Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As daar nou een ding is wat my behoorlik die josie in maak, is dit hierdie nuwe gier waar bewerings gemaak word oor die groot rassiste en die oranje, wit en blou ens. (let wel: oranje wit en blou nie flippen blanje nie, ons is nie meer babas nie) Ens. Dit maak my SIEK!

Almal verkondig luidkeels “vergeet van die ou Suid-Afrika, kom ons lewe as een saam”, maar wat hoor jy weer: dis rassisme! Ja, ja dit is wat dit is!

En wat wil ek daaroor sê: WHATEVER!!!! Word groot, skrik wakker en laat leef! Ek meen, praat van hoe sleg dit was voor 1994, praat van nuwe vlae en nuwe volksliedere. Wie van julle het onlangs bietjie rondgekyk? Hierdie BEE, is niks anders as omgekeerde rassisme nie, die feit dat “only black south africans” nou ‘n aandeel in news24 ens. kry is omgekeerde rassisme! Ons Afrikaanse skole moet dubbel medium word – want Afrikaans is OOK rassisties! En dan kry hierdie arme sotte wat uitlatings maar oor ‘n flippen ou landsvlag wat gewapper het by die rugby!!!!! Wat de hel het die vlag aan iemand anders gedoen? Iemand vermoor? Iemand verkrag? En hoekom jou vere in ‘n “ruffle” kry daaroor? Omdat jy nie die guts het om dit te doen nie, nou kraak jy maar daardie persoon af, bevraagteken sy intelligensie en OORDEEL omdat ons uit die land uit vlug????!!!!! Get real!!! REGTIG!!!

Kyk mens kry petty en dan kry mens petty, maar hierdie vat die koek! Hier word van albei kante af weer gediskrimineer, niks in die lewe gaan meer oor meriete nie, maar oor kwotas. Jy kan nie decent werk kry nie, en dit is nie net die blanke volk wat kla nie. Jenipher wat saam met my werk as “domestic worker” het selfs al male sonder tal gesê, sy is moeg vir die ongeletterde mense wat in hoë poste geplaas word, SY sukkel om werk te kry want sy het ‘n gewone naam, nie iets soos gift of precious nie! En dan praat ek nie eers van plaasmoorde nie. “Kill the boer, kill the farmer”, het julle gesien hoe ons toi-toi? Nee want dit het nie gebeur nie!!!

Jy kan dit in 60 duisend mooi doekies omdraai, jy kan sê net wat jy wil, hoe jy wil vir so lank as wat jy wil. Daar is sekere dinge wat mens NIE prysgee nie, die eerste is jou geloof, die tweede is jou kultuur en die derde is dit waarin jy glo. As die oranje wit en blou so ‘n steen den aanstoot is, wel: learn to live with it! En die storie van “whites only” hey that cuts both ways, en dit gaan nie altyd oor die Kentucky papier en bier bottels nie – kan iemand onthou wat het met die Kaizer Chiefs gebeur? Ja, dit is selfs nie meer veilig om te gaan sport kyk nie.

Suid-Afrika is divers en daar is niks daarmee verkeerd nie, ek is nie skynheilig nie, ek is nie heilig nie, maar ek word ook kwaad! As jy wil diversiteit verkondig en reg en versoening moenie dat dit ‘n klug word nie. Dit is maklik om tussen die horde gatkruipers weg te kruip en jou stem dik te maak, dit is iets heeltemal anders as jy opstaan vir dit waaraan jy glo! Ek sal nie verander om by ander aan te pas nie – en die volgende vark (wit/swart/pienk/pers) wat dit durf waag om my privaatheid te skend, in watter vorm ook al, sal ek skiet!

Vir al die andre ben afrika’s daarbuite, dit is jou reg om aanstoot te neem oor die vlag wat gewapper het, dit is jou reg om kapsie daaroor te maak, maar dit is NIE jou reg om ander se integriteit of sy intelligensie te bevraagteken nie. Wie gee JOU die reg om te oordeel as jy nie wil toelaat daar geoordeel moet word nie…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.. Ou/nuwe Suid-Afrika debakel
Gegroet Natasha!

Oor 'n paar dae al vier jaar gelede geskryf, 1500 het dit gelees, en net nege het kommmentaar gelewer!

Skryf weer so iets en kom ons kyk hoe voel die mense nou ...
9 jaar 1 maand 19 ure oud


HOOR HOOR!!!
Het meer soos jy nodig!!!

Chim
10 jaar 7 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Powerfull!! Dankie vir hierdie stukkie! Ek het ook Andre Ben Afrika se werf raakgetrap en toe skryf ek 'Die Liberalis'. Ek's bly dis nie net my bloed wat gekook het nie! Jou hart sit op die regte plek!
11 jaar 4 maande 1 week 6 dae 10 ure oud


Diversiteit
Ja Natasha ek stem saam as daar dan diversiteit is dan moet daar plek gemaak word vir die boere en die blanke afrikaners ook!! Selfs by feeste en groot makieties ook!! en ons mag maar ons voortrekker outfits ook dra!!
DD
12 jaar 6 maande 4 weke 1 dag 6 ure oud


Debakel!
Ek is sooo trots op jou! Hoor!Hoor!
13 jaar 1 week 6 dae 21 ure oud


Amandla!
Ek skiet sommer 'n kat as ek hoor van die vlag en daardie vlag...en jou vlag en jou ma se vlag...klomp slangk@k as jy my vra. Ek het onlangs op ons plaaslike radiostasie(Algoa) se site dieselfde
vraag gevra en punte/feite aangehaal waarop ek nog vir sensible verklarings wag.
Great artikel nou is ek lus vir 'De La Rey' en Klippies & Coke!!!
Cheers
V
13 jaar 2 weke 3 dae 5 ure oud


ou en nuwe suid afrika
Hi

Jy het nogal 'n punt of twee beet. Dit lyk vir my wat die een se erns is is die ander se vermaak of so iets. Maar dit sê maar net weer hoe 'n diverse samelewing ons regtig is. Ai, hoe gaap ek nou al weer ...

warm namiddag groete

note
13 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


Nathasha, goed so!
13 jaar 2 weke 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar