Weergawe: 1
Aantal woorde: 943
Kere gelees: 95
Datum gepubliseer: 07 Oct 2011
Aangesien “'n ander skrywer” (kom ek wees ook kamtig beleefd) dit die moeite werd geag het om op my griffel oor tyd en die ooglopende onmoontlikheid van “time travel” te reageer met 'n lang relaas voel ek lus om 'n meer woordryke reaksie te toon as wat ek in my kommentaar gelewer het, net incase iemand rêrig belangstel in dit wat werklik die geval is.
Wat is tyd?
Daar bestaan nie regtig in die gegewe werklikheid iets soos tyd nie, die dat van die einde van tyd gepraat kan word. Nie omdat tyd regtig bestaan en eendag tot 'n einde gaan kom nie maar omdat alle bewustes daarvan bewus sal word dat tyd net 'n dagdroom is en nie regtig bestaan nie. Jesus, die Samaritaanse Nasireër, het dit begryp en daarom het hy en die wat deur sy teenswoordige praatjies daarvan bewus geword het van die einde van tyd gepraat.
Tyd is 'n begrip wat 'n paar vlakke van abstrahering weg van die werklik gegewe ontstaan het. In die werklikheid is daar net die onmiddellik teenswoordige. In die onmiddellik teenswoordige gebeur daar ontelbaar baie dinge. Dit gebeur opeenvolgend en watookal gebeur gebeur altyd in onderlinge afhanklikheid van wat saam met dit gebeur, wat reeds gebeur het en wat moontlik kan gebeur.
In afhanklikheid van die drieledige onderlinge afhanklikheid ontstaan die drie begrippe “verlede”, “hede” en “toekoms” een vlak van abstrahering verwyderd van die werklik gegewe tydlose ewige.
Omdat die dinge wat voortdurend gebeur herhalend, ritmies oftewel patroonmatig gebeur, gebeur dit dat bewussyn dit wat nie meer gebeur nie verbeel as iets wat in die “verlede” gebeur het asof daar regtig 'n verlede as 'n werklik bestaande is, dit wat nou gebeur asof dit net in een “oomblik” gebeur die “hede” en dit wat ons ons verbeel nog gaan of kan gebeur as die “toekoms”. Niks kan in net een oomblik gebeur nie.
Dit is moeilik om met woorde in 'n taal wat ontstaan het in afhanklikheid van hierdie vals afleidings oftewel abstraherings die werklike situasie te beskryf en omskryf maar ek skryf nogtans daaroor “om die tyd verby te kry ;-)” en denke rondom die onderwerp te stimuleer in die wat so bedraad is dat hulle dit kan begryp. Nie almal is daartoe in staat nie.
Dit is alles verbeeldingsvlugte maar dit maak dit nie heeltemal onwerklik nie want dit is die enigste manier waarop sinvolle bewuswees van enigiets kan plaasvind. Die hele “werklikheid” van alledaagse bewussyn is soos 'n moerse groot magiese verksynsel en dit vul die oneindige ruimte, nog 'n abstrahering waaroor ek dalk op 'n “later” stadium sal skryf.
Dit alles val onder “realtiewe waarheid” omdat dit praktiese nut het. Dagdrome soos “timetravel” val onder “simpel idees” omdat dit geen nut behalwe oppervlakkige vermaak het nie. Ek laat dit daar sodat die vir wie dit gegee is van die grondlegging van die heelal af om te kan deurdring tot die absolute ewige waarheid om daarmee te speel in julle verbeeldings totdat bewussyn as sulks dit ervaringsgewys herken.
Vir die vir wie dit nie gegee is om dit te kan begryp nie, gaan speel met syfers, karretjies, poppe of watookal jou laat goed voel, dis waarvoor jy gemaak is, om te speel en vir ons om mee te speel.
Nou voel ek lus om “die ander skrywer” se argumente wat op die vlak van relatiewe waarheid 'n bestaan voer te ontleed omdat ek sulke speletjies geniet.
“Die "tweeling paradoks" is maklik om te beskryf. Dink aan 'n identiese tweeling ongeveer 21 jaar oud. Die een bly tuis. Die ander een reis na 'n ster sowat 4 ligjare ver teen 'n snelheid ongeveer 90% van lig.” sinvol
“Tyd neem stadiger toe vir hom gedurende die reis as vir sy ander broer.” Kak
Hoekom? Dat tyd kan rek of krimp is 'n vals aanname gebaseer op die vals aanname dat die spoed waarteen iets soos lig beweeg enigiets met die verloop van tyd te doene het en alle argumente daarop gebaseer, al is dit logies hoe geldig, bly vals.
“bla, bla , bla” irrelevant
Nee wat, sy argumente bestaan nie eers op die vlak van relatiewe waarheid nie. Dit bestaan wel op die vlak van kakpraat weens gebrek aan insig in die werklike aard van tyd wat in afhanklikheid van 'n gebrek aan insig in die werklike aard van die werklikheid bestaan. Hy ly aan nommergefoktheid.
That's it.
By the way, Einstein se relatiwiteitsteorie het eers vorm in sy brein begin kry nadat hy aan die leerstellings van die Boeddha bekendgestel is deur die Teosofiese vereniging en was gebaseer op sy misverstaan van die Boeddha se leerstelling genaamd “pratītyasamutpāda”(Sanskrit) wat ek as “onderling afhanklike ontstaan” vertaal omdat Germaanse tale (ontstaan rondom 500vC) nie dieselfde verfynde begrippe as die ouer taal, Sanskrit (ontstaan rondom 1500vC), oorgedra het vanuit hulle gemeenskaplike voorloper nie.
Dit was weens die suiwer Germane weens inteling al hoe meer kokaai begin dink het en sulke begrippe later nie meer nie kon begryp nie. Daai ander skynheilige skrywer is reg, hy dink nes die Germane van daai tyd toe hulle van die wal af in die sloot geval het en kyk net waar het hulle opgeeindig op hulle kruin, by Hitler en by die atoombom en dit omdat hulle nie sinvol oor die nagevolge van hulle kokaai denke en aksies kan nadink nie.
“Tyd is aan my kant” (en so ook die ganse heelal)/God