Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die laaste jaar vir jou in ‘n oogwink verbygevlieg het, soveel te meer vir die Van den Berg-gesin van Kimberley waar die drieling, Milan, Wian en Micke, op 26 Junie 2015 reeds hulle eerste verjaarsdag gevier het. “Daar was dae wanneer ons gevoel het ons nie vorder nie, maar voordat ons ons oë kon uitvee, was die eerste jaar verby,” vertel ma Suzanne.

Alhoewel hulle gesond is en die ouers baie dankbaar is daaroor, het hulle hulle eerste verkoue agter die rug en kry hulle daagliks ‘n vitamienstropie. “Die eerste een sluk die medisyne, die tweede een gooi daarvan op en dan weier die derde een volstrek om dit te neem. Nou gee ons vir hulle medisyne wanneer hulle apart van mekaar is en mekaar nie kan sien nie. Ek gee gou in die kombuis vir een en pa Willie in die kamer vir die tweede een en so kry ons die derde een om die medisyne te sluk,” lag Suzanne.

Die grootste uitdaging vir hierdie kitsgesin is om die langpad aan te durf. “Dit neem ons twee weke om te beplan wat ons gaan saamneem, wanneer ons gaan pak, wanneer ons gaan ry en wanneer die laaste doeke voor die vertrek geruil gaan word,” skerts Willie. “Ons was onlangs by twee geleenthede ver van die huis af en om middernag te vertrek is die enigste oplossing. Dan neem ons ook ‘n familielid saam om te help.”

Behalwe vir die langpad en die medisyne, is doeke ruil en voer ook uitdagings. “Toe hulle klein babatjies was het hulle stil gelê en bottel gedrink, maar nou kruip hulle die hele wêreld vol, staan op teen alles en begin loop. Na badtyd is dit vir hulle ‘n groot speletjie as ons hulle moet vang om hulle doeke aan te sit. Etenstye wil hulle nou-al self die lepel vashou of gryp die kos uit die bak om self te eet. Met een is dit maklik, maar met drie sit hulle jou soms ore aan.”

Op een jaar oud is daar duidelike aanduidings van hoe uiteenlopend hierdie drie mensies se persoonlikhede is. Elkeen het unieke voorkeure waarvan hy of sy hou om te eet of die televisieprogram wat hy of sy wil kyk. “As ons nie ‘n PVR gehad het nie, sou ons seker nooit iets gekyk het nie. Willie het die hele Super Rugby kompetisie gemis, want dit is onmoontlik om iets klaar te kyk. Om ‘n film van een en ‘n half uur te kyk neem ons vyf ure”, lag Suzanne. “Maar hulle voeg onskatbare waarde by ons lewens en verskaf ons soveel plesier.”

Milan, Wian en Micke is al baie bewus van mekaar en van hulle omgewing. En al drie is ewe liefdevol. “Hulle jaag mekaar al kruipende in die gang af en in die rondte. Ons hou al die kamers se deure toe, behalwe hulle eie kamers. Waar hulle ookal beweeg - in hulle eie kamers, kombuis, sitkamer of eetkamer, is dit veilig”, vertel Willie. “Dit is hulle huis.”

Die komende paar jaar behoort ‘n kleiner aanpassing en moontlik minder uitdagings as die eerste jaar in te hou. “Ons vat steeds net een dag op ‘n slag. As ons nie binnekort ver hoef te ry nie, voorsien ons nie ‘n reuse uitdaging vir die onmiddellike toekoms nie.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Drieling
Dit klink soos armsvol - never mind 'n handvol! Net spesiale mense kry soveel werk :-)))
4 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 14 ure oud


3
Eishhh, genadiglik hoef ek dit nie te beleef het nie. Mooie ma en pa daai, wat baie moed het, of dalk geen ander keuse nie!
Lekker lees gewees!
4 jaar 4 maande 4 weke 8 ure oud


Oeeeee . . .
hulle is PRAGTIG! Maar sekerlik 'n hele paar hande vol! Dankie vir 'n heerlike artikel.
4 jaar 4 maande 4 weke 22 ure oud


drieling
Hulle is te kostelik vir woorde. Ek as ouma moes ook hand bysit om 'n tweeling groot te maak, voor jy jou oë uitvee is hulle op skool soos my twee en dan kyk 'n mens terug na die foto's en weet jy het jou beste gedoen al was dit nie altyd maklik nie.
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


drieling
Medalje vur die ouers
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 12 ure oud


3ling word 1
Hulle is pragtig!! Ja ek hal my hoed af vir hierdie pappa en mamma wat ek dink dit kan nogal n handvol wees om 3 kleinmensies op een slag te hanteer.. die voordeel is darem dat mens 3 x die liefde terug ontvang ook. Lekker gelees
4 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar