Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wil jy ook gelukkig wees?

Vandag vra ek my buurvrou wat’s haar lewensdroom en sy antwoord om gelukkig te wees. Soveel mense die afgelope tyd het die selfde wens of droom om gelukkig te wees. Hierdie is bleikbaar ‘n groot raaisel! Wel, die heim is! Dis die klein dingetjies in die lewe wat mens gelukkig maak… ‘n Dankbare mens is ‘n gelukkige mens.

Ek het geluk die afgelope tyd soveel keer al verduidelik en nou gaan ek dit weer probeer. Ruth Meyers het gesê:- “Die geheim van ‘n gelukkige hart is nie die soeke na genoegdoening nie. Dis om God se liefde in ons daaglikse lewe te ontdek – dis ware geluk”. Sien God se getrouheid in die natuur raak. Elke sonopkoms, elke sonsondergang, is ‘n sigbare teken dat Hy in beheer is – ook in ons lewens. Volg jou hart. Mens moet doen wat jou hart vir jou sê. Niks anders is werklik die moeite werd nie. Leef jou droom! Kyk na padaanwysers… Wat is jou talente en gawes? Dit waarmee jy toegerus is, wys reeds vir jou in watter rigting jy jou moet uitleef. Bid en vra vir God om jou te help om jou droom te vervul. Geluk is ‘n langtermyn idiaal, nie korttermyn projek nie. Dis moeilik om te sê wat is onmoontlik want, gister se drome is vandag se hoop en môre se werklikheid.

Geluk is binne in jou hart, dit moet net ontkiem en groei. Dis nie die najaag van aardse besittings nie, dis vals tydelike geluk. Geluk is gelyk aan vreugde en die gee weer vrede, ons vind dit in die klein en geringe dingetjies (waaroor ons dankbaar is) maar, dit laat jou weer God se genade verstaan. Net soos geloof is geluk ook nie ‘n eindbestemming nie. Dis ‘n reis van genade, dag tot dag.

Geluk is ook gekoppel aan positiwieteit, ons kan nie negatief gelukkig wees nie. So hoe meer positief jy is hoe makliker is jy gelukkig! Vreugde en geluk glip so maklik deur ons vingers. Tog is dit ‘n geskenk van God vir elkeen van ons – elke dag, ongeag ons omstandighede! Ek dink om negatief deur die lewe te gaan en nie met ‘n bankbare hart te leef, is ‘n klap in God se gesig! Mense verwar ook geluk en liefde met mekaar. Moenie jou eie geluk probeer bewerkstellig nie want, jy gaan dit met jou verstand probeer doen i.p.v met die hart. Let go, let God. Geniet die klein dingetjies elke dag, eendag kyk jy terug en besef dis die dinge wat jou gelukkig gemaak het. Dis waarom daar gesê word:- verwyl jou tyd met dit wat na aan jou hart lê… ‘n Mens kan net ware vreugde, vrede en geluk ervaar as jy binne God se wil lewe want, dit maak jou weer dankbaar.

Filippense 4:4 Wees altyd bly in die Here! Ek herhaal: Wees bly!
‘n Mens kan net bly wees as jy gelukkig is!


3 Julie 2012
A3



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

...
Ek stem 100% saam met jou. Lees miskien ook my rubriek: "Nogtans gelukkig"... as jy wil. :)
7 jaar 6 maande 4 weke 16 ure oud


Interessant
Dit klink of jy geluk vind in die klein dingetjies, jou hart volg en jou talente uitleef. Wees dankbaar, jy is bevoorregd.
7 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 9 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Hartsnare

    deur Driekie Grobler

    100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar