe daarin en moet jy dit verlaat en oorbegin

Bg. advies dan duidelik ontoereikend maar ten spyte daarvan seker te laat vir baie

Meeste van die respondente [ waarvan etlike hoogs kundig is en professionele waarnemings eerder as persoonlike ervarings gedeel het – ek dink spesifiek hier aan Hilda Lourens ] was dames en dus is daar die versoeking om te sê dat mans die hoof oortreders is. Baie van die opmerkings is woordeliks aangehaal of nie spesifiek vir geslag geredigeer nie, sodat die eindproduk dan wel bevooroordeeld teenoor mans skyn te wees. Dis egter ‘n inkorrekte persepsie. Hoewel die metodiek van misbruik verskil tussen mans en vrouens, is die voorkoms daarvan ongeveer gelyk tussen hulle:

“ ...onthou net daar is nie net mans wat so is nie maar ook vrouens. Vrouens is geloofwaardiger as mans want dit word mos nie van vrouens verwag om te abuse nie. Dit is mos wat die media ons vertel...”

“ ...die mans steek dit weg... hulle is skaam om daaroor te praat, bang hulle lyk swak.. vroue soek baie maklikker steun...”

“ ...nee, mans klim nie sommer uit daai kas nie...”

“ ...letterlik waar die man selfs aangerand word omdat hy nie seksueel wil verkeer nie en dan word dit teen sy sin verkry. As iemand ... vroetel dan gebeur dinge teen jou sin ook. Dis soos vroue wat ver-krag word en tog klimaks bereik gedurende die verkragting...”

“ ...mans het nog nie die moed om uit te praat nie. By ons sien ons die syfers is omtrent eenders. Dink bietjie aan iets soos sexual abuse binne in die huwelik. Hoe gaan ‘n man klag lê by die SAPD of by die hof ‘n BB kry daarvoor...?”

“ ek het 'n steekproef gedoen en gevind dat meer mans as vroue se BB's word afgekeur of 'n afgewaterde BB word toegestaan “

“ ...I think an emotionally disturbed woman is probably 100x worse than a man ... because I think women can be more insidious and emotionally sneaky...” en “ ...ek weet en dit is so: vroue is 100 keer meer gemeen as hulle uithaak...”

“ vrouens is “ intelligente “ abusers “ en mans is “ fisiese “ abusers “

Die sinskonstruksie sal dui op die gevalle wat spesifiek t.o.v. vrouens uitgelig is

Ek sal later kortliks aan “ mag “ en besonders “ geldmag “ raak

Naas geslag en mag is opvoedingspeil ‘n faktor by misbruik: - dit raak nie die voorkoms syfer nie maar die tipe van misbruik – “ ...kortliks gestel hoe hoër die opvoedingsvlak hoe ‘ intelligeter ’ is die vorm van abuse “

Vervolgens het dit ook duidelik geword dat die tipiese “ verkeerde “ verhoudingsvennoot deur ver-skeie stadia van ontwikkeling gaan: die afbakening is seker nie so duidelik in die praktyk nie en is maar meestal my eie versinsel:




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

deel 1 Waarskuwing
hierdie is n baie interessante leesstuk ... ek het dit geniet

n Huwelik is harde werk van beide kante, n selfverloening van die eie ek .. ek glo met my hele hart as elkeen die ander se belange 100% eerste stel kan en sal die liefde nooit verwelk nie...

ek sien vreeslik uit na die res van hierdie reeks...
4 jaar 10 maande 2 weke 16 ure oud


liefde
Ek kan net Toom se kommentaar be-aam. As jy nie van jou man/vrou/geliefde se persoonlikheid hou nie...vergeet van 'n lang gelukkige verhouding. Lyk na 'n interessante reeks bydraes, Spataar...
4 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 17 ure oud


Liefde
Altwee, my Ma en Skoonma, het (tien-duisend kilometers uitmekaar en onafhanklik, onwetend wat die ander sê) vir ons gevra: ,Die liefde is alles mooi en goed, maar hou julle van mekaar?'
Daai woordjie bestaan nog. Dra dit nog die betekenis wat ons as jongmens geleer het? Of is dit afgradeer tot blote sinlike lus en liggaamlike gier?
Ek hoop ek is in onreg en dat die jong mense nog altyd vriendelikheid, eergevoel, hulpvaardigheid en medemenslike ,hou van' saamverstaan as hulle van die liefde praat.
GvT
4 jaar 10 maande 2 weke 2 dae 5 ure oud



Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar