Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daardie ou wat eerste die woorde gebruik het, het sekerlik nie geweet dat dit 'n profesie is van wat later 'n werklikheid sou word nie. 'n Werklikheid wat tot die uitwissing van 'n volk kan lei nie!

Ja, die beskikbaarheid van gesonde bruikbare water vir mens, plant en dier, is die afgelope tyd op almal se lippe. Beskuldigings word heen en weer geslinger, ontkennings is aan die orde van die dag, maar intussen word riviere met menslike en ander afval besoedel, damme slik toe, El Nino doen sy ding, fabrieke en myne besoedel reën en ondergrondse water, ensofoorts. Hierdie dinge skilder 'n prentjie van onvermydelike onheil waaraan ons volk nie kan ontkom nie tensy:
1) Die probleem erken word.
2) lewensvatbare oplossings geïdentifiseer word
3) sulke oplossings onmiddellik geïmplimenteer word
4) dit wat verkeerd gegaan het, reggestel word
5) nuwe waterbronne ontgun word.

Baie, baie jare gelede, toe ek nog in die laerskool was, het 'n onderwyseres my iets geleer wat ek dink nou tot ons redding kan kom. Sy het my geleer van 'n koue seestroom wat uit Antartika kom en langs ons Weskus opbeweeg. Indien 'n ysberg, wat uit die suiwerste vorm van varswater bestaan, tot in daardie seestroom gebring kan word, sal die stroom help om dit na ons kus te bring, waar dit dan "gemelk" kan word - 'n praktyk wat blykbaar reeds deur lande in die Noordpool-gebied gevolg word. Pypleidings en 'n damme/kanaal-stelsel kan hierdie water bring waar dit benodig word. Die hitte wat deur die smeltende ys onttrek word, mag, wie weet, dalk selfs bydra tot 'n klimaatsverandering aan ons Weskus!

Dink hoeveel volhoubare werksgeleenthede geskep kan word. Kos op honger mense se tafels! Minder honger mense minder misdaad!

Waar kom die geld vandaan? As miljarde rande se stadions vir ses weke se gebruik gebou kan word, sal daar sekerlik nie 'n probleem wees nie. Die Wêreldbank? IMF? Privaat inisiatief - binnelands/buitelands? 'n Kombinasie van sommiges?

Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die D... in die Drinkwater
Baie relevant. Baie dringend en noodsaaklik, maar dit sal maar eers moet wag. Ons het nou eers Zimbabwe om te befonds. Die Mugabe's het die vryheid van die wereld terwyl ons moet spook en spartel om hulle gemors reg te maak ... en ons gaan binnekort sit waar hulle nou is. Ek wonder wie gaan ons eendag befonds.
En ja, ek het ook al gehoor van die moontlikhede wat so 'n ysberg inhou. Die syfers is astronomies.
11 jaar 8 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


drinkwater
Ja hierdie toffie het jy raak beskryf, uitstekende gedagtelyn, en sooo waar. Ons het verlede week skielik 3 dae sonder water gesit - 'n hele wyer metropolitaanse area wat moes ly, en die gesukkel en gespartel kan ek nie in 'n bladsy vertel nie. Jy moet hierdie artikel Beeld toe stuur! Goed gedoen -S
11 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud


rex
Die D ...
Uitstekend geskryf, Freek!
11 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Bertha se Stories

deur natasha dutton

"...my issues is maar soos joune, my vrese gegrond op ervarings, dinge waarvoor jy ook bang is. Die enigste verskil is, ek is 'n stort mens, geen badprop wat my geparfumeerde water in toom kan hou nie. Die lewe is nie 'n bad vol foam bath nie, nee jong, so maklik is dit nie. Die poepwalms laat jou verstik, nie eers te praat van die vloeistowwe nie! Maar dis die lewe." Wel, nou weet jy wat om van hierdie boek te verwag...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar