Artikels

Titel: Definisies ontdaan palawers

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Wanneer mens so deur die Woesblokke blaai dan val dit op, veral by stukkies aangebied as artikels of happies, dat daar soms nuttelose uitgerekte gesprekke volg omdat óf n te wye- óf te enge- óf onnoukeurige- óf onnadenenkende-definisie aan die onderwerp ter sprake gegee word.

My weergawe van HAT omskryf die begrip definisie as: Noukeurige omskrywing, bepaling bv. van ’n woord of uitdrukking: ’n Definisie wat te eng, te wyd, onnoukeurig is.

(As HAT met die voorbeeld supra bedoel dat bv. ’n onnoukeurige omskrywing as ’n definisie kan deurgaan dan weerspreek sy eie definisie van definieer mos, dan nie? Want tereg word lg. As Noukeurig omskryf; die presiese betekenis(se) vasstel gedefinieer! ’n Onnoukeurige definisie is dan mos nie bestaanbaar nie! Net so terloops…)

Vir die onstaan van palawers die volgende omskrywings van die woord of uitdrukking Afrikaner:

Voorbeeld 1: Mense wat van Afrika hou en wat Afrikaans verstaan.

Voorbeeld 2: ’n Afrikaner is iemand wat lief is vir Afrikaans sonder om as Afrikaner geken te wil word.

Voorbeeld 3: HAT- Persoon wat Afrikaans is deur geboorte of afstamming, veral iemand wat Afrikaans as moedertaal het.

Uit die voorafgaande drie voorbeelde val dit op dat 1 en 2 die hou van Afrika as ’n vereiste stel vir Afrikanerskap. Dit sluit dan per hulle definisie alle Afrikaansgebore persone met Afrikaans as moedertaal (Voorbeeld 3) maar wat nie van Afrika hou nie, uit. Duidelik onsinnig, nie waar nie? (Klink dan meer na Afrikane as Afrikaners vir my…) Voorbeeld 1 sluit dan ook die Zulu-geborene wat as moedertaal het Zulu as Afrikaner teen sy wil in as hy dit sou waag om Afrikaans te verstaan! Voorbeeld 2 vereis weer lief wees in stede van hou om te kwalifiseer. Beide mos ewe onsinnig, dan nie? Voorbeeld 2 maak verder, met respek, ’n definisie van Afrikaner ’n totaal onbestaanbaarheid want daarvolgens ís jy ’n Afrikaner…sonder om een te wil wees as jy maar net van Afrika hou en lief is vir Afrikaans. So word die Rus in Rusland wat Afrikaans bestudeer het en ’n liefde vir die Taal ontwikkel het en toevallig ook van Afrika hou nou sommer ’n Afrikaner…!

Dit is waar dat sommige begrippe of woorde uiters moeilik te definieer is. Afrikaner is ’n tiperende voorbeeld hiervan. Selfs HAT se definisie blyk, met respek, aanvegbaar maar ten minste te verkies bo die ander twee.

My beskeie raad sal wees dat wanneer ’n persoon oor ’n spesifieke onderwerp opinie wil lig, so ’n persoon darem by meer kundiges (Soos Woordeboekopstellers, Vakkundiges, Taalkundiges ens.) sal kers opsteek voordat eie definisies saamgeflans word en dan nogal opgevolg word met blinde veroordeling van ander wat nie willoos wil saam drawwe nie. Pas veral op om nie as leë blikke of waterlose oop krane te adverteer nie!

Mooi bly!



Kommentaar

Baie skerp my vriend. Ek noem myself 'n Boer, so weet ek dat daar regoor die spektrum geen twyfel sal wees nie. Ek is onlosmaaklik deel van die Boerevolk.
1 jaar 8 maande 2 dae 10 ure 15 minute oud



Vader, vergeef

deur L.T.

'n Geestelike digbundel met 46 Gedigte wat begin by sosiale kommentaar oor die euwels in ons samelewing en dan oorgaan na storiegedigte gebaseer op ware verhale van gebedsverhoring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar