Artikels

Titel: Die Japannese aardbewing en die doemprofete

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek ontvang ‘n epos van ‘n vriend wat ‘n boodskap ontvang het van een van sy gesigboek vriende.

“The end of the world is prophesised in 2011. It is starting with the huge earthquake in Japan!“

Hy was ‘n bietjie kopskuddend want die persoon wat dit vir hom gestuur het klink na ‘n redelike agtermekaar mens. Inteligent en voete plat op die aarde. Maar hy is amper ekstaties bly omdat die “tekens” begin het met die “moeder van alle aardbewings”. Maar is dit werklik so snaaks dat daar ‘n groot aardbewings in Japan is?

Japan is geleë op die sogenaamde “vuurring” waar daar groot tektoniese plate is wat aktief besig is om teen mekaar te skuur. Hierdie plekke waar die plate aan mekaar skraap is ook waar die meeste van die aktiewe vulkane in die wêreld is omdat die kors dunner is en daar plek is vir magma om te ontsnap. Dink maar aan waar ‘n eierdop kraak en dit lek uit. Basies net met ‘n baie groter eierdop!

Skakel - http://af.wikipedia.org/wiki/Aardbewing

Japan het ‘n lang harde verhouding met aardbewings. Hulle is ook die beste toegepas deurdat alle geboue gebou word om graad 9 aardbewing teen te staan. Dit is ongelooflik om wolkekrabbers te sien swaai! Kopieer gerus die skakel hieronder. Soos bome in die wind.

Skakel - http://www.youtube.com/watch?v=-xlUnl5jnIk

Al die groot aardbewings gebeur in die sogenaamde “vuurring”. En snaaks genoeg, die aardbewing het nie die groot dodetal veroorsaak nie. Dit was die ongelooflike krag van die tsunami. Dit was nederig om te sien hoe die watermassas vuurhoutjies maak met dorpe en hawens. Die krag van die water was enorm. En die aarbewing was nie eens die grootste een wat gemeet was nie. Die grootste was 9.3 op die Richterskaal. So hierdie een was die dogter van die moeder van alle aardbewings.

Aardbewings is al vir derduisende jare deur ons spesie ervaar. Maar met vandag se tegnologie en moderne boukonstruksie metodes is ons baie veiliger.

Maar die natuur kan nogsteeds ons swak verklaar soos gesien word met die tsunami. Maar met beter waarskuwing sisteme kan die dodetal verminder word, en baie mense is gered deur die Japannese sisteem, waar as daar ‘n aardbewing gevoel word, outomatiese waarskuwings op die tv’s geplaas word.

Ek het regtig ongelooflike respek vir die Japannese. Daar word al klaar gepraat van herbouing en die toekoms. My hart is regtig seer vir al die mense wat familie en vriende verloor het in die ramp. En sommige sal nooit regtig weet of hulle geliefdes weer vind nie. Innige meegevoel as u as leser iemand in die ramp afgestaan het.

So moet nie bekommer wees oor die einde van die wêreld nie. Daar is baie dinge in die natuur wat die wraak van ons mitiese gode klein laat lyk.

Maar die mense wat sê dat die wereld gaan eindig in 57 dae... ek skat ‘n verskoning sal seker in orde wees op 12 Mei 2011. Of beter, hier is ‘n mening. Skenk al julle bates aan die Rooi Kruis. Sommer vandag.

Ek bedoel, as dit alles wanhopig gaan eindig op 11 Mei maak dit mos nie saak vir jou wat daarna gaan gebeur nie of hoe?




Kommentaar

-
@Sneeuwolf: Karma is 'n bitch...
1 jaar 2 maande 5 dae 13 ure 26 minute oud


Aardbewing...Japan
Aap, Punte vir jou skrywe. Dit pla my so, hierdie vrees van die mensedom om te vrek. Almal wil net die 'nice to have' hê.Ek is die laaste om te verwens. Feit is: Op bls. 2 van afgelope Son(dig?) koerant is foto's van die dolfyn uitroeiing.
Dit is nie reg nie! Ses spesies Walvisse al opgevreet! Liewe Hemel, as die Japs dan só smart is, kan hulle nie protiën kweek, groei, maak nie? Waarom die Skepping opvreet.
Die gebeurtenis het darem so 'n klein speek in hulle wiele gegooi. Laat hulle VREK!
1 jaar 2 maande 1 week 1 dag 19 ure 32 minute oud


Voete op die Aarde
‘n Baie relatiewe en aktuele punt wat jy hier aangeraak het.

Is dit nie tragies dat veral die Westerse wêreld – die mensdom wat leiers op die gebied van die wetenskappe en meegaande navorsing en ontdekkings is – ‘n geloof aanhang waarvan die crux op fatalisme gebaseer is nie?

Lekker om te sien dat daar mense is wat die voete vierkantig op die aarde het wat hierdie dinge betref.
1 jaar 2 maande 1 week 1 dag 19 ure 54 minute oud


Emotionele Tsunami
Dis vir my tog te goed dat die een wie hulle glo God self is self verklaar het dat hy nie eers geweet het wanneer "die einde" sal aanbreek nie maar die wat hom as God self aanbid weet blykbaar meer as die een wie hulle aanbid. Weird.

Miskien spoor die voorspellings die wat die dinge glo darem aan om vir 'n wyle meer bedag teenoor ander te wees, net incase dit hulle uit die hemel sal hou maar ek vermoed dit gaan eerder 'n paar mense se senuwees gedaan maak.

As genoeg mense dit glo behoort dit die dae rondom die elfde nogal interresant te maak. Dis jammer dat dit waarskynlik 'n hele klompie kinders wie se ouers die dinge preek in 'n onnodige emosionele krises sal dump. Beste tot die sesde en dieselfde tot die elfde.
1 jaar 2 maande 1 week 2 dae 38 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar