Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die vraag:
“Ek is jammer jy het deur die pynlike dekade gegaan het. Weereens sal ek wil vra of jy dink dat jy dit verdien het, of dat mense nie genoeg gebid het, of jy nie genoeg gebid of geglo het nie. Hoekom anders sou jou god soveel leed aan jou laat toekom het. Ek dink aan Lukas 12:24 van jou geskrifte wat aandui dat jou god onteenseglik na jou sal omsien, maar in die swart dekade klink dit nie of jy baie geluk geken het nie.”

Wanneer ‘n by my steek, is ek baie ongelukkig en die pyn pla my eindeloos. Maar as ek ‘n inspuiting moet kry om my gesond te maak, wat erger brand as ‘n bysteek en boonop maak dat ek vir 3 dae nie op daardie boud kan sit nie, sal ek maar op my tande byt en dit verdra. En selfs bly wees daaroor!

Donker tye gaan ons almal op aarde hê, want na alles wat in die geskiedenis gebeur het, heers Satan nou eers die wêreld vir ‘n ruk (1 Joh. 5 vers 19), maar hy kan nie ons lewens neem nie. Ek sien dit as beter om bo my donker tye uit te styg soos wat nou inderdaad gebeur het, deur God se hulp en liefde (1 Pet. 4 verse 15 en 16) as om as ‘n dief of moordenaar daardeur te gaan. En selfs al het dit nie beter gegaan nie, sou ek nog geglo het, maar ek dink nie jy sal dit nou al kan verstaan nie (Lukas 17 verse 7 tot 10 en asook Job se verhaal).

Sê nou ek is in ‘n ongeluk en ek moet vir maande met snye en operasies opgeskeep sit, sal ek voordurend kla en ongelukkig wees. Maar as ek weet ek het kanker en dat hulle dit kan uitsny en dit beteken dieselfde pyn en lyding, sal ek net te bly wees dis al waarmee ek hoef te betaal. Dis dieselfde met my Christenskap. En nie net met myne nie.

Om maar net ‘n paar voorbeelde te noem:
In 2 Tim. hoofstuk 2, som Paulus sy lyding sy lyding kortliks op. In 1 Pet. 4 vers 12 tot 19 (maar lees gerus die hele hoofstuk) sê dit ons moenie verras wees deur beproewinge en swaarkry in die lewe nie, en in Joh. 16 vers 33 sê dit prontuit ons sal probleme hê. In Heb. 12 vers 11 lees dit (vertaal uit die “New International Version”): “Geen dissiplinering is aangenaam wanneer jy dit deurgaan nie, dit is pynlik. Later het dit egter tot gevolg ‘n oes van regverdigheid en vrede in die wat daardeur opgelei is.” En moeilike tye is nie straf nie, maar dissiplinering (Heb. 12 vers 7 en Rom. 5 verse 3 tot 5).

Baie van God se dienaars het depressief geword in Sy diens, bv. Moses, Naomi, Job, Hannah, Saul (van die Ou Testament), Elija, Jeremia, Jona, Salomo, Paulus, ens. (sien die boek “When Saints Sing the Blues,” deur Brenda), want Hy vra nie altyd maklike goed van ons af nie. Tog, elke keer, het God hulle versorg en moed gegee en nooit Sy rug op hulle gedraai nie. Hy het Jesus gestuur om alles deur te gaan en al die versoekings te weerstaan soos ons, dus weet Hy presies hoe moeilik dit is vir ons in die lewe (Heb. 4 verse 15 en 16). Maar hy is nie ‘n God van bang- en bedeesdheid nie. Dis ons wat moet leer dat Hy magtiger is as enigiets wat ons hier op aarde kan teëkom en daarom keer Hy dit nie weg van ons af nie.

‘n Puik voorbeeld is waar Paulus in 2 Kor. 12 verse 7 tot 9 pleit by God om die ‘doring in sy vlees’ van hom af weg te neem en my God se antwoord daarop. En Paulus het nie kwaad geword nie, want hy het verstaan. Hy was ook nie dom nie en het heimlik, soos hy self daar skryf, geweet wat sou gebeur as God dit by hom sou wegvat...

[Om te sien waaruit die vraag ontstaan het kyk na die Woes Happie: ‘n Perd, ateïsme en ‘n Wonderwerk.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die donker dekade se antwoord
'n Goeie stuk!
9 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar