Weergawe: 1
Aantal woorde: 432
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 17 Aug 2012
Natuurlik ken ons almal die gedeelte van John. F. Kennedy se inhuldiging toespraak waar hy sê: “Ask not what your country can do for you, but what you can do for your country.”
Die Bybel is vol van die gebruik van die chiasmus soos in Mattheus 23: 11-12, Mattheus 19 : 30 en die ganske boek van Openbaring wat van die begin tot ‘n middelpunt loop en dan vanaf die einde tot dieselfde middelpunt gaan in daardie boek. Vir die antieke Grieke was die chiasmus die kruising van twee gedagtes. Die Bybel probeer ook blywende indrukke oordra met die gebruik van die chiasmus
Dit het by die tyd gekom (Chiasmus)
Dit het by die tyd gekom
waar elkeen wat Jesus Chistus volg
nie moet vra
wat kan my geloof, my kerk,
selfs God vir my doen nie;
eerder wat kan ek as ‘n volgeling
van Jesus Christus
vir my geloof, my kerk
en selfs tot die diens van God doen?
Waar ons nie slegs moet vra
waar kan ek ‘n bydrae maak
tot die wat arm en werkloos is nie,
maar self die armes en werkloses
kos, klere en bemoediging moet gee.
Dit het by die plek en tyd gekom waar Jesus Christus
die middel punt van my lewe moet wees,
waar ek as ‘n nietige mens
Jesus Christus as ‘n middelpunt moet hê.
Dit is die tyd waar ons
as volgelinge van Jesus Christus
en elke goeie ding
nie net integriteit, eerlikheid, opregtheid
as lewenswyses moet besing nie
en ander wie se lewens na Hom dui
soos die kompasnaald na die pool,
soos die leraar na Jesus Christus moet volg nie
waar dit in ons eie lewens
tot die volle reg moet kom,
waar ons as manne en vroue vas moet staan
aan dit wat reg is, wat eerlik, opreg en goed is
soos die kompasnaald aan die pool
en self ander die weg
tot Jesus Christus moet aandui.
(1) Die inversie / omkeer van woord orde in ‘n herhalende frase. Smith, A.H; O’Loughlin, J.L.N. Odhams Dictonary of the English Language. Odhams Press Ltd. London.
(2) “Inversion of order followed in first (I cannot dig, to beg I am ashamed). Greek Khiasmos cross arrangement; it follows as Khiazo making the letter khi (shaped as a Enlish X.).” Fowler, H.W.; Fowler, F.G. The Concise Oxford Dictionary of current English. Oxford. 1956.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Nini Bennett
Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.