Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Soos wat die naam aandui is die cavatina oorspronklik uit Italiaanse afkoms en dit het ontstaan gedurende die tyd van Francesco Petrarca (1304-1374) wat vir die Italiaanse sonnet bekend is en soos die Franse versvorms het die Italianers hulle digkuns gevorm volgens herhalings van melodie.

Anders as al die ander Italiaanse gedig vorme, het hierdie versvorm nooit gewild in die Engelse digkuns geword nie aangesien hulle (Engelse digters) vasgevang geword het met jambiese pentameter. (1) Die struktuur van hierdie gedig wissel op plekke tussen pentameter en dimeter.(1) (Tussen tien en vier lettergrepe.)

Die cavatina is ‘n gedig wat uit agt versreëls bestaan of uit stansas van agt versreëls elk in ‘n cavatina reeks.

Die cavatina bestaan uit ‘n tien lettergreep nie rymende versreël, wat gevolg word deur ‘n rymende vier lettergreep versreël, wat weer gevolg word deur ‘n nie rymende tien lettergreep versreël, wat weereens gevolg word deur ‘n rymende vier lettergreep versreël,
wat weer gevolg word deur ‘n nie rymende tien lettergreep versreël en weer gevolg word deur ‘n rymend vier lettergreep versreël. Die gedig word afgesluit deur ‘n slot koeplet van twee tien lettergreep versreëls wat net met mekaar rym.


Die rymskema is dus as volg:

Vir ‘n Cavatina:
xaxaxabb (x stel soos altyd nie rymende versreëls voor)

Vir ‘n Cavatina reeks:

xaxaxabb / xcxcxcdd... (x stel soos altyd nie rymende versreëls voor)


Skematies lyk die cavatina gedig se struktuur as volg:

xxxxxxxxxx (10 lettergrepe) nie rymend
xxxa (4 lettergrepe) rym
xxxxxxxxxx (10 lettergrepe ) nie rymend
xxxa (4 lettergrepe) rym
xxxxxxxxxx (10 lettergrepe) nie rymend
xxxa (4 lettergrepe) rym
xxxxxxxxxb (10 lettergrepe) rym
xxxxxxxxxb (10 lettergrepe) rym


Die meeste geagte rymende Engelse digters is waarskynlik te vasgevang met jambiese pentameter en hulle betoog dat hierdie versvorm nie behoorlik vloei nie. As enige gedig behoorlik geskryf is, vloei die struktuur daarvan na my mening. Eentonigheid kom waar elke gedig byna dieselfde tipe ritme het soos wat soms met jambiese pentameter gebeur.

Die cavatina bestaan dus uit tien lettergreep versreëls wat nie rym nie wat drie keer afgewissel word deur vier lettergreep versreëls wat met mekaar rym en dan gevolg word deur twee tien lettergreep versreëls wat slegs met mekaar rym.

Dalk is die cavatina ‘n ideale versvorm gedurende ons tyd deurdat dit nie rymende en rymende versreëls met mekaar verbind, in na my mening ‘n baie goeie soort versvorm.

Hier is voorbeelde van gedigte wat ek in Afrikaans in die cavatina versvorm geskryf het:



Onverskillig wag jy in my drome (cavatina)

x Onverskillig wag jy in my drome
a met ‘n tuitmond
x en droom ek soms ons beide staan saam op
a heilige grond
x waar die blote teenwoordigheid van God
a liefde deurgrond
b maar in die lewe verwissel dag en nag
b bind liefde ons met ‘n soort towerkrag.


As die nanag weg brand (cavatina reeks)

x As die nanag weg brand met die môre son
a en duisternis
x verdwyn in die spel van die blou hemel
a is daar deernis,
x skielik vrede wat op die aarde val,
a is pyn vermis,
b word mens verstom as jy skielik ontwaak,
b die eerste strale jou met hitte raak;

x is die son soos ‘n Goddelike vlam
c en op die vloer
x trek strale plassend eie patrone,
c as hul inloer;
x dan weet jy skielik dat jy werklik leef,
c as die voëls roer,
d hoor jy hulle eerste krete wat juig;
d wil jy voor God se nabyheid neerbuig.


Soos die maan en sterre (cavatina)

Soos die maan en sterre wat mekaar volg,
dag op die nag
wat geduriglik iewers moet ontmoet
het ek gewag
dat jy lief, in my lewe in moet kom,
het ek gesmag
om jou te hê en om jou vas te hou
en het ek op God se liefde bly vertrou.


Deur my lewe het ek gewag op jou (cavatina)

Deur my lewe het ek gewag op jou,
dat jy sou kom
met die soort hoop wat mens in geloof vind,
in ouderdom
vertrou ek soos ‘n kind heel blindelings
en draai dae om,
om jou liefling, weer te sien te kan kry
en soms voel ek pyn as ek moet wegry.


Soos die pion wat wag op die speler (cavatina)

Soos die pion wat wag op die speler
wag ek op jou
en daar iewers tussen hemel en hel
voel my dag nou
wanneer jy vinnig terug werk toe ry,
ek bly vashou
aan die wete dat jy lief vir my is,
met ure en dae bly ek jou mis.


Bewend soos net ‘n bogkind (cavatina)

Buite pik ‘n swerm duiwe geel mielies,
my hart galop
met die stowwerige strate van die
onderdorp op,
en bewend soos net ‘n bogkind soek ek,
waar karre stop
na jou, soos ‘n ghoen wat iewers wegrol,
as ons van mekaar weg is voel ek dol.


Toe stap jy skielik my lewe in (cavatina)

Reeds my hele lewe lank, vir jare,
wag ek op jou
en toe stap jy skielik my lewe in.
Ek kan onthou,
dit was so onverwags toe ek jou sien
en skielik nou
sweer ek voor die hemel en voor die hel
ons liefde is veel meer as net ‘n spel.


Sonder jou (cavatina)

Sonder jou verflou selfs die rooi dagbreek,
en sonder jou,
word elke dag, selfs as dit somer is
net grou en blou,
sonder jou verloor ek die begeerte
om te vertrou
dat elke môre nuwe beloftes bring,
loop my lewe in ‘n eensame kring.


Daar was ‘n soort eensaamheid (cavatina)

Daar was ‘n soort eensaamheid, gebrokenheid,
diep in jou oë,
‘n soeke na ‘n dieper betekenis
en diep bewoë
wou ek iets heilig en eerbaar aan jou bring,
my onvermoë
het my laat babbel toe jy nader kom,
met jou grootse skoonheid was ek verstom.


Toe ek vroegoggend buitetoe uitgaan (cavatina)

Toe ek vroegoggend buitetoe uitgaan
was ek verstom
dat die somer son steeds in die roesbruin herfs
vreugdevol kom
daar was ‘n sagte helderkleurige glans
aan elke blom
en ons liefde is vreemd en nog onbekend,
toe dit my van my eie gang laat afwend.


In menigte van my drome was jy (cavatina)

In menigte van my drome was jy
en toe wag ek
toe die dae in ‘n lang ry gedurig
verby my trek
die lente, somer, herfs en die winter
het my bedek
toe kom jy skielik in my lewe in,
is dit of my lewe weer oor begin.



In elke dag se samehorigheid (cavatina)

In elke dag se samehorigheid
is daar sonskyn
wat uit jou blote menslikheid uitstraal,
jy ken die pyn
wat eensaamheid bring, die verandering
as lig verdwyn
en tog moet jy ‘n soort skone engel wees,
want jy bemin verby alle bloed en vlees.


Vanmiddag as jy my stralend ontmoet (cavatina)

Vandag gaan die son hierdie winterdag
helder oop brand,
vanmiddag as jy my stralend ontmoet
vat ek jou hand,
lei jy my vir oomblikke wat draal na
‘n ander kant
dan verdwyn selfs seisoene in die niet,
as sterre in die hemel bly verskiet.


Jy het met woorde, planne en dade verset (cavatina)

Jy het met woorde, planne en dade
verset, gekeer,
daagliks nuwer hoër skanse opgestel
en afgeweer,
my toe weer daagliks terug probeer dwing,
waar ek probeer
om te bemin by tyd en raad verby,
in stil verraad het jy my lief gekry.


Ons ontmoeting was ‘n Godsbesluit (cavatina)

Ons ontmoeting was ‘n grootse Godsbesluit
soos die sonskyn
wat oorweldigend kom na donderweer,
‘n wig teen pyn
wat vir jare lank ons lewens vas kon hou;
toe jy verskyn
was daar ‘n dieper gloed op jou aangesig,
‘n glimlag in ‘n soort hemelse lig

Veels te weerloos in die duister nag (cavatina)

Ek wou met my eie sterk weerbaarheid
vir jou bemin
maar veels te weerloos in die duister nag
het ons begin,
was elke môre, elke nuwe dag skielik
te tussenin;
terwyl ons iets veel dieper ondervind
liefde ons beide aanmekaar bly bind.



Hoe maklik kon jy ‘n verandering bring (cavatina)

Hoe maklik kon jy ‘n verandering bring,
die duister haat
wat my hele menslikheid omring vervang
en liefde laat
vir my vyande, God en medemens;
as lewensmaat
my die dieptes van ware liefde wys,
‘n beeltenis van God self laat verrys.

Hoe meer intiem en beter ek jou ken (cavatina)

Hoe meer intiem en beter ek jou ken
word ek verras
deur jou brose menslikheid, ‘n skoonheid,
wat reg inpas
in elke deel van wat my lewe vra;
soos lig op glas
is jy uiters fyn op my ingestel
selfs as die lewe vreugde bring of kwel.


Selfs as my herinnering verflou (cavatina)

Selfs as my herinneringe met jare
begin verflou
bly jy in my gedagtes vasgevang,
onthou ek jou,
asof jy my skadu is wat my volg
bly jy vasklou
en gedurig helder soos lig by my
in my siel en gees is jy ingesny.


Ek onthou jou in die helder wit son (cavatina)

Ek onthou jou in die helder wit warm son
strale wat vlam,
as jy jou hare uitskud, daarin hang;
die klein visdam
waarin die blou hemel en wolke is
die eik se stam
waarom pers rye doukelkies opvleg;
soortgelyk is ons met mekaar geheg.


Asof ek my verlede verloor (cavatina)

Van die gisters sonder jou bly daar nou
fragmente oor
asof ek nou iewers my verlede
soms bly verloor
en gedurig is jy helder by my;
ek is getoor
deur jou menswees, deur jou prag en jou lag,
en jy bring belofte aan elke dag.


Dit was al reeds vroeg lente (cavatina)

Dit was al reeds vroeg lente en die lug
was baftablou
en die eerste bloeisels wat reeds uitbars
het ons aanskou,
ons liefde was steeds wonderlik en nuut
en ek onthou
hoe goed dit is om steeds naby jou te wees,
om jou te bemin sonder pyn of vrees.


Jou oë (cavatina)

Jou oë wat goud soos die sterre sprankel
het verhale,
geheime van hoe jou gevoelens is,
vertel male
sonder tal dat jy werklik diep bemin
en metale
het nie dieselfde goudbruin glinster glans
as wat daar gedurig in jou oë dans.


In die tuin (cavatina)

In die tuin tol ‘n heuningby dringend
al om ‘n blom,
wit vlinders sweef op die wind as hul
nog nader kom,
maar ek bly in jou skoonheid vasgevang,
is soms net stom
dat iemand so wonderlik vir my lief is
waar jy klein saailinge plant met kunsmis.



Waar jy met die tuinslang staan (cavatina)

Waar jy met die lang tuinslang staan warrel
‘n wit saadpluim
al om ons rond op die warm middag bries;
waar dit versuim,
oomblikke bly hang, helder water skiet
deur jou duim
en ek wonder hoeveel dae oorbly
wat so perfek is met jou by my?


Gedurende die middel van die dag (cavatina)

Gedurende die middel van die dag
het jy besoek,
jou hare was roesbruin in die sonskyn,
jou fyn kopdoek
het helder soos ‘n goue kroon geglim
jou denim broek
en bloes het dadelik my oog gevang,
en lank het ek op die oomblik verlang.

In albei jou goudbruin oë was vonke (Cavatina)

In albei jou goudbruin oë was vonke
toe ek opdaag,
en jou in die tuin by die rose vang,
hoe baie graag
wou ek jou soen, toe ek ‘n klein geel vink
skielik opjaag
toe jou slanke liggaam deur jou rok gloei,
die lente orals om ons begin bloei.


Ons passie was ‘n raserny (Cavatina)

Ons passie was ‘n raserny toe jy
saailinge plant
ek jou skielik in jou nek saggies soen,
in jou fyn hand
was ‘n klein helder geel vurk vasgeklem,
en korrels sand
het daarvan grond toe terug afgestroom,
toe ek jou nader trek by die ou boom.


‘n Hadida het buite in die tuin amok gemaak (Cavatina)

‘n Hadida het buite in die tuin
amok gemaak
sy groot brons bruin vlerke skielik geklap
en aangeraak
deur dié raserny het jy omgedraai,
so sonder spraak
my diep in jou slanke arms ingetrek,
skielik my gesig met soene bedek.


Soos blink tande wat aan lip en lel byt (Cavatina)

Soos blink tande wat aan lip en lel byt,
het die strale
van die son skielik deur wolke verskyn;
soos blink krale
het dou druppels op blomblare gesit;
soos verhale
waarin die mooi heldin ‘n ridder vind
het jy in arms in gedans uit die wind.


Dralend (cavatina)

Die rooi son het met sy laaste krag steeds
aan my gekleef,
jy het tuisgekom en was in my arms,
die maan het skeef
teen die nag gesit, toe jy my sag soen
weet ek, ek leef;
in die skemer was ons van niks bewus,
dralend was elke genotvolle kus.


Sonder pyn (cavatina)

Sonder pyn wil ons bemin en bestaan,
so sonder vrees
oor als wat bemining bring, wat in ons
liefde mag wees;
so leer ons werklik met tyd om mekaar
te kan genees
dat liefde uniek, bo als anders is,
vind ons diepte in ‘n verbintenis.


Speel-speel maak jy of jy vêr weg wil vlug (cavatina)

Speel-speel maak jy of jy vêr weg wil vlug,
wil my aanlok;
met jou pragtige perfek gesnyde
somer son rok
huppel jy pronkerig en baie flink,
soos ‘n springbok,
maar hardloop weer terug in my arms in
en vul elke gedagtegang en sin.

Jy wat my werklik bemin (cavatina)

Jy wat my gedurig werklik bemin
trek die spervuur
van die pyn en die sorge wat ek dra
en stil verduur
jy my onvermoë, maak jy my tot man,
en elke uur
bring ook ‘n stille vreugde, lafenis,
as liefde werklik word, jy by my is.


Veels te veel mis ek jou (cavatina)

Veels te veel mis ek jou en veels te veel
is die verlang
asof my hele lewe en alles
van jou afhang;
dit wat ek nou is en hoe ek kan wees
verloor belang
as jy weg is, as die eensaamheid kom
en met jou liefde staan ek steeds verstom.


Met groot bruin oë (cavatina)

Met groot bruin oë lê jy en my aanskou
as jy ontwaak
en buite waai ‘n woeste winter wind
as jy my raak
met ‘n blik wat vol van vertroue is
jou oë toemaak
vir die gebrokenheid wat ander sien
en ek weet dat ek vir jou nie verdien

Soms is daar net ‘n klein verandering (cavatina)

Soms is daar net ‘n klein verandering
van bruin na groen
wat jou oë maak, wanneer ek aan jou raak;
as ek jou soen
kry hul soms die son se glans van goudgeel
en wat jy doen
dat hulle verskillende kleure kry
bly ‘n groot geheim, weet nie ek of jy.


Toe ek jou die eerste keer sien (cavatina)

Toe ek jou die eerste keer sien moes ek
reeds al vermoed
dat jy meer as vriendskap sou bring aan my;
binne my bloed
was daar ‘n tinteling wat skielik kom,
‘n helder gloed
het jou gesig omstraal met heiligheid,
jou kon ek bemin tot in ewigheid.



Net aan jou het ek my hart diep verbind (cavatina)

Net aan jou het ek my hart diep verbind,
jou toe vertrou
met dinge wat my lewe kan verwoes,
jou vasgehou
asof jy ‘n skans teen elk gevaar is;
jy is my vrou,
my metgesel, my vriendin - meer as dit -
die een in wie se hande ek als sit.



Skielik kom jy (cavatina)

Skielik kom jy as my ware liefling
as ouderdom
reeds ‘n merk spoor begin laat, voel ek jonk,
word ek verstom
deur hoe perfek jy in my lewe pas,
voel ek soms dom,
verlief of jy my eerste liefling is
bring jy daagliks aan my betekenis.




As die son opkom en weer verflou (cavatina)

Die sonneblom weet as die son opkom,
volg warm strale
wat in die hemelruim oopvou, val op
berge, dale;
so trek jou teenwoordigheid, menswees my
telke male
en dis asof ek bestem is tot jou
as die son opkom en weereens verflou.




Dartelend word sandkorrels weg gewaai (cavatina)

Dartelend word sandkorrels weg gewaai,
orals gesprei,
uitmekaar gewaai lê viooltjies in
die veld en vlei,
daar is selfs van die riete wat bewe
en allerlei
voëls swiep op hulle vlerke op en af
as die wind al huppelend verby draf.


As die môreson rooi opkom (cavatina)

As die môreson rooi opkom hang dit hoog
vêr in die oos
en al die bome is in hierdie herfs
reeds klaar blaarloos,
maar daar is nog blomme wat helder pronk
aan die wit roos,
met ‘n paar bye wat daarom rond vlieg
waar dit in die ligte wind staan en wieg.


Op die draad (cavatina)

Op die draad het mossies in ‘n lang ry
sit en saam kloek,
party het gefladder toe nog by kom,
krummels gaan soek
en toe ‘n kat onder hulle verskyn
gekwetter vloek
en toe hy skelm een uit die lug uit klap
het hul hom duikend daar onkant betrap.


Vroegoggend (cavatina)

Vroegoggend het die somerson die nag
heel oop gebrand,
gloeiend laatmiddag weer afgesak
reg oor die land,
maar nou dat die winter te skielik kom,
ruk die verstand
as mens oggende silwer, donker grou
en agtermiddae heel grys moet aanskou.


Die kelkiewyn (cavatina)

(na T.T. Cloete)

As die kelkiewyn vir haar klein kuikens
water wil bring,
vlieg sy oor duine tot by die rivier
waar sy inspring
en vlak haar bors vere en dons nat plas,
daar vrolik sing,
voor sy aan haar lyf water terug dra
in haar soort aërodinamika.

[Verwysing: “vleis” deur T.T. Cloete.]



Pronkend soos ‘n rooi vonk (cavatina)

Pronkend soos ‘n rooi vonk, wat skielik vlam,
‘n vuur streep trek,
hang ‘n rooi vink wat kwetterend rinkink,
vlerke uitstrek,
om weereens terug aarde toe te val
en uit sy bek
hef hy ‘n loflied tot die Here aan
wat dwarsdeur die stad se rumoer opgaan.



As talle miere saam ‘n ruspe dra (cavatina)

As talle miere saam ‘n ruspe dra,
spanwerk aanleer;
as bye heen en weer swiep na blomme,
hul vlug beheer;
sien ek ‘n in geplante dinamiek
wat niks kan keer,
weet ek dat God Sy hand oor alles hou,
leer ek om in Sy groot krag te vertrou.

Dagdrome van ‘n kat (cavatina)

Vir my is ‘n tinktinkie ‘n klein ding
wat rond rinkink,
en as die somerson warm oor my val,
hoog bo my blink,
as ek uitstrek en uitbak, luilekker,
ek diep nadink
smaak ‘n duif of ‘n muis of selfs ‘n vis,
wonderlik, na iets wat ek nie kan mis.

Die oranjerivier (cavatina)

Oranjerooi snel sy waters kragtig voort,
van die ontstaan
swiep hy diamant, sand en graniet oop,
loop aan en aan
in sy kronkelende gang en ontmoet
die oseaan
na ‘n reuse swerftog dwarsoor die land
met ‘n vrag minerale, klip en sand.


Tornado (cavatina)

Donderwolke hang erg onheilspellend
grys, swart en wit
geen teken is daar van die son
wat verberg sit,
dis asof hierdie storm iets gevaarlik,
iets boos besit
met blouwit bliksems wat aarde toe slaan
sien ek ‘n tregter uit ‘n wolk uitgaan.


Vroeë lente in Pretoria (cavatina)

Bome en blomme bot en bloei orals,
jakarandas
is vol pluime wat violet vertoon
en die son plas
hier en daar oor rose en irisse,
kolle groen gras
spring reeds knie hoog van al die buie reën,
of God dié land en stad gedurig seën.


Die muskiet (cavatina)

Die muskiet, daardie klein duik bomwerper,
broei in water
waar larwe draaiers heen en weer krioel
en veel later
slaan die wyfie as ‘n bloedsuier toe
en veel kwater
wil mens vir hierdie klein pes draer koes
of dit met ‘n groot handeklap verwoes.


Stil sien ons saans helder sterre knipoog (cavatina)

Stil sien ons saans helder sterre knipoog,
as hul verskyn,
hulle koms amper so geheimsinnig
as die stil pyn
wat liefde vra en soms so skielik bring
in samesyn,
waar dit alles gee en ook alles vra
en ook selfloos die hele lewe dra.


Gebed van ‘n ongebore kind (cavatina reeks)

(na Koos du Plessis)

O Here, toe ‘n man en vrou verlief
na mekaar smag,
was ek verwek uit onbepaalde rus,
en op ‘n dag
in dié duister plek geplaas om te vorm
en hulle wag
dat ek verskyn in ‘n wêreld van verval,
iewers in U groot onbeperkte heelal.

U wat als van die begin af formeer,
ook alles weet,
ek vra dat waar U die straf van lewe
aan my uitmeet,
U in groot liefde altyd met ons bly,
sonde vergeet
wat ons hier as slegs blote mense maak,
dat U my ouers met geluk aanraak.

[Verwysing: “Gebed van die Ongeborene” deur Koos du Plessis.]


Van voor die begin (cavatina)

Van voor die begin van tyd het U reeds
my uitgemeet,
het U my menswees, karakter bepaal,
het U geweet
wanneer ek sou faal en weer op sou staan;
as ek vergeet
van al U liefde en opoffering
vra ek dat U my terug na U bring.


Heldedade vertel aan ‘n kind (cavatina)

(na Daleen Enslin)

Toe ek jou van die sewe wonders vertel
van die groot sfinks,
hoe Oedipus daardie raaisel uitlê,
hoe skelm en slinks
Odysseus Troje vang met sy houtperd,
het my farinks
‘n knop gekry, toe ek Jesus vergeet
wat die aarde bevry - dit moet jy weet -

[Verwysing: “Ek vertel jou” deur Daleen Enslin.]


Hy wat ontelbaar sterre stelsels maak (cavatina)

Hy wat ontelbaar sterre stelsels maak
besoek my hart,
Hy wat die reën, donder en hael vashou
ken ook my smart,
weet selfs as daar net ‘n haar van my val,
en tog apart
wil ek somtyds my eie lewe lei
en nogtans bly Hy altyd lief vir my.


Ek het Hom een aand in die rustigheid verby hoor gaan (cavatina)

Ek het Hom een aand in die rustigheid
verby hoor gaan
vir lang oomblikke was die natuur stil,
of als stilstaan;
toe die son dralend sak was Hy naby;
die helder maan
het my veel later gevind soos ‘n kind,
want ek was bewend deur sonde verblind.


In ‘n wêreld van duisternis (cavatina)

In ‘n strewe na die lig in ‘n wêreld
van duisternis
voel ek met tye heeltemal verdwaal,
verdoemenis
hang soms swaar soos ‘n donker kleed om my
as ek vermis
‘n weg wil baan, probleme wil oorbrug
maar nog bring U my gedurig terug.


‘n Spioen (cavatina)

(na T.T. Cloete)

Hy is iemand wat na vêr plekke gaan
daar insypel
agter ‘n bamboes of ystergordyn
soms aanstrompel
asof hy slegs net ‘n boemelaar is
en deursypel
as die staat sekuriteit hom wil vang
en hy doen sy dade in landsbelang.

[Verwysing: “Spioen” deur T.T. Cloete.]


Vroeg in die oggend (cavatina)

Vroeg in die oggend as die son net oor
die rante kom,
as tarentale van die land af skreeu,
dan sien ek hom
met sy krom kierie en biltong in die kies,
is die môre stom,
suiwer soos ‘n engel is sy samesyn;
as hy tussen die groen mielies verdwyn.


Sunnyside, Pretoria her besoek (in antwoord op I.L. de Villiers)

Op ‘n straathoek, in ‘n donker stegie,
kekkel ‘n hoer
en swart vrouens kyk my wellustig uit,
arm kinders loer
honger, broekloos agter tralie heinings
en erg ontroer
sien ek hier hoe verval my hele land,
kry ‘n vel van doktor mamba in die hand.

[Verwysing: “Distrik ses herbesoek” deur I.L. de Villiers.]


Buite die venster beweeg iets skielik (cavatina) (in antwoord op Johannes Prins)

Buite die venster beweeg iets skielik,
die deur is toe,
met ‘n veiligheidshek dig toegesluit,
‘n uil hoe-hoe
as ek oomblikke my asem ophou
maar dis niks, sjoe...
ek het net vir die kat geskrik, dink ek;
maar iemand is skielik in dié vertrek.

[Verwysing: “terug bed toe” deur Johannes Prins.]


Daar is te veel verbrokkeling (cavatina reeks) (in antwoord op T.T. Cloete)

Daar is te veel verbrokkeling en ook
agteruitgang
wat nou voorkom in ons eie vaderland
en veels te bang
vir moordenaars, verkragters, rampokkers
soek ons toegang
tot ‘n plek om ook ‘n lewe te maak,
terwyl ons menswees iewers verdwaal raak.

Te veel mense word lewensreg misgun,
ander stroom in,
as vreemdelinge wat burgerskap kry,
lewens begin,
terwyl rampokkers altyd hoogty vier,
eie gewin
soos ‘n kanker aan die regering vreet,
ons die ou goeie tye moet vergeet.

Steeds glo ons in ‘n almagtige God
wat sy hand hou
oor lotgevalle van nasies, leiers;
in pyn en rou,
in onderdrukking wat wyer uitkring
bly ons vertrou
in die veel beter dag wat nog moet kom
en lê ons al ons sorge slegs in Hom.

[Verwysing: “Behoefte aan ongunstige weers- en ander omstandighede” deur T.T. Cloete


Hoe om ‘n dorp rooi te verf (cavatina) (in antwoord op Annie Klopper)

Groet almal wat jy teëkom
selfs die omies
wat die asblik sakke kom vergader
en die tannies
wat kwetter, uit minibus taxi’s klim,
selfs die ou vies
spietkop wat hoogs ongeskik jou aftrek
en jy sal ‘n nuwe gees by hulle wek.
.
[Verwysing: “Hoe om ‘n dorp te verf” deur Annie Klopper.]


Dis winter en ysig koud (cavatina)

Vannag vlug die boemelaars, vind vinnig skuiling
by afdakke
van Palmsprings winkel sentrum waar hulle skuil,
huil die brakke
teen die woeste stormwind en harde reën,
kap die takke
op en af, dis winter en ysig koud
en ek voel skielik so stok horingoud.



My vader (cavatina) (in antwoord op T.T. Cloete)

My vader het vir God, familie, vriend,
sy land geleef;
net voor sy afsterwe in pyn gepreek
terwyl hy beef,
hy was formidabel, ‘n ware man
om na te streef,
sy woord was vas en meer konkreet as staal,
integriteit het uit hom uitgestraal.

[Verwysing: “Ballade van die patriot” deur T.T. Cloete.]


By die kerkhof (cavatina) (in antwoord op T.T. Cloete)

Dis uitmergelend, pynlik met trane
daar by die graf,
ou tannies snuit en huil, ou omies sterf
gedurig af,
met onderlangs ‘n groot gestry oor wie
met als wegdraf
as neefs en niggies mekaar daar bekyk,
soms soen, omhels en hande bly uitreik.

[Verwysing: “Ballade van die kerkhof” deur T.T. Cloete.]


Netsoos lawwe André wou ek altyd wees (cavatina reeks)

(na Karlien Van der Merwe)

Netsoos lawwe André wou ek altyd wees,
fier en regop
met sy nommer drie snit wat soms windskeef sit,
as hy aanklop
by ons agterdeur, ons met kattekwaad
erg moet pasop
as die hoof ons in sy perske boord keer
en André met hom gedurig die gek skeer,

hy soms vuurhoutjie bomme laat ontplof,
as ons klas dros
hy Die ruiter in swart en ek Die skim lees;
in berg en bos
ons verdwyn totdat die sterre verskyn,
sonder chaos
wat vandag heers, was ons toe sonder vrees,
netsoos lawwe André wou ek altyd wees.

[Verwysing: “Plaasskoollewwie” deur Karlien Van der Merwe.]


Dis nag (cavatina)

Dis nag en my motorfiets se een lig
sny daar dwarsdeur,
in die verte gloei robot op robot
‘n strak rooi kleur;
die duister nag hemel is erg bewolk,
word oopgeskeur
deur ‘n donder straal wat silwerwit val
iewers vêr weg soos ‘n kanonskoot knal.


Baie jare se skaduwees bly val (cavatina)

Baie jare se skaduwees bly val
en sonder vrees
loop die ou man strompelend sy skuifel gang,
soms erg bedees
kyk hy vroegoggend in die wêreld rond,
wil tekens lees
dat dié dag beter is as elk ander,
as sy lewe meedoënloos verander.


Sonder enige reëls (cavatina)

Sonder enige reëls speel die lewe soms
sy eie spel
waarin die dae na mens se einde toe
begin aftel
en met ouderdom wonder jy soms oor
hemel en hel,
kry jy dag op dag soms tyd om te lag
en weet jy nie eintlik wat werklik wag.


Die regte ridder (cavatina)

Ek weet van ‘n soort vrou wie se ridder
‘n duur kar ry,
wat haar besaai met net wat haar oog vang,
en steeds wil sy
wag op ‘n beter man om te verskyn
so asof hy
haar nie waardig is nie en sonder hom
wonder ek hoe sy enigsins reg sal kom?



Voetnota:

(1) In digkuns is metrum die manier waarop ‘n versreël gevorm word sodat dit gelyke en eweredige eenhede van ritme bevat. Lettergrepe kan sag, hard en skerp wees. Harde ryme is gewoonlik manlik soos byvoorbeeld die woorde “man” en “kan.” Sagte ryme is gewoonlik vroulik en soms slepend waar nog ‘n lettergreep wat rym voorkom en onbeklemtoon soos byvoorbeeld die woorde “dartel” en “spartel.”

As ons harde en sagte lettergrepe saamstel neem dit ‘n ritme aan soos ‘n wekker wat tik tak. Daar is egter nog ander kombinasies van metrum waarvan ek hieronder ‘n grafiese voorstelling gee:


Tipes van versvoete:

Sleutel:

Onbeklemtoonde lettergreep O
Beklemtoonde lettergreep /

Jambe: O /
Trogee: / O
Anapes: O O /
Daktiel: / O O
Spondee: / /
Pyrric: O O

Soos alreeds genoem is, is ‘n jambe is ‘n “versvoet wat bestaan uit ‘n swak beklemtoonde lettergreep gevolg deur ‘n sterk beklemtoonde lettergreep soos in bewaar.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Trogee is “’n versvoet bestaande uit ‘n beklemtoonde gevolg deur ‘n onbeklemtoonde lettergreep.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Anapes is “’n versvoet van drie lettergrepe waarvan die laaste drie beklemtoning kry, soos byvoorbeeld “anargië.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Daktiel is “’n versvoet bestaanende uit een beklemtoonde, gevolg deur twee onbeklemtoonde lettergrepe soos in “moddervet.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Spondee is “’n versvoet van twee beklemtoonde of lang lettergrepe.” Schoonees, P.C.; Swanepoel, C.J.; du Toit, S.J.; Booysen, C.M. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor Uitgewers. 1977.

‘n Pyrric is ‘n versvoet wat bestaan uit twee onbeklemtoonde lettergrepe.


Eenhede in ritme kan voorkom as monometer, dimeter, trimeter, tetrameter, pentameter, hexameter en heptameter.


Monometer is waar ‘n versreël bestaan uit slegs een versvoet soos in die gedig “Loves retreat:”

“Step back!
Step back!
Step back!
I say.
No pain!
No pain!
No pain!
I pray “

Hierdie tipe gedig het geweldige krag en betekenis in die kortheid daarvan.

Dimeter is waar ‘n gedig bestaan uit slegs twee versvoete soos in die tweede deel van die gedig “Loves retreat:”

“Step back, step back
step back you say.
No pain, no pain
no pain I pray”

In die twee voorbeeld is daar verskillende betekenisse, wat die ritme en woord samestelling bepaal. In die monometer gedeelte stoot die vrou haar minnaar weg. In die dimeter voorbeeld word presies dieselfde woorde gebruik maar hier praat sy veel ligter en spot sy hom. Hierdie voorbeelde toon hoe belangrik dit is om die regte metrum te gebruik.

Trimeter is waar drie versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Lie:”

“Go, Soul, the body's guest,
Upon a thankless errand;
Fear not to touch the best;
The truth shall be thy warrant:
Go, since I needs must die,
And give the world the lie.”

“Say to the court, it glows
And shines like rotten wood;
Say to the church, it shows
What's good, and doth no good:
If church and court reply,
Then give them both the lie.”

Tetrameter is waar vier versvoete gebruik word soos in Sir Walter Raleigh se gedig “The Nymph’s Reply:”

“If all the world and love were young,
And truth in every shepherd's tongue,
These pretty pleasures might me move
To live with thee and be thy love.”

“Time drives the flocks from field to fold,
When rivers rage and rocks grow cold,
And Philomel becometh dumb;
The rest complains of cares to come.”

“The flowers do fade, and wanton fields
To wayward winter reckoning yields;
A honey tongue, a heart of gall,
Is fancy's spring, but sorrow's fall.”

Pentameter is waar vyf versvoete per versreël gebruik word en natuurlik is William Shakespeare ‘n meester van jambiese pentameter en sy “sonnet XVIII” is ‘n baie goeie voorbeeld daarvan:

“Shall I compare thee to a summer's day?
Thou art more lovely and more temperate:
Rough winds do shake the darling buds of May,
And summer's lease hath all too short a date:
Sometime too hot the eye of heaven shines,
And often is his gold complexion dimm'd;
And every fair from fair sometime declines,
By chance or nature's changing course untrimm'd;
But thy eternal summer shall not fade
Nor lose possession of that fair thou owest;
Nor shall Death brag thou wander'st in his shade,
When in eternal lines to time thou growest:
So long as men can breathe or eyes can see,
So long lives this and this gives life to thee.”

Hexameter is waar ses versvoete per versreël gebruik word en is ook bekend as “Alexandrine.” Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain” gebruik dit om stansas te beëindig. Swinburne se gedig “The last oracle” gebruik die trogee versvoet in hexameter vorm. Hier is ‘n uittreksel uit Thomas Hardy se gedig “The Convergence of the Twain:”

“In a solitude of the sea
Deep from human vanity,
And the Pride of Life that planned her, stilly chouces she.”

“Steel chambers, late the pyres
Of her salamandrine fires,
Cold currents thrid, and turn to rhytmic tidal lyres.”

“Over the mirrors meant
To glass the opulent
The sea-worm crawls – grostesque , slimed, dumb, indifferent.”

Heptameter bestaan uit sewe versvoete per versreël soos in Rudyard Kipling se gedig “Tommy” wat in jambiese heptameter geskryf is:

“Yes, makin' mock o' uniforms that guard you while you sleep
Is cheaper than them uniforms,an' they're starvation cheap;
... But it's "Thin red line of 'eroes" when the drums begin to roll –“

“The drums begin to roll, my boys, the drums begin to roll,
O it's "Thin red line of 'eroes" when the drums begin to roll”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar