Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Vredefort Koepel staan op die punt om as Internasionale Wêreld-erfenisgebied verklaar te word. Die skrif is aan die muur en niemand kan meer sy rug op die Koepel keer. Gepaardgaande met `n derde stormloop, `n geskuil na nuwe ontginningsmoontlikhede.

Die eerste stormloop gedurende die laat 18-honderds was vir goud, met net `n paar ou myntonnels en die dorpie Venterskroon, wat as oorblyfsels daarvan getuig. Tesame met `n paar straatname soos Delwer, President Kruger, Steyn ens wat nog in Parys rondloop. Na die Boere-oorlog kom die piekniekgangers en visvangers en verrys daar hotelletjies en oordjies, en kry Parys so effe romantiese geur.

Met kort op die hakke skattejagters na oudhede, opgeraap deur antiek winkels van senior burgers oppad na een van die talle ouetehuise in die dorp. Teen die tweede helfde van die vorige eeu klink gerugte van die “Koepel” al harder in die strate van Parys op. Met die instroming van toeriste kom die Koepel nou op elke persoon met `n kop vir besigheid se lippe. Al die deugde van die meer geliefde Koepel, nou op die voorgrond, word deeglik onder oë geneem.

Besing ons nou al die moontlikhede wat ons aanvanklik misgekyk het. Ons nuutgevonde “goudgatjie” op `n wêreld platvorm geplaas. Die storm na die Koepel se groen goud is in volle swang. 4x4’s, bussies en karre, beursies wat inkom om al die plesiere van die oudste en grootste krater op aarde te geniet. Vliegtuig, fietsry, witwater-roei, rotsklim, voetslaan, visvang, perdry en voëlkyk. Willer as die wildtuin. Wyl in die dorpie Parys raak dit ewe jolig. Met kuns, koek, koffie en kroeë wat toenemend die pas aangee. Toeriste, pakkies en kameras in die hand dartel, drentel of sommer net luilekker dwaal rond en word al hoe meer in Le Petit Paris opgelet.

Dis net Koepel waar jy kyk: Koepel toere, Koepel water, Koepel motors, Koepel slaghuis, Koepelrus, Koepelzig…..
Spreek die aardse wonderwerk uit, plaas die Koepel onder die soeklig, plaas die Koepel in die kollig. Die derde gehol van almal wat `n vinger in die Koepel wil hê.

En natuurlik `n Fees: `n Koepelfees om die val van die meteoriet so groot soos Tafelberg twee biljoen jaar gelede te vier. Ons nuwe goudgatjie word binnekort tot wêrelderfenis-gebied verklaar. Welverdiende ster status oplaas! Vergeet maar van Oudshoorn se Kaktus op die Vlaktes en die volstruis as grootste voël op aarde se status. Ons Koepel se glorie is in sig. So hou die blink kant bo. Viva Vredefort Koepel!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar