Artikels

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Inleidend

Kom sit hier by my, dan wys ek vir jou in hiedie volgende twee weke tot Kersdag vanjaar, dat die nuutste inligting tot ons beskikking aantoon dat Jesus, die Christus, gebore is in 3 v. C., eerder as al die ander datums wat voorgestel word van 4 v. C. tot so laat as 7 v. C. Die bevindings is gebaseer op moderne geskiedkundige, argeologiese ontdekkings en selfs bevindinge in die sterrekunde.

Natuurlik is die berekening van wanneer Jesus, die Christus, werklik as mens gebore is ten eerste gebaseer op inligting wat ons uit die Bybel, en in die besonder in die Evangelieverhale oor Hom vind. Maar die nuwe berekeninge klop ook met van die kronologiese berekeninge wat die vroeë Christen-kerkhistorici en –kerkvaders gemaak het toe hulle Sy geboortedatum as in 3 of 2 v.C. bereken het. Asook dit wat ons vind in ‘n baie belangrike buite-bybelse stuk geskiedskrywing oor die geskiedenis van Palestina gedurende die tyd van Jesus, die Christus, se lewe, naamlik dié van die Joodse geskiedskrywer, Flavius Josefus, wat geleef het van 37 n.C. tot om en by 105 n.C.

Ek gaan ook vir jou aantoon waarom Josef en Maria na Betlehem gegaan het gedurende ‘n Romeinse sensus. En dan gaan ek vir jou wys dat ons met die wonderlike sterrekundige rekenaarprogramme wat vandag beskikbaar is, hoe ons die ster wat die Magi of Oosterse sterrekykers gesien het, vandag met redelike sekerheid kan identifiseer.

Op grond van al hierdie inligting kan ons dan met redelike sekerheid die presiese dag en datum van Jesus, die Christus, se geboorte bereken, asook die datum van die Magi se besoek aan hom.

Kom ons begin by wat Lukas vir ons in sy evangelie openbaar. Lukas begin sy evangelie soos volg: “Hooggeagte Teofilus! Daar is baie wat onderneem het om ‘n verhaal te skrywe van die dinge wat onder ons gebeur het. Hulle het dit opgeteken soos dit aan ons oorgelewer is deur die mense wat van die begin af ooggetuies en dienaars van die Woord was. Daarom het ek dit ook goedgedink om self alles stap vir stap van voor af te ondersoek en die verhaal noukeurig in die regte volgorde vir u neer te skryf. So kan u te wete kom dat die dinge waaroor u onderrig is, heeltemal betroubaar is. In die tyd van koning Herodes van Judea ...” (Luk. 1:1-5).

So weet ons uit sy evangelie dat dat Jesus, die Christus, omtrent 30 jaar oud was toe Johannes die Doper met sy bediening begin het en dat dit gebeur het in die 15de jaar van Keiser Tiberius se regering (Luk. 3:1,23).

Verder weet ons ook dat Johannes 6 maande ouer was as Jesus (Luk. 1:24,26). Dit beteken dat as ons Sy geboorte in 3 v.C. sou neem, sou Hy omtrent 30-31 jaar oud sou wees in 28/29 n.C toe Hy met Sy openbare bediening begin het.

Een ding wat ons weet van Lukas se vertellinge in die evangelie - wat hy geskryf het onder die inspirasie van die Gees - was dat hy altyd sy datums en tye baie presies aangedui het. Soos bv. dat Maria vir omtrent 3 maande by Elisabet gebly het (Luk. 1:56); dat dit omtrent net ‘n uur geduur het tussen die eerste keer wat Petrus Jesus verloën het en die tweede keer (Luk. 22:59); dat dit omtrent agt dae was nadat Jesus hierdie dinge gesê het wat die verheerliking op die berg plaasgevind het (Luk. 9:28); ens. Daarom moet ons die tydaanduidings wat hy ons gee, met groot erns bejeën.

Ander belangrike historiese en Bybelse gegewens wat ons verder help in ons berekeninge is die volgende:

Baie van die ou Christenhistorici ondersteun ‘n geboortedatum in 3 v.C. Irenaeus, wat in die 2de eeu gelewe het, het byvoorbeeld gesê dat die Christus omtrent 30 jaar oud was met die aanvang van Sy openbare bediening. En Epifanius sê dat Jesus presies 29 jaar en 10 maande oud was to Hy met Sy bediening begin het.

Al die oud-Romeinse verslae wat ons uit die eerste eeu het (geskiedskrywings, munte en ander inskripsies) dui aan dat Tiberius se eerste regeringsjaar begin het in Augustus 14 n.C.
Dit beteken dat sy 15de regeringsjaar van Augustus 28 n.C tot Augustus 29 n.C. gestrek het. Wat dan die tyd is waarin Johannes die Doper en Jesus se openbare bedieninge ‘n aanvang geneem het, volgens Luk. 3:1,23. Ander geskiedskrywers wat hierdie berekeninge ondersteun is Takitus, Seutonius, Plini, die oudste, Dion Kassius, Filo en Josefus.

As ons verder erns maak met historiese gegewens uit hierdie tyd, weet ons byvoorbeeld ook dat die sensus van Keiser Augustus, gedurende die tyd toe Sirenius goewerneur was in Sirië (wat die provinsie van Judea ingesluit het en deel was van die ryk van Herodus die Grote in 3/2 v.C.) ooreenstem met ‘n geboortedatum-berekening van 3 of 2 v.C.

Tertullianus, ‘n advokaat van beroep, bevestig in 2 n.C. dat Sentius Saturninus, wat die plaaslike goewerneur in daardie streek was, in 3 n.C. ‘n sensus gehou het in Judea wat die menslike ouers van Jesus, die Christus, sou dwing om Betlehem toe te gaan daarvoor.

Die geskiedskrywer, Josefus, bevestig dat daar ‘n registrasie van al die burgers in die Romeinse ryk in 3-2 v.C. plaasgevind het , ter voorbereiding vir die silwerjubileem-fees van Keiser Augustus (wat begin het in 27 v.C), waarin die hoogste dekorasie as “Pater Patriae” (Vader van die Vaderland) aan hom op 5 Februarie 2 v.C. toegeken sou word.

Tydens hierdie registrasie moes al die burgers weereens hulle lojaliteit tot die Romeise keiser bevestig deur hulle persoonlike handtekening. Dit is dan hierdie registrasie en herbevestiging van hulle lojaliteit wat beide Josef en Maria van Nasaret na hulle geboortedorp, Betlehem, laat gaan het om persoonlik dit te gaan teken, aangesien hulle albei uit die koningshuis van Dawid afgestam het (en die Romeise owerheid dit in die besonder van die “koninklike nageslag” geëis het) (Luk. 2:4).



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die Geboortedatum van Yashua
Wys die visioen van Daniel nie ook na dieselfde tyd nie, werklik interessant ek lief geskiedenis..m
11 jaar 2 maande 1 week 6 dae 18 ure oud


Christo, dankie vir al jou brokkies, ek lees gereeld.
ek het nie 'n saak met datums en al die drama wat sekere wetenskaplikes deurgaan om die Bybelgebeure as korrek te bewys nie, ek het dit nie nodig nie want die belangrike vir my is om net alles soos 'n kindjie te glo en te aanvaar.
maar, ek geniet die vertellings en navorsing en opgrawings en voorstellings wat ons te lese kry en in TV programme te sien kry baie, omdat dit die interessanthede van daardie eeue verhoog, omdat dit die waarheid meer bewys as ontken. ek sal ure lees en kyk na inligting wat ek saam met my Bybel kan ervaar.
a.
11 jaar 2 maande 2 weke 18 ure oud



Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar