Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dit was onlangs, so dag of twee gelede, die Chinese Nuwe Jaar, die aanbreek van die Jaar van die Os. Maar hoekom is dit nou eers nuwe jaar daar? Op die 26e van die maand.

Die antwoord is maklik, China lê 13 tydsones wes van Greenwich, en met twee ure vir elke tydsone maak dit 26, dus die 26e van die eerste maand.

Nee, nou moes jy al klaar agtergekom het ek praat nonsense, dit was net om te toets of jy nog konsentreer. (Elke tydsone is slegs een uur en China lê nie noodwendig 13 tydsones weg nie, en hulle lê oos van Greenwich)

Ek gaan netnou meer vertel van die Chinese Kalender en hoekom die nuwe jaar dan nou is, maar eers 'n paar aspekte van die term kalender self.

Daar is verskeie kalenders in die wêreld, byvoorbeeld die Gregoriaanse, Skriftuurlike, Joods-Rabiniese, Islam, Chinese en Mayan kalenders om maar 'n paar te noem.

Die stelsel waarin ons leef, met twaalf maande, skrikkel jare ensovoorts, is die Gregoriaanse kalender.

Elke kalender word gedefinieer of beskryf deur verskeie komponente, naamlik: die verwysings beginpunt (epoch), wanneer die jaar begin (nuwe jaar), hoe word die jaar verdeel (maande), lengte van 'n maand, lengte van 'n jaar en die voorkomste van skrikkel sekondes, skrikkel dae en skrikkel maande.

Na al hierdie beskrywings, volg daar gewoonlik 'n lys van omgewings, groepe of lande wat gebruik maak van die spesifieke almanak. Dit kan self gebeur dat 'n spesifieke groep mense terselfdertyd meer as een almanak gebruik.

Terug na die Chinese Kalender

Die verwysings beginpunt (epoch): die Chinese Kalender dateer so ver terug soos 2500 BCE, afkomstig van 'n soortgelyke stelsel wat in Babilon bestaan het. Afhangend van watter bron jy gebruik, bepaal of hierdie jaar die jaar 4705, 4706, of 4645 is.

'n Chinese Kalender word opgedeel in 'n aantal maande (nie noodwendig 12 nie).

'n Maand begin altyd op die dag wat 'n (sigbare) nuwemaan bevat en is dus of 29 of 30 dae lank.

Die Chinese jaar begin (sedert die Xia Dinastie) met tweede (sigbare) nuwemaan na die winter sonstilstand, dus 21/22 van die Gregoriaanse 12e maand (die dag wat reeds sedert 2500 BCE uitgestaan het as 'n besondere dag van die jaar). Dit beteken dus dat die Chinese nuwejaar so naby soos 58 dae na 21 van die Gregoriaanse 12e maand kan plaasvind, maar ook so ver soos 88 dae na 22 van die Gregoriaanse 12e maand.

Die verdeling van die jaar: Die Chinese Kalender word in maande verdeel (deur die maan) en bevat of 12 maande (63% van die tyd) of 13 maande, afhangend van hoeveel nuwe mane plaasgevind het tussen twee (Noordelike halfrond) winter-sonstilstand dae.

Lengte van 'n jaar: 'n Gewone jaar (met 12 maande) kan tussen 353 en 355 dae lank wees, terwyl 'n 13-maande jaar tussen 383 en 385 dae lank wees.

Voorkoms gebeure: Die 13e-maand wat in 'n jaar gevoeg word, kan seker as 'n skrikkel-maand gesien word, maar andersins kom daar nie so iets soos 'n skrikkel sekondes of skrikkel dag voor nie.

Die voordeel van hierdie kalender is dat dit altyd in pas is met die son en maan as elemente wat die mens se lewe, hetsy in landbouwetenskappe of as stedeling, verwysings punte gee.

Die nadeel is dat presiese datums kan nie vooruit bepaal word nie (jy kan nie volgende jaar se kalender met akkuraatheid bepaal en uitdruk nie), aangesien 'n maand begin met 'n sigbare nuwe maan.

Wie gebruik hierdie kalender?

China maak gebruik van twee kalenders. Die Chinese Kalender word die "ou kalender" of "maan (Eng: lunar) kalender" genoem en word gebruik om te bepaal op watter dae kontrakte gesluit moet word, huwelike voltrek moet word ens.

Die Gregoriaanse Kalender word wyd vir administratiewe doeleindes gebruik. Dit word die "nuwe kalender" of die "son (Eng: solar) kalender" genoem.

Verder word die Chinese Kalender vir seremoniële doeleindes, wyd in lande gebruik waar 'n groot voorkoms van Han-Chinese is, byvoorbeeld, Korea, Nepal, Bhutan, Vietnam, Hong Kong, Makau, Taiwan, Singapoer, Indonesië, Malasie, Indië, die Filippyne en Thailand gebruik. Kanada se Chinese bevolking het nie openbare vakansie dae op die Chinese Kalender vakansies nie, maar vier steeds die dae wyd en met groot entoesiasme.

Nou 'n vraag: Skakel die dag waarop die skole hierdie kwartaal begin het, om na die Chinese Kalender ekwivalent. Al hoe dit gedoen kan word, is indien 'n mens vasstel wanneer die nuwe maan van verlede maand sigbaar was en dan kan 'n mens aftel na die spesifieke datum.

Laaste vraag, hoër graad vraag (om te sien of jy gekonsentreer het): Indien winter-sonstilstand om 23h30 in Indië op 21/12 voorkom en in China om 04h30 op 22/12 en nuwemaan word na sononder in Hawai gesien op 21/12, wat is die Gregoriaanse datum van die Chinese nuwejaar?





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beskaafd?
Nice vraag. Op Varsity 'geleer' jy meet 'beskaaf' aan politieke bestel; hantering van misdadigers; poesie; letterkunde;empatie vir anders-denkendes; ens;ens. Stront: jy meet beskawing aan jou plaaslike bestuur; water, krag en riolering.
Green time?
Gegroet
11 jaar 4 weke 1 dag 16 ure oud


moes biki wag tot ek tyd kry om behoorlik te lees. maggies, ons het so grootgeword met die gedagte dat net ons land bestaan, dat al hierdie ander jare en beskawings 'n nuwe wêreld laat oopvou, dankie daarvoor.
a.
11 jaar 1 maand 20 ure oud


Die Chinese Kalender:
Ek sou ook eerder onder die standaard graad leerlinge val met die een. En dan moet ek erken, ek is nog blond ook.
In elk geval baie interressante artikel. Dankie

Yadah
11 jaar 1 maand 2 dae oud


Waldor en Lentulus
Beide is reg, dit was die 26e van die Gregoriaanse eerste Maand

Elmarie Westerink is ook reg dat die Islam kalender ook onlangs die nuwejaar gevier het. Ek het daardie geleentheid gemis om die Islam kalender toe te plaas, maar ek sal dit later kom plaas, voor die volgende nuwejaar.

Lentulus, oor die Chinese beskawing. Om mee te begin moet 'n mens seker eers die tem "Beskawing" definieer, wat moeilik is as ek kyk hoe die bestaande beskawing die natuur opmors. Miskien moet 'n mens eers besluit of die "behou van die natuur" ingesluit of uitgesluit moet word by hierdie definisie. Ek lees dat daar meer begaafde studente in China is as wat daar studente in die VSA is. Die Rooi Draak grom ....




11 jaar 1 maand 2 dae 3 ure oud


chinese
dis die jaar van die os se jy, dalk is die bevolkingsaanwas dan nou minder, baie interessante artikel ya'akov ek het geniet van begin tot einde..m
11 jaar 1 maand 2 dae 15 ure oud


26
Stem saam met Waldor (vir 'n verandering).
Query: Is die Chinese dalk die hoogste beskawing op die planeet?
11 jaar 1 maand 2 dae 16 ure oud


Ja nee, ek weet nie of ek die kommentaar meer geniet het as jou werkstruk nie! Baie dankie vir die inligting Ya'cov.
Ek is 'n Haas in die Sjinese sirkel. Die sout van die aarde. *lag*
Groot groete vir jou.
PM
11 jaar 1 maand 2 dae 18 ure oud


Interresante artikel dankie Ya'acov... het al hieroor gelees maar mens vergeet bietjie met tyd, kannie eers onthou wat my teken of jaar is nie.
Gypsy groete
11 jaar 1 maand 2 dae 18 ure oud


Jammer ek bedoel eergister verloor so bietjie tred met die dae hier in Irak

Waldor
11 jaar 1 maand 2 dae 19 ure oud


As jy die waarheid skryf, en ek vertrou jou weergawe, dan is dit mos op die 26ste - dit was gister - jy noem dit dan in jou eerste sin...

Groete

Waldor
11 jaar 1 maand 2 dae 19 ure oud


Sorry, Ya'acov, eks nie 'n hoer-graad kandidaat nie (genade, maar hoe mis ek nou 'n deelteken!), maar hierdie artikel van jou het my geboei tot die einde - en min dinge doen dit! Ek sal dit weer moet lees, maar vir nou - welgedaan en dankie! En voorspoedige Nuwejaar!
11 jaar 1 maand 2 dae 19 ure oud


Hi, jy weet hoe voel ek oor langsomme. Interessante stuk hierdie!
11 jaar 1 maand 2 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kruispad

deur Manie Jackson

Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar