Weergawe: 1
Aantal woorde: 158
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 21 Feb 2013
Hier is my “grook” tipe gedig “Asimmetrie” met “om kop te hou” as die aforisme:
Asimmetrie (Grook)
Niks kwel so erg
soos ‘n verkeer ophoping
wat die uitsig van die snelweg verberg
en om nog kop te hou is ‘n aardige tipe ding
met lorries wat brieke aanslaan
sodat hulle sleepwaens heen en weer gaan,
die een of ander ryk sot op kokaïne wat verby wil skiet
voor aankomende verkeer in, waar ‘n wit lyn dit verbied
en dan probeer insny
waar daar geen spasie is en mens byna van die pad af ry
maar koel soos ‘n komkommer hou jy kop
terwyl jy self met jou kar moet stop.
Voetnotas:
(1) “Kernagtige, pittige sin, gesegde, spreuk, byvoorbeeld rus roes” Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Ano
HOOP is 'n hulpmiddel vir persone wat sukkel om die dood van 'n geliefde te verwerk. Die hoofstukke is kort en aan die einde van elkeen is 'n paar vrae wat jy aan jouself kan stel. Vrae soos 'Van watter metodes maak jy gebruik om van jou rou af weg te vlug', of 'Hoe hanteer jy verjaarsdae en ander feestelike byeenkomste'? Hierdeur hoop ek die leser sal tyd in introspeksie deurbring en vir homself 'n paar antwoorde vind.