Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My meester en mentor Prof. Ian Raper is van mening dat ‘n digter ‘n woord kundige is. Dat ‘n digter iemand is wat nuwe woorde skep en dat die mense wat woordeboeke saamstel hulle nuwe woorde by digters kry. Daarom is die gebruik van woord vir ‘n digter van kardinale belang en natuurlik ook hoe ‘n woord gerek word, afgekap word en hoe aan ‘n woord betekenis gegee word of die betekenis daarvan verbuig word.

Daar gaan mense wees wat hierdie artikel seer gaan maak en ek skryf dit met alle respek en die Afrikaanse taal het ongelukkig op ‘n plek gekom waar die aanslag daarop duidelik sigbaar is en alhoewel mense dit nie soms bedoel om hierdie taal af te breek, te verbrokkel of te verkrag nie word dit nogtans gedoen en bly die impak daarvan en as hierdie tipe ding herhaal word, word dit ‘n gewoonte en later algemeen aanvaarbaar.

Mens hoef slegs die televisie stel aan te skakel en as daar met die meeste Afrikaanse sangers (veral die jonger klomp) ‘n onderhoud gevoer word, word Engelse woorde sommer so luilekker in Afrikaanse sinsnedes gebruik en baie kere as ek jonger mense hoor praat het Engelse woorde wat met die Afrikaans gemeng word nou algemeen aanvaarbaar vir hulle geword. Hierdie ding pla my geweldig. Het ons nou by die plek in Afrikaans gekom waar ons gelukkig is dat mense die taal praat en in so ‘n mate dat enige afbreek aan ons taal aanvaarbaar geword het?

As ek na die gedigte van die groot Engelse digters kyk wat uit ‘n Engelse of Amerikaanse agtergrond kom, probeer hulle om hulle taal so suiwer moontlik te skryf en die woorde so te stel dat dit tref en mense aanraak.

Daar is ‘n baie nou verband tussen gedigte en liedere en menigte gedigte word deur sangers gesing.

Ek was gedurende paasnaweek by die aanbidding en godsdienstige viering van ‘n sekere kerk genootskap en die vertaalde tema lied (wat eintlik in Afrikaans ‘n gedig is) het my opgeval en alhoewel dit ‘n lofprysing aan God is, het die woorde ‘n uiters negatiewe indruk op my as ‘n digter agter gelaat want Afrikaans het in die gedrang gekom en hierdie lied is in Afrikaans herhaaldelik deur meer as tien duisend mense gesing.

Ek haal beide die oorspronklike Engelse en Afrikaanse vertaalde weergawes nou hier aan:

“Ancient Words” by Lynn DeShazo

“Holy Words long presreved
For our walk in this world.
They resound with God’s own heart;
O let the ancient words impart.”

“Words of life, words of hope;
Give us strength, help us cope.
In this world, where’er we roam,
These ancient words will guide us home.”

Refrain

“Ancient words, ever true!
Changing me and changing you.
We have come with open hearts,
O let the ancient words impart.”


“Woorde oud” vertaal en verwerk deur Wil Dunbar

“Vir ons wand’ling op aard,
Heilige woorde blywend waar.
Dit weerklink uit God se hart,
Van ouds-af word hul steeds verklaar.”

“Lewens-woorde skenk krag,
Nuwe hoop vir elke dag;
Woorde oud van eeue heen
voorspel opnuut ons hemel-seën.”

Refrein

“Woorde oud, ewig trou;
Hul verander my en jou!
Met ope harte kom ons nou,
Laat heil’ge woorde ons omvou!”

Met die eerste oogopslag is daar verskeie dinge in hierdie verse en veral in die eerste vers wat my as ‘n digter in my hart ruk. Die betekenis van die woord aard is nie aarde of wêreld nie. Dit beteken die wese of natuur van ‘n ding. (1)

Daar word van digterlike vryheid gebruik om aarde na aard te verander en in my gedagtes is digterlike vryheid een van die groot sondes wat ‘n digter kan doen deurdat daardie digter nie vaardig genoeg is om die korrekte woord te vind nie. Digterlike vryheid was deur die twintiger digters gebruik en word hedendaags as ‘n euwel beskou alhoewel Boerneef dit vaardig gebruik het met sy “geel keel kanarie.”

Die ander ding is hierdie verse deurspek is met uiterste rym dwang en omdat dit hoogs ooglopend is gaan ek nie verder daarop uitbrei nie.

Die versreëls is ook sintakties lomp en waarskynlik uit ‘n Engelse perspektief geskryf en die verbinding woorde om die reëls werklik te heg ontbreek.

Afkapping van woorde soos byvoorbeeld “wand’ling” en “heil’ge” word waarskynlik vir die sing proses gemaak en mens sal eerder praat van hemelse seën as “hemel-seën.”


Voetnotas:

(1). “Aard. 1. ” “1. selfstandige naamwoord. Hoedanigheid en karaktertrekke waarmee ‘n lewende wese gebore is; geaardheid: Opgewonde van aard. Dit lê in die aard van ‘n hond om te blaf. 2. Soort: Niks van die aard nie hoor! Uitdrukking: Uit die aard van die saak, soos die saak dit vereis. II Werkwoord: (geaard.) 1. Ooreenkom: Die seun aard na sy vader. 2. Goed groei: Die plante aard mooi in ‘n nat klimaat. 3 Voorspoedig wees, tuis voel. Pa begin al te aard in die nuwe omgewing.” P. C. Schoonees, C. J. Swanepoel, S. J. Du Toit, C. M. Booysen. HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1977. P. 10

“Aard. 2.“ “1. Werkwoord (geaard) ‘n Elektriese geleier word geaard.” .” P. C. Schoonees, C. J. Swanepoel, S. J. Du Toit, C. M. Booysen. HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1977. P. 10

“Aarde.” “1. Planeet waarop die mense woon: In die begin het God die hemel en die aarde geskape. 2. Land en see in teenstelling met die lug, die hemel: Hier op aarde is volmaakte geluk onmoontlik. Uitdrukking: Ter aarde bestel, begrawe. Hemel en aarde beweeg, alles wat moontlik is doen. Op dees (die) aarde – uitroep van verbasing. Voel of jy in die aarde kan insink, baie skaam voel.” P. C. Schoonees, C. J. Swanepoel, S. J. Du Toit, C. M. Booysen. HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1977. P. 10

“Aard.” (1) (Selfstandige naamwoord): wese, geaardheid, natuur, karakter, inbors, soort, manier, wyse. Louis Eksteen, ASA Afrikaanse Sinoniemewoordeboek met antonieme, J.L. van Schaik, Pretoria, 1981. P. 12.

“Aard.” (2) (Werkwoord): beantwoord, deug, groei, voorkom, leef, verbind. Louis Eksteen, ASA Afrikaanse Sinoniemewoordeboek met antonieme, J.L. van Schaik, Pretoria, 1981. P. 12.

“Aarde:” “wêreld, geosfeer, aardplaneet, aardbol, aardbodem, terra, ondermaanse, grond.” Louis Eksteen, ASA Afrikaanse Sinoniemewoordeboek met antonieme, J.L. van Schaik, Pretoria, 1981. P. 12.


Bibliografie:


Eksteen, ASA Afrikaanse Sinoniemewoordeboek met antonieme, J.L. van Schaik, Pretoria, 1981.

P. C. Schoonees, C. J. Swanepoel, S. J. Du Toit, C. M. Booysen. HAT Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, Perskor Uitgewery, Johannesburg, 1977.

Sedaven kamvergradering 2015 gids. Tema lied op die agter blad.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

(Stof en tegniek 155)

In die digkunswêreld is daar so baie uitdagings wat so maklik misgekyk word en ek sluit my hierby in.

Dit steek my dwars in die krop wanneer 'n taal deurspek is met 'n ander taal. Elke taal is ryk in sy eie woorde om dit net so goed uit te druk.

Die vertaal van gedigte, van een taal na 'n ander bly maar 'n taai toffie. Die betekenis van die gedig verloor op die een of ander manier sy trefkrag indien die rym en ritme behou wil word.
4 jaar 7 maande 2 weke 3 dae 22 ure oud



Sielswoorde

deur Driekie Grobler

Voedsel vir siel - 20 Christelik-geinspireerde gedigte voorgedra deur Jana Swart.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar