Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

...ek bring rose ...

Amper sing ek vir ma A.G. Visser se “Liefste Tannie ons bring rose”. Giggel lekker daaroor. Dit wil-wil sê wat ek wil sê.

Weet ma dat ma my held is? Baie mense het bekendes, beroemdes en berugtes as hulle helde. Vir my is ma my held. Meer as wat enige beroemde of berugte ooit sal wees. Ek wil nie sê dat ek sonder ma en ma se gebede nêrens sou kom nie, maar met al ma se liefde en gebede is ek waar ek vandag is.

Eendag het iemand my gevra of ma ooit vir ons bid. Ek het vir die lawwe man gesê hy moet net gaan kyk na my ma se knieë. Daar sal hy die eelte van baie gebede sien. Tot vandag glo en weet ek dat daardie eelte (of dit nou fisies of geestelik is) die rede is vir broer en ek se sukses.

Ons is saam deur baie skommelings en storms en stofwolke. Elke keer het ons ander kant gekom en besef van hier af kan dit net beter en nie slegter nie. Ek weet dat daar baie dae was wat ma net wou handdoek ingooi, omdat dit net te veel was, maar my held, my ma, het nie. My ma het opgestaan, rou hande en stukkende hart en vorentoe gestoom. Letterlik.

Ek onthou hoe ma moes baklei vir ons toekoms. Hoe ma nagte om gelê het van dink aan hoe om vir ons te sorg. Ek onthou hoe ma ure omgesit het by die hof om te hoor of hy darem ietsie gestuur het vir ons. Ek onthou ook die trane as ons nogeens seer gekry het en ons harte aan skerwe lê. Ek onthou hoe ma tienerjare en tweedejaar giere deurstaan het met knieë op die grond en tande kners. Skies ma as ons ma se tande gebreek het.

Vandag moet ek om verskoning vra vir tiener-tantrums en tweedejaar geite. Vandag moet ek jammer sê vir hardkoppig en stout wees, want, o, ons was stout! Baie! Daarvoor is die letsels op knieë en vingers en rûe sprekende voorbeelde.

Ma, ek’s lief vir Ma. Ek wíl vir ma sing, “Liefste mamma ek bring rose” (dankie oom A.G.). Ek wil vir ma sê, ma ’t my geleer opstaan. Ma ’t my geleer voortgaan, en ma het my geleer daar is weer hoop na die dag van more.

Ma, ek is lief vir ma! My ma, my Held.

© Naomi Smit



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die koerant 2
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die SA HELDE projek.
4 jaar 1 maand 4 weke 23 ure oud


Koerant
Uitsonderlike ode aan 'n Moeder en 'n regte tranetrekker. Dink ieder en elk vereenselwig hiermee. Welgedaan.
4 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Treë na Innerlike Genesing

deur Leonard John Holmes

Hoe werk mens deur die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer jy die depressie, haat en selfverwyte op ’n jong ouderdom? Hoe vind jy God as jy Hom nog nooit persoonlik geken het nie?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar