Artikels

Titel: Die Hoof of nie die hoof nie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wil net kortliks kommentaar lewer oor 'n paar gedagtes wat ek hier en daar raakgelees het. Daar is 'n vraag of Angus se prediking dat mans die hoof van die huis is "reg" of "verkeerd" is. Eerstens, dis nie Angus se idee nie. Dis 'n opdrag wat amper soos 'n straf in Genesis uitgespreek is. "Hy sal oor jou heers..." Dit is dus 'n soort norm as mens dit so kan voorstel. Die man moet die hoof wees, hy is so aangestel, en in die Nuwe Testament verskeie kere so voorgestel ook. Weet net nie hoeveel van die "bemagtiging" is deur Konstantyn aanbeveel nie? (Moenie byt nie, ek gooi net aas uit!) Vervolgens het ek 'n stukkie gelees oor emansipasie. Lekker ou worstel-wortel. As Christus alles op Sy skouers kom neem het, al die foute en al die verdriet, beteken dit dan nie dat die heerskappy wat in die Tuinverhaal beveel is ook daarmee uitgekanselleer is nie? Is gelykheid dan nie juis weer "ingestel" nie? Bestaan emansipasie dus? Of is dit eerder 'n woord wat gebruik word by gebreke aan 'n beter of vervangende of meer beskrywende woord vir "regstelling van die vrou se plek as gelyke in die Tuin van die Lewe"? Is emansipasie die woord wat gebruik word om te sê mans aanvaar nie die regstelling nie? Net 'n vraag. 'n Laaste gedagte: Goed, ons wil mans as die hoof van ons huis hê, want ons dink hulle moet besluite neem en beskerming en liefde en al die wonderlike dinge gee wat 'n vrou van 'n man verwag. (Verwag? - Omdat dit sy rol in die samelewing is?) En mans verwag dinge terug van vroue, want die lewe is mos een groot onderhandeling: ek soek 'n brood, jy gee geld, of 'n koperdraad of iets, want ons moet gelyk eindig, of hoe? Terug by die laaste gedagte: As vroutjie-lief soet by die huis wag en lekker kossies kook en manlief troos as die lewe hom byt daarbuite, dan bedien en erken sy hom as "hoof van die huis". Waarom, as hy dit van haar MAG verwag, en dit KRY, is dit aanvaarbaar en MAG mans nog steeds nie 'n "mooi dingetjie" miskyk nie, en nog steeds ander warm plekkies OOK gaan opsoek? Waarom mag 'n man rondkyk "want hy is 'n jagter"? Waarom is 'n ander vrou se tentoonstelling van onweerstaanbare skoonheid en bates ALTYD 'n struikelblok vir 'n man want "mooi is darem mooi"?

DAAROM sukkel die man, met of sonder Angus se pleitinge (na aanleiding van die Bybel) om sy regmatige plek as hoof van die huis in die algemeen te behou, want hy het te veel en te maklik verskoning vir sy eie foute en tekortkominge. En vroue kyk nie meer anderkant toe en byt op hul tande nie. Emansipasie is kennis, mag, moed.



Kommentaar

Die Hoof of nie die hoof nie
Nogal waar wat jy sê!
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 4 ure 40 minute oud


Wie is Angus?
1 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 14 ure 32 minute oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar