Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die georganiseerde Landbou, hou aan, hou aan, hou aan belowe dat daar kos op die tafel gaan wees.
Die deelnemers aan Landbou.com het sulle se mes in vir Max du Preez oor uitlatings wat hy gemaak het.
Ek het ook ‘n bek vol te sê.

In die kop lees, lippe lees en lyftaal lees wêreld, is dit bewese dat in sekere tekens by ’n verteller , gesien kan word:
Nou praat hy teen sy beter wete –
Nou lieg hy en hy weet dat hy lieg –
Nou moet jy die vertel net mooi omdraai van positief na negatief.

Ek sien al hierdie tekens is hierdie vertroosters wat basuin dat hulle sal sorg vir kos op die tafel.
Ek maak twee stellings:
Dit mag waar wees, maar teen watter prys ?
Teen die prys van ’n voos avokado teen R 15.00 stuk?
Teen die prys van ’n voos appel teen R 10 stuk?
Teen die prys van R35 vir 7 kilogram vrot en wurm gevrete aartappels?
En ook:
Ek vat die ketting groep ‘Fruit & Veggies as rigting gewers. Dit is tog waar die publiek verwag om teen ’n redelike prys groente en vrugte te kry.
Loop kyk self na towerkuns en oog verblinde-ry uit die boonste rakke.
Die rakke wat pragtig beplan en uitgelê is bevat net een laag items. Omgereken in die vierkante meter van die vloer plus mens borshoogte is nie eers 15 % van die beskikbare ruimte benut met voedsel nie.
Afrikaans: Daar is nie voorraad nie, daar is geen verskeidenheid nie en dit wat daar is, is voos en onbetaalbaar.

Ek gaan besoek ons plaaslike Fruit & Veggies en sien :
Slegs 10 % van die beskikbare ruimte bevat voedsel – in uiters swak toestand.
Die res is alles ongesonde, lekker om te eet, duur gemors.
.

My argument is dat ons land al die klimaatstreke bevat en dat dwarsdeur die jaar enige soort groente en vrugte beskikbaar behoort te wees.
Maar ek stel dit kategories:
Ons Boerdery is in gaos. Daar is geen beplanning -. Daar is geen organisasie -. Daar is geen bemarking inisiatief nie en daar is absoluut geen saamstaan nie.

Die kans is ook heel waarskynlik dat twee bure glad nie in sosiale harmonie kan verkeer nie.

Ek gee net drie boere krediet:
ZZ2 – daar is dwarsdeur die jaar tamaties – soms duur, maar dis daar.
Die geelwortel voorsieners. Daar is altyd geel wortels, alhoewel die prys nou plafon toe gaan
Die Appel voorsieners. Daar is appels; klein en swak maar dis daar en die prys gaan ook nou plafon toe.

Gaan die drie goed die Suid-Afrikaners voed?

Die realiteit is dat die bevolking teel. Dit is ’n uiters gevaarlike tendens. Om te kompenseer vir die koste van lewe, staak die werkmag vir hoër lone. Hoe lank en tot watter mate lone nog kan opskuif is ’n vraag.
Die gevolge gaan uiters dramaties wees. Mense moet eet. En die lang dak sinke van die groot Malls, is maar dun en kan maklik oprol.

Sien my probleem met die sinnelose beloftes ?

Willie F van Tonder
2013/04/24



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Aarde dra swaar
Jy is in die kol, Willie...al die besteprodukte word uitgevoer na die buiteland en ons sit met die 3de graadse onbruikbare stowwe...gaan ten gronde met vars produkte as jy nie self kan saai nie...melk en vleis ewe erg...
6 jaar 6 maande 3 weke 3 dae 12 ure oud


Ek...
hoor jou Willie, jy is reg.

6 jaar 7 maande 17 ure oud


Ragia se fanfare
Ek moes uit vanoggend en kon nie klaar maak nie:
Jou argumente is meestal polities.
Suid Afrika is nou deel van Afrika en moet as sulks hanteer word.
Plaasmoorde. Wat maak 'n boer nou so verhewe dat sy moord verkeerd is maar die fiets ryer, die dorpenaar, die man op straat maak nie saak nie.
Hulle gaan nog BAIE meer bykom want die manne verstaan nie die woord Paraat nie.
Hulle verstaan nie die woorde beveilig en waaksaam nie.

Die huisvrouens sien nog steeds die bediende as die ousie wat uit blikbeker moet drink.
Ou Girl, jy gaan betaal vir jou lui om jou pienk naels in skottelgoed water te druk; vir jou "wil nie die toilet skoonmaak nie" !
Daar is 'n boete verbonde aan lui en sleg!

Ek gaan vra om te slaap en oor tien jaar wakker te word en net die show dan te sien.

Geen fiksie skrywer het dit nog neergepen nie.
6 jaar 7 maande 19 ure oud


Ragia
Jy kyk maar jy is blind want jy sien nie.
Dit is nie die regering se werk om die Boer se produk te bemark nie
Dit is nie die handel se werk om die boer se produk te bemark nie
Ek giet olifantjies van goud agter in my garage. As ek nie my gat in rat kry en die goed loop bemark nie moet ek dan maar Checkers toe hardloop en hy maak die geld.
Daar is 'n tradisie wat net nie wil uitsterf nie> Boerdery word gesubsidieer.
Met ander woorde. Jonas boer en Piet sit in Mauritius en die Regering betaal!
Ek herhaal my sin:
Boerdery is in gaos. Daar is geen beplanning. Daar is geen organisasie, Daar is geen inisiatief. en daar is geen saamstaan.
Die Porras regeer en beheer die boer se produk omdat hyself nie die breinkrag het om dit aan die publiek te lewer nie.
In Pretoria koop ek melk wat 'n boer van die Kaap af elke dag bring en hy maak geld.
Ek bevestig my skrywe.
Hulle - Die "georganseerde"(my gat!) Landbou sal moet teruggaan teken bord toe.
Ek steun die arbeidsmag. Die dae van vir R10 per maand en 'n sak meel werk is verby.

Ek mooi dink oor my skrywe???
Boetman, Hulle sal soos sakemanne moet begin dink, anders is daar shit.

Maar ek glo hulle onvermoë gaan teen hulle tel.
6 jaar 7 maande 1 dag oud


Jy slaan die verkeerde perd


1 - melk Sien jy kans vir die risiko van melkboere wat maar iets ie meer as R2/liter melk kry en die res gaan na die Middelmanne en die Regering?
2 - groente Sien jy kan vir die risiko van groenteboere wat op die weer moet staat maak? Wat kry die boer en wat kry die Supermark?
3 - vrugte Sien jy kan vir vrugteboerdery met al die stakings en minimum salarisse? Waar kry die boere die geld om die minimums te betaal en geen versekering kry vir sy produk nie?
4 - vleis Sien jy kans vir vee? . . . met die diefstal en siektes en risikos?

Die tendens in SA is om die plaasboere uit te vermoor en om die plaasgrond onder die Ander te verdeel. Dis 'n feit! Dit bring ons tot die gevolgtrekking dat die probleem die BOER is, en die besluit om die probleem op te los: Raak ontslae van Boere. . . dan kan niemand kla oor kwaliteit en koste nie. . . en demokrasie se doel is bereik: Die grond behoort aan die mense! Willie, jy sal weer mooi moet dink oor jou artikel.
6 jaar 7 maande 1 dag 1 uur oud


***
Teken van die tye...
6 jaar 7 maande 1 dag 12 ure oud


Ek seg MOS !
Is nou al van vroeg laas jaar dat die 'vars' produkte begin sleg en/of skaars raak het. Toe gaan ek Frozen Veg toe.. Lekkerrrr en toe het ek, seker als op gebruik want van November laas jaar jy jy mix veg, sporadies, brocolli en ertjies. Toe raak die brocolli op en die ertjies en mix veg le die rakke vol. Die vars groente is uie en tamaties, pampoen spesies en wortels. Ek probeer self pant maar dit gaan sukkel.
6 jaar 7 maande 1 dag 19 ure oud



VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar