Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die stelling "die jeug van vandag" is al holrug gery. Dit maak ons jeug absoluut moedeloos om altyd daardie geykte uitdrukking te hoor. Ons lewe in 'n wêreld wat ons blootstel aan allerlei dinge (en glo my ek gebruik dit nie as 'n verskoning nie). As "grootmense" mooi daaroor dink sal hulle besef dat dit as gevolg van hulle gejaagdheid is dat ons jeug vervalle geraak het.

Kom ons ontleed die situasie. Hoeveel ouers stop die kinders nie 'n paar honderd rand in die sak en gaan laai hulle by die naaste inkopie sentrum af nie? Hoeveel ouers vat hulle kinders (en die hele gesin) saam kerk toe elke Sondag? Hoeveel ouers spandeer kwaliteit gesin tyd saam? Hoeveel ouers het genoeg tyd om nog 'n slaaptyd storie vir hul kinders te lees? As ons eerlik met onsself is, is die antwoord: minimaal tot geen. Ons leef in 'n kits wêreld met kitsoplossings. Deur vir my tiener geld te gee, beteken dat ek meer alleentyd het. Deur nie op te staan teen hulle rebelse kleredrag en taalgebruik nie verhoed ek konflik? Is dit wat ouerskap deesdae moet wees?

Ons word gesê dat as ons swanger by die huis aankom ons afgeskryf gaan word, geen wonder daar is dinge soos aborsie nie? Wat het geword van ouer liefde en ondersteuning? Hoekom word ons as jongmense uitgekryt vir hoere en prostitute en wat nie nog als nie? Het julle die fondament gelê toe ons klein was? Het julle ons ondersteun toe ons gevoel het ons kan nie meer vêrder nie?

Ek weet ook dis nie net die ouers wat moet pa staan vir ons gevolge nie. Ek is nie 'n sielkundige nie en gaan ook nie maak of ek al die formules verstaan om te bepaal of mense normaal optree of nie, maar as ons almal vir 'n oomblik stilstaan en terug kyk gaan ons met 'n pang agterkom dat die wêreld nie so wonderlik is soos wat almal ons dit wil maak glo nie. Die gebrek aan raad en bystand van ouers maak dat tieners oplossings in die samelewing soek en watter antwoorde kry hulle? Gaan sit aan jou TV en kyk? Voorhuwelikse seks, drank en dwelm misbruik, aborsies. Welkom in tiener land 2006. Dit is waaraan ons daagliks blootgestel word. Wat taalgebruik betref wil ek nie eers begin nie. Die universele taal is engels. Met ander woorde al hoe meer AFRIKAANSE ouers sit hul kinders in ENGELSE skole. Ons matrikulante word na skool oorsee gepos om daar te gaan aanstruikel. Geen ondersteuning meer nie. Nou wil julle terug draai en vingerwys na ‘n vervalle jeug!

STOP! STOP en kyk rond! Daardie tiener met die “punk rock look” is ‘n onseker mens wat uitroep na aandag, aandag wat jy nie bereid is om te gee nie! Daardie rebel tiener met die “attitude probleem” is die tiener wat uitroep na iemand wat geen belangstelling toon nie. Toe volmaakte ouer, gaan doen bietjie introspeksie en gaan kyk of jy die perfekte ouer is voordat jy ‘n perfekte tiener verwag? Gaan kyk waar het jy gestop om die krakies aan daardie stamboom raak te sien. Wanneer het status en glorie vir jou belangriker geword as die leerskool waardeur jou kind moes gaan. Dan sal jy ook agterkom dat jy ‘n groot stuk van daardie kind se vormingsproses gemis. Om te spog met jou kind(ers) is wat meeste ouers wil doen, maar waarom begin ons “grootmense” nie ook lewe dat ons ouers iets is om mee te spog nie. Dit is darem maar iets om na uit te sien. Hoe lyk jou nabetragting spieël?



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Die jeug van vandag
Natasha, jy het beslis 'n skrywerstalent maar nog nie ondervinding van kinders grootmaak nie. Kinders grootmaak is sekerlik die moeilikste werk wat daar is. In my kinderdae was dinge soveel makliker - daar was nie tv, rekenaars of selfone nie, maar kwaliteittyd saam met ons ouers. Deesdae moet albei ouers werk om die kompetisie onder die hedendaagse kinders te bekostig en etes word voor die tv geëet - dus geen geselstyd nie! Ouers maak ook die fout om eerder hul kinders se maats te probeer wees as om ouers te wees! Enige kind, hoe rebels ook al, het riglyne en reëls in hul ouerhuis nodig. G'n wonder die sielkundiges floreer nie! Gaan lees gerus my ''n Toer deur gister'.
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 14 ure oud


Die Jeug van Vandag
Natasha, ek stem gedeeltelik saam met jou wat die situasie met die jeug betref, maar dis 'n ander storie. Wat ek hier vir jou wil sê, is dat jy 'n wonderlike talent het en dat jy asseblief nooit moet ophou om te skryf nie. Louis Basson
7 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 9 ure oud


Die Jeug van vandag.
Natasha.. Mesiekind, ek sien jy is nog jonk, maar jy vertoon 'n volwassenheid wat selfs sekere grootmense nie kan toon nie, hiedie wonderlikke talent van jou moet jy nooit laat vermors raak nie, ek as ouer van drie kinders almal vandag volwassenes, het my lewe gewy aan liefde aandag en kwaliteit tyd met my kinders en pluk vandag al de mooiste en ryp, sappige vrugte daarvan, ek hoop dat sommer almal die stuk sal lees en 'n les daaruit neem. behalwe vir die argitektuur wat jy swot, moet jy absoluut voortbou op die wonderlike skrywe van jou, en hoop om nog sommer baie van jou artikels en gedigte te lees, Briljant Nooi. Sakkie
7 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 14 ure oud


Okay? So? (Ha-ha, 'n klein grynslaggie van 'n jeugduge met 'n attitude probleem)
7 jaar 11 maande 3 weke 2 dae 16 ure oud



Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar