Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

DIE STORIE AGTER DIE STORIE – Deel 8
Die Ekklesia lewe!

Kom ek haal vir jou Hand 2:46 en 47 aan waar daar staan: “Hulle het almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys. Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

Elke dag het die twaalf apostels die duisende nuwe volgelinge van Jesus daar in die voorhof van die tempel, aan die oostekant, onder dak, in die deel wat bekend staan as die Gang van Salomo, onderrig en bedien. Daar het hulle hulle geleer wat Jesus hulle in die meer as drie jaar aan Sy voete geleer het. En dan het hulle huis toe gegaan en dit weer vir mekaar en vir ander gelowiges gaan oorvertel in hulle kleiner geloofsfamilies in die huise en by werk.

Maar dit het nie net woorde gebly nie. Dit het deel geword van hulle lewenswyse, denkwyse en hulle radikaal nuwe styl van optrede. In so ‘n mate dat Lukas daar in Hand 2:42 oor hulle kon skryf: “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels …”

Natuurlik het hierdie duisende nuwe gelowiges, wat so radikaal anders was, Jerusalem en sy ander inwoners op ‘n daaglikse basis begin beïnvloed. Sodat Hand 2:47 vertel: “Die hele volk was hulle goedgesind. En die Here het elke dag mense wat gered word, by die gemeente gevoeg.”

Maar dit was nie net hulle radikaal anderse manier van lewe wat die mense aan die praat gesit het nie. Dit was ook die merkwaardige, bonatuurlike dinge wat begin gebeur het. Soos die gebeure waarvan ons daar in Hand 3 lees. Toe Petrus en Johannes, as deel van hulle bediening van hulle volksgenote wat nog deel van die Joodse sinagoge was, na die gebedsbyeenkoms drie-uur die middag gegaan het. Oppad loop hulle hierdie kreupel man raak wat by die tempelhek, genaamd Mooipoort, sit en bedel het. Toe hy geld vra, antwoord Petrus hom: "Kyk na ons." En toe weer: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!"

In die Naam van Jesus Christus van Nasaret. Wat ‘n betekenisvolle ding om te sê! Amper dieselfde as Jesus, voor Hy gepraat of wonders gedoen het, eers moes hoor en sien presies wat in die hart van Sy Vader was (Joh 5:19). Eers dan geld Sy belofte vir ons wat daar in Joh 14:12 tot 14 staan: "Dít verseker Ek julle: Wie in My glo, sal ook die dinge doen wat Ek doen; en hy sal nog groter dinge as dit doen, omdat Ek na die Vader toe gaan. Wat julle ook al in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik kan word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen." Daar staan immers ook geskryf in Joh 15:7: “As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry.”

Toe Petrus daardie woorde sê en die man by sy hand vat en begin optrek, lees ons, hoe daar oombliklik, bonatuurlik, krag en lewe van Jesus, deur die werking van die Gees, deur Petrus, soos deur ‘n tuinslang, begin vloei het. En skielik kon daardie kreupel man loop.

Toe hy dit besef, begin hy rondspring en God loof en prys. En so kom hulle toe die tempelterrein binne!

Kan jy jou die konsternasie indink toe die ander Jode hierdie man herken as die eens-kreupel bedelaar! Soos motte getrek word na ’n vlam, het daar gou-gou ’n skare mense rondom hulle gestaan. Wat ‘n geleentheid, dus, om vir die al-groterwordende skare te vertel dat dit Jesus was wat hierdie wonder gedoen het. “Deur die geloof in sy Naam het Hy die bene van hierdie man, wat julle sien en ken, sterk gemaak. Die geloof wat van Hom kom, het die man volkome herstel, hier voor julle almal.” (Hand 3:16)

Dan gaan Petrus voort om oor die evangelie (goeie nuus) oor hierdie Jesus te getuig. So hoor ons hom daar in vers 18 tot 21 sê: “Tog het God reeds vroeër by monde van al die profete aangekondig dat die Christus sou ly. So het Hy dit nou laat gebeur. Daarom, bekeer julle en kom tot inkeer. Dan sal God julle sondes uitwis. En dan sal daar tye van verkwikking van die Here af kom en sal Hy Jesus stuur, wat vooraf vir julle as die Christus aangewys is. Hy moet in die hemel bly totdat God alles nuut gemaak het.”

Hulle was nog besig om met die mense te praat toe van die ander Joodse sinagoge-leiers op hulle afstorm en hulle gevange neem en sommer in die tronk laat sit. Veral omdat Petrus-hulle vertel het dat Jesus Christus werklik uit die dood opgestaan het en die beloofde Verlosser en Here is.

Maar ten spyte hiervan het God se koninkryk reeds ook hier verder onder die mense gekom, want ons lees: “Tog het baie van die mense wat hulle prediking gehoor het, gelowig geword; en die getal gelowiges het aangegroei tot omtrent vyf duisend”. (Hand 4:4)

Merkwaardig. Die Ekklesia het binne ‘n week spontaan gegroei tot reeds meer as 5000 manne alleen, dus so plus-minus 10 000 in totaal as ons die vroue en kinders sou bytel.

Waar ons Jesus toelaat om deur die bonatuurlike krag en gawes van Sy Gees deur ons te werk, sien ons iets van Sy heerlikheid, krag, genade, genesing en verlossing. En kan Sy Woord self mense bedien. En dan kom die Koninkryk van die hemel om ons op aarde onder mense midde al die stukkendheid.

Dit gebeur alles so spontaan en natuurlik, dat ‘n mens agterna verbaas staan oor wat gebeur het.

G’n wonder Smith Wigglesworth het geprofeteer dat wanneer ons weer, as God se mense, Jesus Christus gaan toelaat om vrylik mense deur die Woord en die Gees te bedien, gaan ons weer, soos daar in die begin, herlewing sien soos nog nooit in ons tyd nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar