Titel: Die Donkie word
Weergawe: 1
Aantal woorde: 478
Kere gelees: 72
Datum gepubliseer: 04 Sep 2010
***Daar is lewe in die lewe te vinde. Laste om af te gooi. Eienaarskap verandering wat moet plaasvind. Groen te vinde in die grys bestaan. Daar is genade.
Die donkie blaas vuur
hy druk deur die dag
sweet was die stof van sy oe af
stokke jaag sy lyf
honde byt sy enkels
dorings buig onder sy hoewe
vol gepak durf hy die bult uit
die vleuels van sy neus verteer suurstof
hardnekkig is hy van geboorte af
hy grynslag oor die mensdom se vloek
sy beendere is styfgespan met senings
sy maagwand is taai
sy tong trek brand bossies
dors kleef sy lippe in n bars
sy bed is die stof van die aarde
die einde van sy geveg kom met die verlossing van die dood
sy hulp kreet sny die atmosfeer grusaam oop
sy oe sien n wit kleed wapper
takke wuif heen en weer
n eens dowwe kol word n gesig
die gesig word n glimlag
spiere ontspan
goedere word afgegooi en verruil vir koninklikheid
die nuwe Heer se aanraking bring genesing
alles voel ligter
palms waai die grys klippe weg
vloek en houe verander in n gejuig
die donkie is verlos
die lewe-gewer het die dood gedood!
***Die donkie trek al die volgende aspekte saam onder een sambreel:
1. Self liefde en respek. Jou “redelike godsdiens…” Wat jy insit, kry jy uit. Jou denkwyse & rentmeester skap van jou “lewende stof” wat in effek alles om jou raak, jou mense, jou gesondheid, jou werk, besittings…en jou donkie (liggaam)! Maak jy dat jy sterker is as wat jou wese kan produseer?
2. Omskakeling van eienaarskap (dood na lewe). Outoriteit en ontbloting van die leuen in jou lewe. “Die realiteit van die leuen verruil na die realiteit van waarheid.” Die leuen (komponent van die eerste eienaar) kom voor as waarheid, dit maak jou so blind dat jy die “lewe en tyd” as vyand ervaar. LEWE & TYD kom uit die skepper van ons bestaan ! Die Skepper is jou vriend nie jou vyand nie! Die “nuwe eienaar “ is die lewe gewer/GOD/Jesus wat in jou doodstryd verlossing en lewe bring. Jy (die donkie) moes net besef dat jy (hy) nie onder die juk van die leuen, die “eerste eienaar” gedryf kan word en kan bly lewe nie. Die dood raak in jou blindheid die enigste verlossing. (Wat ’n blatante leuen is!)
3. Christus in die oe van die kruisigers. Die kruisiging. Die oorwinning deur Jesus. Die oorwinning wat lewe bied deur die dood te dood. God het deur Jesus sonde geword, die donkie geword vir die satan en die spottende mensdom. Min wetend dat lewe die angel van dood uit trek. Baie simboliek ook deurgaans.
4. Die donkie beeld die kontak tussen godheid en die swoeg en sweet bestaan van die mens uit. Hierdie kontak punt van “lewe” bring wysheid mee asook bewuswording van jou outoriteit oor die duister deur Christus.
Lees ander artikels deur Anemarie Davel
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur

Artikels
Algemeen

deur tribalmoon
Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.
Dankie en mooi bly in die Koning uit wie en deur wie en tot wie alle is!