Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit is tradisie in baie kulture regoor die wêreld om verjaarsdae te vier en die gewoonte om verjaarsdaggeskenke te gee is alledaags, ten spyte van sommige godsdienstige uitsonderings. Meeste mense probeer om hierdie dag vir hul familie, vriende, kennisse, klasmaats of kollegas 'n "Gelukkige Verjaarsdag" te maak.

Die tradisie van die gee van geskenke dateer terug na antieke tye en blyk 'n heidense oorsprong te hê. Antieke Romeine het gode op spesiale dae vereer met hedonistiese vieringe en luukse geskenke aan hul gode op spesiale dae as offerhandes aangebied. Hulle het ook standbeelde ter ere van die gode met blomme versier, in aanbidding van die godin van blomme – Flora.

Later het die gebruik meer algemeen geword en hulle het gewone mense se verjaarsdae ook begin vier. Vir die antieke Romeine het die gee van geskenke gawes van goeie geluk aan die persoon simboliseer. Verder het hulle ook geglo dat vrolike byeenkomste saam met vriende en familie op 'n mens se verjaarsdag sou help om bose geeste af te weer.

Terwyl verjaarsdagvieringe oorspronklik deur die vroeë Christene verwerp is as heidens, het dit later een van die vele tradisies geword wat uiteindelik deur die Christendom aanvaar is om meer Christelike volgelinge te kry. Hierdie stap het ook daartoe gelei dat Christene die viering van die geboorte van Jesus op die 25ste Desember vier.

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Verjaarsdae
Carol, ek bewonder jou dat jy so baie van so veel weet en al wat ek ken is dubbelinskrywing boekhouding ;-)

Dankie vir die deel hiervan.
7 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 6 ure oud



Van ons ander lede

Vergete Pioniers

deur neels claasen

n spoorwegroman uit die sestigerjare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar