Weergawe: 1
Aantal woorde: 863
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 25 Apr 2013
Walter de la Mare se gedig “An Epitaph” is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie tipe gedig en netso ook Dorothy Parker se gedig “Epitaph” waarin sy eerder haar eie sterwe beskryf.
In my gedigte wat volg probeer ek om ‘n ander tipe inslag tot die grafskrif gedig te maak:
‘n Ander soos grafskrif
(na Dorothy Parker)
Toe ek die eerste keer sterf was daar dae op dae
waar jy huil en my unieke dinge onthou.
Ek het hoog bo die muur van die begraafplaas opgerys
terwyl ek toe kon vlieg en alles onder my was klein
maar terug na moeder aarde moes ek terug gaan, waar nuwe reën val
terwyl wurms baie stadig aan my knaag sonder enige pyn.
Toe my volgende begrafnis kom, wou jy grasieus my laat slaap,
wou jy my nie soos gewoonlik diep begrawe nie
maar na die vuur wou jy my stuur, om die vlamme van die hel te ondervind
en oor die oseaan, die veld het jy my asse geblaas en met trane my wel gewens.
[Verwysing: “Epitaph” deur Dorothy Parker.]
Grafskrif van ‘n leër van huursoldate (in antwoord op A.E. Housman)
In die tyd toe oorlog in die hemel uitbreek
het Satan heilige wesens verlei;
toe verskrikking daar kop uitsteek,
om oorlog te voer en rebellie te laat versprei.
Daar was die oproer en terreur beëindig
terwyl demone hulle na mense op aarde wend;
wat God geskep het, wou hulle opskort, hulle was aandadig
om mense tot vernietiging weg te lei en te skend.
[Verwysing: Epitaph on an army of mercenaries deur A.E. Housman.]
‘n Ander grafskrif op ‘n leër van huursoldate (in antwoord op A.E. Housman)
In die tyd toe die hemel bewe
en Lucifer ‘n engel van die lig
‘n derde van die eens heiliges
met hom saamneem
as huursoldate, duisternis sy eie maak,
toe hy homself gelyk aan die skepper God probeer stel
het daardie leërmag huursoldate geveg
teen Migael en Sy menigte,
verloor, in neerlaag geval
en Migael en Sy magte
het die rebellie beëindig,
het dit opgeskort
en die huursoldate het die prys
vir hulle bedrog betaal,
(as enige van hulle gesterf het,
het hulle dit verdien)
en hulle het soos komete uit die lug geval
en brandend, vlammend
het hulle na hierdie planeet gekom
wat nog wentel soos wat dit toe gedoen het
en hier het hulle leier die mens gevang
met ‘n slinkse stukkie bedrog,
hierdie wêreld in vernietiging
saam met hom probeer trek
maar as ‘n sterflike mens
het God hierdie aarde bewandel,
vir die mens ‘n prys betaal
om die demone se werk nietig te maak
en nog het die mens ‘n keuse
van waar sy toegeneentheid lê
en ten spyte van die teenwoordigheid
van huursoldate hier
oorvloei die harte van mense wat God eer,
met beginsels van liefde, opregtheid,
waarheid en genade.
[Verwysings: Epitaph on an Army of Mercenaries deur A.E. Housman en Another Epitaph on an Army of Mercenaries deur Hugh Macdiarmid in antwoord op A.E. Housman.]
Grafskrif van ‘n tiran
Hy het perfeksie nagejaag
maar in sy eie skilderye
was daar niks daarvan,
slegs die lyne van ‘n derde rangse kunstenaar.
Die menslike gees, die gedagtes,
die harte van mense
het hy baie goed geken,
het gepraat en gepraat
en as hy praat
het hy skares verblind
en toe die korporaal
skielik ‘n hoër rang het as elke generaal
was hy bevelhebber van hulle almal
en het hy vinnig aksie geneem
om die hele Europa te oorweldig,
om ‘n meederwarige lugmag uit te stuur,
met sy oorlog tenks in ‘n blits kryg,
om selfs so vêr te gaan
as die dieptes van Rusland
en hy het elke enkele Joodse persoon
verantwoordelik gehou vir al die foute van die verlede,
almal van hulle waarop hy sy hand kon lê vermoor
insluitende mans, vrouens, kinders en babas
en hy wou ‘n ryk bou
wat ewiglik blywend kan wees
en die digkuns wat hy uit gevind het
was brute mag deur die loop van ‘n geweer
en enige soort van dood en dan nog meer
maar soos met alle tiranne
het sy einde gekom
en met sy eie hand het hy
sy hond en vrou vermoor en toe sy eie lewe geneem.
‘n Antieke graf
(na Philip Larkin)
Getroon in hulle klip beeltenis
met honde by hulle voete,
hande saamgesnoer vir ewig
gebind deur rotse
is hulle Latynse name byna onduidelik
en tog kyk hulle alleen
in hulle verlatenheid na mekaar
in ‘n tipe soet vrede
asof hulle uiteindelik rus
en nog is hulle dood,
‘n graaf en sy gravin wat lankal rus,
uit ‘n ander tyd en eeu.
Die woorde is amper nie ontsyferbaar
maar het nog ‘n eie betekenis
van twee geliefde mense, wat met deurlugtigheid
na mekaar kyk met opregtheid
terwyl hy sy kaphandskoen vashou
in sy bedekte hand
en haar hand is in sy ontblote hand en net miskien
moet die grafskrif wees:
liefde oorwin alles,
selfs die dood en oorlog.
[Verwysing: An Arundel Tomb deur Philip Larkin.]
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kobus van Eden
DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'