Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Kort epiese gedigte waarin die liriese element ontbreek of swak is, kan as verhalende gedigte beskou word. In hierdie tipe gedigte is die digter objektiewer as in byvoorbeeld ballades. As die gedig ‘n gemoedelike vertel toon het is dit ‘n vertelling in die verse.

Heelwat van A.G. Visser se gedigte is vertellings in verse. Sy “Amakeia” is ‘n goeie voorbeeld van ‘n verhalende gedig. C.M. van den Heever se “Die wagtertjie stap,” val ook onder hierdie versform. Volgens inhoud kan ‘n verhalende gedig ook weer ingedeel word as sages, sprokies, legendes of fabels. Die inhoud bepaal dus of ‘n gedig gesien word as een van hierdie genres. ‘n Verhalende gedig is ‘n gedig wat ‘n kort verhaal, of vertelling oordra.

Johann Lodewyk Marais het die vermoë om van sy gedigte weg te skryf van homself na sy jeug wêreld op die plaas en oomblikke in sy lewe soos in sy gedigte “vakansie,” “Flits uit ‘n jeug,” “Poolse werker,” “knipsel.” In sy bundel “palimpses” kry ons indrukke van ‘n klein geskiedenis van die verlede in die Vrystaat met figure uit daardie tyd soos weerspieël in sy gedigte “hengelaar” en “jagter.” Verder gaan daardie bundel dan ook oor die lewens van die swart mense en die vertrek vanaf die plaas.

Hier is my eie weergawes van “Amakeia” en in die tweede gedig het ek ‘n toepassing in die hedendaagse land. ‘n Klein klompie van die ander gedigte wat ‘n verhaal oordra, waarop mense my al gevra het om al die gebeure in prosa verhale te skryf is ook hier te vind:


Amakeia

Beskut deur berge
en deur bosse oortrek
staan die bouval
van ’n hartbeeshuisie,
waar die skadu
van die verlede
nou nog dreigend
swaar oor val.

Sussend het die ou swart huishulp Amakeia
’n wit pionier se baba
daar saggies aan die slaap gewieg
en was sy getrou
met haar belofte,
om die kind
daar groot te maak.

Toe sy gewaar
dat gevaar nader sluip
het sy met die kind
in die berge
weg gaan kruip.

Toe die nag duister kom
ratel die asgaaie
teen die skilde
van ’n horde Maxosas,
wat jillend dierlik
om die vrou en kind saamdrom.

Geen smeking kon die lemme
van die spiese keer
waar die vrou met haar liggaam
die kind probeer beskut
en die wilde barbaarse bende,
steek die vrou en kind
weer en weer.

As die winterwind in die Amatola klowe huil
kan geen duiwel nog hom daar verskuil
en sny die lied
van die ou vrou
dwarsdeur murg en vlees,
terwyl sy sing
vir die kind om stil te wees
en die moord op kind en vrou
nog steeds regdeur
’n volk van barbare slaan.

[Verwysing Amakeia deur A.G. Visser. Voorval in die oorlog van 1834.]


Amakeia toe en nou

I

As daar ooit verraad
teen menslikheid was,
bring die slagting
van die ou swart vrou Amakeia
wat die klein wit kind
probeer red
en met haar eie lewe betaal
dit op die voorpunt.

Spiese wat neer reën
op ‘n onskuldige kind en vrou
gedurende die 1834 oorlog
is ‘n blik wat mens se gedagtes
altyd vashou
en ek voel nog my arm hare rys,
terwyl ek assegaaie
in die son sien blink
en ‘n hartebees huisie
tot die grond sien afbrand
en weet hoeveel redelose haat
die Maxosas in hulle harte moes koester
en selfs die elemente
steeds die kind probeer sus.

II

Dis helder oor dag
en inbrekers staan
by ‘n huis se deur,
so asof geen Polisie
of enige sekuriteit
hulle kan keer nie.

Hulle is met oorlogstuig bewapen
en geen lewe
het vir hulle enige waarde nie
en om te moor en te verkrag
kom soos tweede natuur,
so asof die opperste demoon
hulle dade beheer en bestuur.

Spaar net die kind
en spaar vir my
vra die getroue bediende
met trane wat van
haar wange afloop
en hande wat vir
die klein kind keer
en dis ‘n Gods wonder
as daardie rampokkers
hulle enigsins aan haar steur
en as daardie mense
dan dit oorleef
en in ‘n kamer toegesluit word
terwyl die waardevolle goed gebuit word.



[Verwysing: Gedig “Amakeia” deur A.G. Visser.]




Ballade van die entrepreneur

I

Op pad na die kantoor
staan Jakaranda bome in blom,
hier en daar keer iemand my voor

vra of ek dalk ‘n sigaret het
sommige probeer ‘n rand of twee kry
en die lig is verskriklik skerp na die nagtelike pret.

Daar’s rook walms wat by Yskor uit krul,
‘n trein loop kreunend op die spoorlyn verby
terwyl masjiene onophoudelik brul

Die meisie by ontvangs glimlag vir my
en buk sodat ek welgevormde borste sien
voor sy ‘n bloedrooi bloos kry,

manne met wit jasse en wit helms aan
in my kantoor in bars
en ek vinnig op syfers en sketse my aandag slaan

totdat alles om ons meteens verstil,
‘n donder slag van uit die fabriek opklink
en daar’s iemand wat aanhoudend histeries gil

sodat ek in dolle vaart afhardloop
na waar daar rook wolke uitslaan,
waar mense in ‘n warboel gesprekke aanknoop.

II

‘n Werker is dood, morsdood geskok
van ‘n masjien waarvoor ek die planne optrek
en ander werknemers is van hom afgehok.

Die vrees sny deur my
dat ‘n mediese dokter moet kom
en dat ek hom sal moet vermy.

Dadelik is daar veranderings wat ek maak
sodat niemand ‘n vinger op my kan lê,
voordat hy aandag kry en ek meer kalm raak

en aan sy vrou sal ek sê dat hy net onnosel was
self riglyne oortree het,
nie by die maatskappy se planne wou inpas.

Die werkers is half verlam van skok
waar hulle met mekaar staan en praat
maar werk voort, van mekaar afgehok

terwyl ambulansmanne die dooie uitdra
en ek en die dokter ‘n gesprek voer
oor sy nalatigheid en hy my nie verder uitvra.

Daardie middag in die kroeg
versuip ek my bekommernis
en voel daar tam en moeg.


III

Die dae snel verby
terwyl dinge by die fabriek voorspoedig gaan
maar saans spook die dooie man by my

totdat ek die dinge nie meer kan vat
stemme hoor, gesigte sien en my eie polse sny
en sien hoe bloed in alle rigtings spat.

Waar ek in ‘n gestig tot my sinne kom
staan mense met wit jasse rondom my
met hulle gesigte deur maskers vermom

en ander pasiënte is van my afgehok
waar ek aan ‘n bed vas gegespe is
voor een ‘n hefboom druk en my skok

en die vrees sny nou dwarsdeur my
toe nog mediese personeel en dokters kom
en ek hulle wil vermy

maar weereens nog meer skokke kry
en gister, eergister en die ander dag verdamp
en ek’s van al my sorge vry

en my siel is weg gestroop,
ek weet skaars wie en wat ek is,
as iemand ‘n gesprek met my aanknoop.

[Verwysing: Ballade van die grysland deur D.J. Opperman.]



Ballade van die wag bevelvoerder

I

Met skemering sak die son vuurrooi
agter die bosse weg
waar dit in prag, ‘n beeld oor die bosveld gooi.

Daar’s wagte wat ek as bevelvoerder inspekteur
waar hulle netjies in ‘n peloton staan
en ek hulle een vir een bekyk en toe dwarsdeur

hulle na die wagkamer op die skiet toring stap
en in die kamp in die operasionele gebied
is alles agtermekaar, gedra die wagte hulle knap.

Vroegaand kom speel ‘n ander offisier
‘n potjie skaak teen my
en ons drink yskoue glase bier

maar hoe later dit word is dinge stil en rustig
asof dit net nog een aand uit ‘n duisend is
en vir ‘n tyd lank volg ek dinge nog aandagtig

tot die skaduwees lank teen die mure uitrek,
my onder offisier lang gape begin gee
en ek my op my kampbed uitstrek

hom maan om die fort te hou, ek vaak raak
die slaap my ooglede toetrek
toe ‘n ontploffing my wakker maak.


II


Iewers in die kamp bars nog ‘n bom,
ek gryp my wapen beveel die skiet toring om te vuur
en die vrees is by my – dat die generaal gaan kom.

Ligspoor koeëls sny spore deur die nag,
fakkels word afgevuur
dit word buite helder soos dag

en ons skiet in die bosse in
terwyl ek nie kan pyl waar die vyand is
en weet nie mooi waar het die geveg begin

In die kamp bars nog ‘n bom,
ek sien ‘n eie troep ‘n handgranaat gooi
en staan heeltemal verstom

en die vrees is by my – dat die generaal gaan kom
wat gaan ek sê oor wat hier gebeur,
verslag gee oor die manne onder hom?

Dis duidelik dat dit geen vyandelike aanval is
van die wagtoring af lig ek my geweer
as dit knal is dit ‘n eie man, ‘n kennis

wat ek neerskiet voor hy nog handgranate gooi
en almal meen dat ‘n vyandelike koeël hom tref
terwyl hulle die bosse met mening looi.

III

Die oggend is grou
en reënerig as die dag breek
terwyl vrees om my vou

waar ek rekenskap moet gee
oor manne in drie tente wat gewond is
en die dood van een dra ek met my mee

terwyl soldate buite die bosse fynkam
met ‘n knop in keel
en ek weet dat daar geen vyand is en voel tam.

As ek ‘n helikopter sien is duidelik dat die generaal kom
en die Here weet dat ek ‘n eie man moes skiet,
wat sal ek van die paraatheid van sy kamp kan wys aan hom?

Deur skrefies oë op die paradegrond
staan ek en van my troepe
en daar’s agt manne onder my verwond.

Die stof slaan op wat die lemme opwaai
terwyl die helikopter land
en die lemme stadiger draai.

Uit die stofwolk stap drie figure uit
met die generaal wat onverbiddelik lyk
terwyl my ore van die enjin van die vliegmasjien tuit.

[Verwysing: Ballade van die grysland deur D.J. Opperman.]


Die veld is rondom my

Die veld is rondom my
en ek is agter vyandelike linies
gekamoefleer, geklee in
militêre uniform, met spoorsny stewels aan,
waarvan die sole
amper soos hardloop skoene is,
met ‘n wapen in my hande

beskou, verken ek vyandelike soldate
wat verby ry
met bakkies, motors sonder dakke
en in lorries en hulle wuif gewere
in die lug, vuur soms
terwyl hulle verby gaan.

en skielik is daar ‘n jong seun
saam met my
geklee in ‘n blou kort hemp
en grys kort broek
(laerskool klere registreer dit by my),
maar hy lyk veels te jonk vir skool
en loop kaalvoet.
reg langs my.

Waar ek ook al hardloop van bos tot bos,
kat loop, luiperd kruip
en agter bosse wegkruip
en nader en nader aan vyandelike posisies kom,
bly hy soos ‘n skaduwee reg aan my sy
en hardloop, loop en staan oop en bloot

en dit treiter my
en hy hou aan om met my te praat
en ek is bang dat hy aandag op ons kan trek
en sê:

“Gerrie, kom lê hier.
Kruip weg agter hierdie bosse.
” Hou op praat. Jy sal die vyand van ons bewus maak.”

Glad nie bekommer
soos wat ek in my kinderdae
in die bos geloop het en geïgnoreer was
deur die plaaslike bevolking wat verby gaan,
kyk die seun na my en skud sy kop
as hy vra:

“Waarom skiet die vyand in die lug,
terwyl hulle verby ry?
Waarom roof hulle
soms hulle eie mense?”

Ek besef dat dit my eie gedagtes is
en kyk weer na die kind
en sien my jonger self,
met kinderlike onskuld
wat my vergesel.


‘n Jagluiperd

Deur sommige gesien as die katjie
van die wilde kat familie,
maar dis geen grap
as daar op ‘n spoed van
een honderd en tien kilometer per uur
‘n meter en ‘n half lange jagluiperd
van sestig kilogram op jou afstorm

met ontblote tande
en uitgestrekte deurborende kloue
en die geelbruin pels met swart kolle
glans en ek sien die borsspiere
saamtrek in krag
en op patrollie, is ek gereed om dit neer te skiet

maar vries soos die Boesman spoorsnyer
met die finale rigting daarvan wat my afweer
van skiet
met die kragtige ligte masjiengeweer
en in gedeeltes van ‘n sekonde
flits die jagluiperd verby

op spoed op pad na ‘n rooibok
wat ek nie voorheen raakgesien het nie
waarvan die oë wyd gesper van skrik is

en in ‘n oomblik pootjie die jagluiperd dit
met kake wat om die keel daarvan sluit
en in ‘n wolk rooibruin sand
word dit neergetrek en lê die jagluiperd bewegingloos
totdat die wildsbok ophou spartel.


Op ‘n spoor


Ons is warm op ‘n vars spoor
en die Boesman spoorsnyer sê
dat die vyand nou naby aan ons is,

as ons deur digte bosse sny
en onder hoë bome deurloop
en as ek opkyk sien ek iets op ‘n tak,

daar gekamoefleer, gespikkel in die skaduwee in
en geel oë gluur af na my
gevul met woede, met energie

en verstom meer as enige iets anders
bring ek die geweer op teiken,
maar die gelaaide energie,

smelt met luilekker grasie
in die boom in
asof dit nie van my, van ons bewus is nie.

Ons loop deur ‘n oopte,
in die oop veld in, waar heup hoë gras verbrokkel
word deur ‘n klompie doring bosse.

‘n Massiewe leeu met ‘n swiepende stert
bars uit een van die bosse
en hardloop op volle vaart

en ons vries almal in ons spore
met wapens gereed
en dis asof
die ligte masjiengeweer se sneller my uitlok
om die dreigende dier uit sy spore uit te skiet

en op daardie oomblik is ek verlig
dat dit nie die luiperd is nie,
wat van een na die ander van ons
sal spring met groot spoed

en vinnig na mekaar
die lot van ons sal probeer doodbyt,
as ‘n ekspert bobbejaan jagter
dus ook ‘n spesialis met die doodmaak van primate

maar die spoorsnyer wys egter met ‘n handgebaar
vir ons om te wag toe hy die leeu sien
en die groep spesialis soldate

is gereed om te dood,
toe daardie leeu met swiepende stert reg voor my,
tot stilstand kom
en ek kan nog steeds die stink asem daarvan ruik

toe dit brul met kake wyd gesper
en skrik my maag soos ‘n magtige vuis tref
en ek kon dit neerskiet,

dit van die grond af blaas,
maar die woestheid, die prag van daardie gedierte
weerhou my asof ek besig is om net te droom

en ek kyk na die geel tande, die pienk rasper tong
en is totaal bewegingloos,
probeer om die gedierte neer te staar
en skielik draai dit om,

loop terug in die veld,
die bosse in, soos ‘n mak katjie
verdwyn dit in die gras, smelt daarin weg.


Die spoor


Ons was ingevlieg
met ‘n Puma helikopter
warm op die spore
van ‘n groep terroriste
wat plase aangeval het.

‘n Boesman spoorsnyer was voor
op die spoor, gewapen met ‘n ou R1,
twee van die seksie
was gewapen met LMG’s
en ek het ‘n kort loop R5 gedra
en dit was baie warm
onder ‘n ongenadige son.

Die spoorsnyer het aan ons vertel
dat een van die vyand gewond is
en op plekke
het ons druppels bloed gesien
en dit het gelyk asof hy
sy been sleep
volgens die spore wat hy laat.

Die pas was vinnig
aangesien ons hulle wou keer
voordat hulle die kaplyn kruis
terug in Angola in
en ons was op ‘n drafstappie.

Skielik was daar ‘n vuurgeveg
in die verte
en skote het weerklink
soos uit AK-47’s
en ons het ons wapens gespan
en spoed gevang,

nie wetend of ‘n ander patrollie
of wie of wat
die vyand teëgekom het nie.

Toe ons op die toneel kom
was die gewonde terroris dood,
vertrap deur ‘n buffel
wat hom deurboor het
en toe sy vyande se spoor gevat het.

Hy was agtergelaat
deur die groep
wat op die buffel geskiet het
en net daardie swart gedierte verwond het
en voor dit weg gehardloop het.

Die Boesman het geglimlag
en sy kop geskud
gelag oor die dade
van die onnosel terroriste
en ons was warm
op die spoor van die buffel.

deur ‘n rotsagtige wadi
verby ‘n klompie bosse
en in langer gras in het ons gevolg
toe die oë van die spoorsnyer
skielik so groot soos pierings word
en hy omswaai
en verby my strompel
sy geweer op die grond
reg langs my laat val
en vir sy lewe weg hardloop.

Dit was nogal snaaks
om ‘n man te sien hardloop
wat menigte vuurgevegte
saam met my deurgemaak het
sonder ‘n tikkie vrees
en nou hardloop
asof die duiwel self
op sy hakke is
maar die buffel
het op sy spore omgedraai.

Ek het daardie Afrika Buffel bul gesien
met oë wat amper rooi gloei
en neusgate wyd oop gesper
en horings laat sak
en het geweet
dat my geweer dit nie kan keer nie
en as ek dit nie keer nie
ek waarskynlik dood sal wees
maar die R1 sou waarskynlik kon
aangesien die groter metaal koeëls daarvan
regdeur bome trek.

Dit moes die vinnigste wees
wat ek ooit ‘n geweer
verruil het vir myne
dit tot my skouer gebring het
en geskiet het
en ek kon skaars
my geluk glo
toe daardie buffel bul
by my voete neerslaan.

[Verwysings: R5= ‘n korter loop weergawe van die R4 met invou kolf. LMG= Ligte masjiengeweer Kaplyn= ‘n Skoon gemaakte gebied op die grens tussen Suid Wes Afrika (Namibië) en Angola.]


Jong Koekemoer

(in antwoord op A. Brodrick)

Lank terug in die dae
die ou Transvaal republiek
het ‘n jong boer in die Marico distrik gewoon

met die naam Hans Koekemoer, wat ‘n goeie ruiter was
en ‘n uitstekende skut
wat baie riviere oorgesteek het met sy rooiskimmel perd

en hy het ‘n Martini Henri geweer besit het
en hy was ‘n bekwame minnaar, nagejaag deur baie meisies
en geen ander jong man kon in sy skoene staan

maar een dag het ‘n impi Matabele krygers
die groot Marico ingeval plase afgebrand, beeste gesteel en boere,
vrouens en kinders gedood

en die boere was op kommando geroep
om met gewere in die hand op hulle perde uit te ry
en hulle het dapper teen die impi geveg.

Hans het by nature sy naam gestand gedoen
gevuur uit die saal, weg gebreek vanaf die kommando
‘n patrollie van die vyand alleen aangevat

en het hulle selfs gevolg toe hulle voor hom uit vlug
om die laaste een neer te skiet, want hy het gevrees
dat hulle sy geliefde verloofde Sannie sou vang of vermoor

en vir die ander boere van die kommando was hy vermis,
waarskynlik iewers gedood en hulle het terug gery, maar hulle geesdrif
was gedemp want hulle het die beste jong boer verloor.

Hans was gewond en bewusteloos het sy perd hom gedra
na veiligheid en ‘n Engelse sendeling
het op hom afgekom en ‘n verroeste assegaai verwyder

en hom gesond gedokter deur ‘n koors,
vir jong Koekemoer terug tot lewe gebring
oor ‘n tydperk van weke lank

en net na sy terugkoms by sy plaas
was een van jong Koekemoer se beeste siek
en hy moes dit deur die nag versorg

en vroeg die volgende oggend terwyl hy in die veld ry
op soek na ‘n verlore koei, sien hy ‘n samekoms van jong manne
wat verby galop in die verte

en het eers gedink dat dit ‘n kommando is
wat gedurende die nag vergader het en hy het tot by hulle gejaag
en hulle ‘n wit banier tussen mekaar aan sien stuur

wat ‘n bruid en bruidegom gelukwens
en hulle het vinnig gejaag voor ‘n swart koets uit
en Hans was nuuskierig om te sien wie so skielik getrou het

en hans van geaardheid het hy die koets tot stilstand gedwing
en uit klim sy nooi Sannie met ‘n Engelsman,
‘n kort ryk winkel eienaar

gevolg deur Sannie se pa, ou donker Dirk Coetzee
‘n eerbare man, ‘n oudstryder en lid van die volksraad
wat wou weet of jong Hans uit die dode opgestaan het?

Jong Hans het geantwoord dat hy met Sannie wou praat,
die pragtigste meisie in die hele Transvaal,
wat belowe het om met hom te trou, op die Bybel gesweer het

by die vorige nagmaal
en dat hy Hans, enige van vele meisies kan kry
en maar net ‘n glas witblits op haar gesondheid sal drink.

Toe loop lieflike Sannie tot by hom
met ‘n glas versier met blou blomme in haar hand
en hy’t geskreeu “op jou gesondheid” voor hy dit wegslaan

en Sannie was geskud maar het nie geweet waarom,
sy’t in sy oë gekyk en ‘n glimlag op haar lippe forseer
en ‘n vonk tot in haar heupe af voel gaan

en hy’t haar hand geneem en diep in haar oë gekyk
vir Sannie gesoen en haar lippe het gesmaak na peperment
van die winkel eienaar se soene voor syne.

Sannie het haar rok vasgemaak voor sy hand aan hand
saam met jong Koekemoer gehardloop het
tot waar die rooiskimmel perd op hulle wag

en die perd het weg galop op volle vaart
met Sannie wat haar arms om hom sluit
en ter vergeefs het sterk jong Weppener, skeeloog Du Randt

en die res van die ruiters by die koets vergader
op hulle perde gespring om hulle in te haal
en nie een van hulle of haar pa
het Sannie ooit weer gesien nie.


[Verwysing: Jong Koekemoer deur A. Brodrick.]




Vier jong mans

(in antwoord op Ted Hughes)


Die ou wit en bruin foto
wat effens vervaag na meer as ‘n eeu
van my oupa en sy broers
wys vier jong mans

met opregtheid en patriotisme
oor hulle gesigte geskryf,
geklee in buitgemaakte kaki uniforms,
met leer gordels oor hulle heupe,
plaas hoede op hulle koppe
en bandeliers gekruis oor hulle borse,
buitgemaakte Martini Henry gewere
met bajonette in hulle hande

en ek is goed bekend
met die groot ou eikeboom waar hulle staan
en een is ‘n toonbeeld van sy parmantige beste,
een skerp en bewus,
een ernstig en opreg en al drie van hulle
lyk amper soos van my nefies

met die middelste een wat sy oë effens sluit
teen die skerp lig
met ‘n kuif wat onder sy hoed uitpeul
en hy kon ek gewees het
en die ooreenkoms is baie treffend

en op slegs sestien, sewentien, agtien en negentien
het hulle as broers op perde oorlog toe gery,
en elkeen het garing dun terug gekeer
deurdat hulle sonder kos in die veld was,
met vel van hulle hande af
van blase wat in oop wonde verander het
van skiet met wit warm geweerlope
so geskiet teen oorweldigende groot
hoeveelhede vyandelike Britse soldate
en almal van hulle skerpskutters en jagters,
maar blote plaas seuns.

[Nota: Die foto is van my oupa Danie Brand en sy broers. Six young men deur Ted Hughes.]



Oupa Danie Brand


Na hy as ‘n penkop op sestien jarige leeftyd
deelgeneem het
aan die tweede Anglo-Boere oorlog
waar hy nagte in die oop veld moes deurbring,

so gevuur het op die Britte
dat sy hande vol blase was
van die geweer waarvan die loop
wit warm word

het hy in 1918 met Lenie Swanepoel getrou
vir wie hy werklik lief was
en vanaf 1926 op die plaas Welgemeen
naby Steekdoorns in die Vryburg distrik geboer

waar hy self sy eie opstal gebou het
uit josef’s klip, kampe en lyndrade gespan het
en die wilde veld
omskep het in ‘n bedryfbare plaas.

Oupa Danie het nie tyd gehad
om op die stoep te sit nie
want soos dit maar met boerdery gaan
het werk gedurig sy aandag geëis

en van donker nag was hy al of in die lande
of by die melkery met die beeste besig
maar was gelief onder plaas arbeiders
alhoewel hy streng was.

Een dag het oupa Danie
‘n ander boer besoek om Afrikaner beeste
by hom te koop en terwyl hulle
in die ander boer se sitkamer in loop

sy pyp daar aangesteek,
waarop die ander boer aan hom gesê het:
“Meneer Brand, ek laat nie in my huis rook nie”
en dit was ‘n groot verleentheid vir hom,

so groot dat terwyl hy te perd huis toe ry
en saam met sy werkers die beeste aandryf,
hy langs die pad by ‘n groot rotsblok
wat hoog opstaan stilgehou het

en sy pyp daar stukkend geslaan het,
sodat dit middeldeur breek
en dit was ook die laaste keer
wat oupa Danie gerook het.

Toe hy blindederm ontsteking opdoen
en sy blindederm bars
het ouma Lenie hom versorg
tot hy daarvan genees het,

maar hy het gedurig pyn gekry
as hy mielies eet
en sy broer Frans
wat in Johannesburg woonagtig was

het hom oortuig
om ‘n blindederm operasie te ondergaan
waarop hy met sy swart jas aan
die oggend na die hospitaal

in Vryburg weg is
en daar het oupa Danie
ontsteking opgedoen
en gesterf van die operasie wond
wat septies geraak het,
in ‘n tyd voordat antibiotika
uitgevind was.


Ouma Lenie Brand


As een van die pioniers, in die Vryburg distrik
het sy saam met haar man Danie Brand,
(‘n kleinneef van wyle President Jan Brand
van die Oranje Vrystaat republiek)
op die plaas Welgemeen gewoon.

Toe haar man haar ontval in 1938
het ouma Lenie self ingespring
met die boerdery
en as werk ‘n talent is

was sy werklik geseën daarin
want sy het self ‘n pik opgetel
gate saam met haar seuns
en die werkers gegrawe

drade gespan, beeste aangekeer
en op ses en vyftig jarige leeftyd
nog koeie gemelk
as die werkers nie opdaag nie.

Vandag sal mens dit nie verwag
van ‘n verfynde vrou nie,
wat uiters godsdienstig was,
self geboer het

in die jare net voor
die tweede wêreld oorlog
en geag is as een van die
gesiene boere in die Vryburg distrik

en die gesin het ‘n Willis motor aangeskaf
en later ‘n model t-Ford
waarmee hulle na die naaste dorp Vryburg
toe kon ry om inkopies daar te doen.

Ouma Lenie was wel bekend
vir haar mensliewendheid
en haar hulpvaardigheid,
het gelewe asof elke dag
‘n liefdedaad is,

was redelik streng,
maar ook uiters regverdig
en nog onthou ek
hoe sy met oë wat straal na my kyk.




‘n Bottel wolwegif

Skemer aand loop Marthatjie
agter by die ou huis
van gestapelde blou Jakob klip verby

en sussa wat moet kyk
is ‘n ent weg
in die boord in
waar sy muggies
met vreugde gilletjies vang.

Die son gloei oranje rooi
oor die horison
en die strale slaan vas teen
‘n bruin bottel
wat uit een van die krake
tussen die Jakob klippe uitsteek

en op ‘n afstand lyk dit
vir driejarige Marthatjie
soos ma se kombuismes
en sy loop vinnig nader
op haar klein voetjies
en voel daarna, maar dit sit vas.

Met ‘n langerige stok
grawe sy die bottel uit,
byt dit met haar tandjies oop
en daar’s pienk vog
wat in haar keeltjie afloop.

Tog wonder sy,
wat hierdie bottel hier maak
en gaan toe om die hoek
die kombuis in
waar sy vir mamma kry
en aan haar die bottel gee.

Mamma is asvaal geskrik
want dis wolwegif
en dodelik sterk
en sy skreeu so hard
dat al drie van Marthatjie
se vier ouer broers wat daar is
van buite af in gehardloop kom.

“Gaan melk een van die koeie
en bring nog melk, toe man spring”
word aan Pieter gesê
en sy haal ‘n emmer melk
uit die kos kas uit
en skink vir Marthatjie om te drink
terwyl Pieter rieme aflê
na die stal toe.

“Drink sussie drink,”
word Marthatjie gesmeek
en glas na glas word haar ingejaag
totdat sy begin braak
en nog smeek hulle haar om te drink
terwyl hulle nog glase inskink

en die pienk gif saam
met die braaksel uitkom
en Pieter bring nog
vars warm melk
en giet die kelk uit
en Marthatjie bewe en huil

en hulle smeek haar om te drink,
nog meer word ingeskink
en die arme ding drink
totdat sy al die gif uit braak.

[Verwysing: Wolwegif is strignien.]



Terugflitse

I

Haar ouboet bring vir haar
viooltjies uit die vlei
toe sy sewe jaar oud is,
met hare wat soos goud blink

en sy skink vir hom tee
wat hy kry op die klein poptafeltjie
wat hy van afval plankies
vir haar gemaak het

en hy lees Oktober maand se gediggie
op haar verjaarsdag,
wat haar soos ‘n klein engel
stralend laat glimlag.

II

Toe haar ma haar bykom
met ‘n swart skoen,
sit sy op haar broer Piet se rug
wat haar onder die gevaar uit abba dra

terwyl houe op hulle neer reën,
sy skop en skreeu,
as hy met haar vlug
en maar net sag steun.

III

Die eerste dag op pad skool toe
ry hulle twee-twee op Rondeberg
en op Rodjêr en sy’s nogal bang,
maar haar groot broer Frans

sal met sy sagtheid
alles sommer reg toor
as iemand waag om iets te doen
en sy’s ongestoord.

IV

Haar ouer sus Leen
vertel middae by die huis
van die dinge wat sy lees
as stukkies en brokkies

soos ‘n mooi vervolg verhaal
maar sy moet bont staan
as sy vergeet van die pap
wat brand en sonder sout is.

V

In die ou huis
hardloop sy al om haar pa
waar hy staan en praat
en laat klipharde winde

een na die ander
en hy raas met haar
maar vra toe half geamuseerd
of sy dan nou ‘n motorfiets is?

VI

Haar boet Frans
was altyd die stil een
waar hy skape ken en tel
en toe haar jong tollie opblaas

wou sy dat hy dit met ‘n mes steek,
toe lei hy die dier na koelte
en hulle bid
en voor skemer is dit reeds beter.

VII

Op die dag wat Frans sy eie
swart merrie moes skiet
om die dier se lyding te verlig
het die wind eentonig geloei.

Sy ouer broer Piet het die dier
wat beseer was
net gekwes en hy het gehuil
toe hy die .303 Martini Henry self lig,
maar sy skoot was dodelik akkuraat.

VIII

Sy en haar broer Koos
sit teen die muur
terwyl die son ondergaan
met rooi strepe teen die wolke

en haar ma en tante Krissie
by die hek met die perdekar is
en die twee kinders stry
en hy sê dat hulle pa daar is.

Hy wou seker sy sussie troos
of kon dalk self nie glo
dat hulle pa dood is en so sit hulle
met die son wat sak.


In ‘n somer, vêr af

Hierdie is die landerye, bosse en bome
waar ‘n seun hartseer gehuil het
in ‘n somer vêr af, lank gelede

toe die bul
sy liefling merrie swiep
met sy horings
terwyl sy drink
by die trog

en die perd rukkend
op haar rug val
met haar ingewande uitgeruk
en sy geskiet moes word
en sy ouer broer
die .303 geweer bring
met net een koeël

en vasberade was
om die skoot te vat,
maar die merrie het haar kop beweeg
en die koeël het by haar neus opgegaan

en daar was orals bloed
terwyl sy in pyn runnik
en hy so vinnig as wat hy kon hardloop
om nog koeëls te kry
terwyl hy huil

en sonder ‘n woord
het hy die geweer by sy ouer broer gevat,
‘n koeël in die slot gesit en dit oorgehaal,
die geweer na sy skouer gebring,
‘n diep asemteug geneem
voordat hy die sneller trek.

Sy geliefde perd was dood
en die pyn was groot
en amper ondraaglik vir hom
en sy broer het probeer troos
maar daar was niks
wat hy kon doen of sê
om die pyn weg te vat.



Bure wat jy graag sal wil mis

I

Die tipe blankes wat
op die sypaadjie uitkamp
hulle braai net daar hou
met sisende tjops en wors

genoeg vir ‘n groot fees,
wat so hard praat
dat hulle die hele buurt in kennis stel
van wat hulle sê

en musiek met ‘n swaar ritme speel
en dans tot vroeë oggend lig
terwyl hulle kleutertuin kinders
waentjies op en af in die straat stoot
en elke hond kry
om die hele nag lank te blaf

II

‘n Bul van ‘n swart man
amper reusagtig groot
wat sy bakkie gebruik
om ‘n groot swart os

in sy agterplaas af te laai
en die ding dan net daar slag
met ‘n groot gebulk
om die voorvader geeste uit te nooi

om die woonbuurt en sy tuin te besoek
terwyl ‘n toordokter rondom die gedierte dans,
sing en ‘n drom slaan en daarna probeer hy
dit spit braai op ‘n massiewe vuur wat die vleis verbrand
en nooi toe nog ‘n seksie minibus taxi bestuurders uit
na ‘n fees van oneetbare houtskool.



Die woorde van ‘n kind


Toe ons klein was
moes ek en my jonger broer
bedags by die Von Hörsten’s bly
as my ma gaan werk

en ons moes buite speel
en is gedreig
dat ons rokkies sou kry
as ons in hulle huis
in wou kom,

maar hierdie oorblyery
het dramaties geëindig
in my sesde jaar.

Een aand wou my ma weet
hoe dit met ons daaglikse
kuierry gaan
waarop ek vertel het,
dat alles soos altyd is
en my broer dat ek
baie stadig aan my kos eet.

Ek het gesê dat ek nie
van die kool hou nie
en dat ons alles moes eet
of pak sou kry
as daar enige iets
in die bord oorbly.

My ma het gesê
dat groente goed vir mens is
en ek het dit toe so aanvaar,
maar dit was nie die einde
van die storie nie.

As ‘n onskuldige kind
het my broer hierdie insident
aan een van die Von Hörsten
seuns oorvertel,
wat daarmee na sy Pa toe is.

Ek het in die koppie bo die huis gespeel
toe al die Von Hörsten seuns
skielik uit hulle plaashuis uitpeul
en in alle rigtings uit spat
en na my roep,
maar ek kon sien
dat daar vir my moeilikheid is
aan die manier wat hulle soek en skreeu.

Toe bly ek waar ek is
en wonder wat aan die gang is
en watter verskriklike ding
ek onwetend gedoen het?

In daardie heuwel
het van die veel ouer
en groter seuns
toe aangesluip gekom
en van agter af,
op my gespring
en my gegryp
en tot vlak
by hulle pa gedra.

Oom Hendrik was ‘n man
wat van niemand nonsens vat
en wou van my weet
waarom ek sy vrou
se kos nie wou eet
en waarom ek sê
dat haar kos sleg is?

Toe ek sê dat dit
nie so is nie,
het hy geskreeu
dat ek moet ophou lieg.
my met sy gekromde kierie
aan die nek nader geruk
en my daarmee geslaan.

Stotterend kon ek nie woorde kry
om onder hierdie omstandighede
te verduidelik nie
en toe skreeu hy
praat man praat
en hou op dink
wat om te lieg
en terwyl hy my aanhoudend slaan.

Toe sê dat ek
nie van kool hou nie
en het ek weer pak gekry
en is gesê om stil te bly
of die waarheid te praat.

Toe sê ek dat die Here my getuie is
en dat ‘n dag sal kom
wat sy woorde ook opraak
en heeltemal deurmekaar is.

Soos ‘n hond was ek weg gejaag
met ‘n gevoetsek
en het onder sy kierie weg
huis toe gevlug.

Die Von Hörstens het my ma opgebel
en haar van alles vertel
en sy het geweet
van waar my moeilikheid kom
en vir ‘n hele maand
moes my broer kool eet
omdat hy uit die huis
uit gepraat het
en ons het nooit weer
by die Von Hörstens oorgebly nie.


l’Envoi
Toe ek baie jare later
op Universiteit is
sien ek eendag
oom Hendrik Von Hörsten
op die kampus
en groet ons mekaar
en praat normaal
oor die dinge wat in die land gebeur
en oor ons families,

maar toe hy van my weg stap
praat ander studente met hom
en die eens bekende skrywer
praat in brabbeltaal
asof hy nie weet
wat om te sê nie
en heeltemal deurmekaar.

Daar is gesê
dat hy Alzheimers het,
maar tot vandag wonder ek
oor die krag
van die woorde
van ‘n kind.


Toe ons nog klein kinders was

Toe ons nog klein kinders was
so vyf en vier
was my Pa reeds
aan kanker dood
en moes ek en my broer
bedags by die Von Hörsten’s bly
as my Ma weg werk toe ry.

Oom Hendrik was ‘n boer,
maar het ook saam met sy broer Fritz
storieboeke geskryf
en sy string kinders
wat baie groter en ouer
as ons was
(vier seuns en twee dogters)
het ons besig gehou
want seuns moes uit die huis uit bly.

So kom dit toe dat ons bloots perdry
en perde help inbreek,
kuilvoer trap
en die tweede oudste Gardiël
het behoorlik ons gal gewerk,

ons op donkies gesit
terwyl die klomp hulle dik lag
en die goed nukkerig
in die klippe in hardloop
en my broer hom daar
half stukkend val.

Eendag word die mielieland
stoppel hoog afgesny
om voer vir die beeste te kry
en word die teel bul Kittennel
(wat swart en boosaardig was)
in die drukgang ingejaag
en Gardiël maak ons daardie bul klim
voor hy dit weer
op ‘n perd
die kamp in jaag.

Aan die anderkant van die land,
anderkant die grensdraad
waai sy broers ‘n rooi vlag
op en af en op en af
en Kittennel snork deur sy neus,
skud boosaardig sy lyf,
skop stof op
voor hy bok springend
rigting kry
en met volle vaart
op die vlag afstorm.

Die stoppels flits onder
sy voete verby
en lyk soos spiese
wat regop staan
en ons is te bang
om daardeur gesteek te word
en ons ry Kittennel
en geen bul
kan ons daardie dag afkry.



Geen plek vir ‘n opsitkers

‘n Meisie stem wat saggies lag
sny deur die nag
en kom by my kamervenster in
en wawyd wakker
sluip ek (ses jarige kind)
na buite om die bron
van opwinding te vind.

Gardiël studeer by Martin
wat by ons loseer
en beide is in matriek
want hy kla dat sy oë brand
van die ou paraffien lamp
wat by hulle plaashuis
lig maak
waar elektrisiteit ontbreek.

Daar brand ‘n helder elektriese lamp
wat tien sentimeter
onder die plafon hang
en groot motte
vlieg donker bruin daarom
in hulle eie vlugbane vasgevang.

Nog ‘n staanlamp
gooi ‘n helder geel gloed
wat warmte in die koue
hoëveld se winter bring.

Ek sien hulle deur die ruit
koffie drink en beskuit eet
voordat beide van hulle
verder in boeke blaai

en kruip in ‘n struik bos in
sodat hulle my nie moet gewaar
en skielik beweeg iemand
reg langs my
en sien ek haar buk
en klein klippies optel
wat sy teen die kamervenster gooi.

Die venster swaai wyd oop
en ek hoor hulle te sag praat
sonder om enige iets te hoor
en die meisie lag weer klok helder,
voor sy na die voordeur loop
wat geluidloos oopgaan.

l’Envoi
Dit kon nie tien minute wees
voordat oom Hendrik (Gardiël se pa)
aangestorm kom,
die tuinhek woes oopgooi,
die voordeur
byna uit die skarniere uit loop,
en met ‘n kierie in sy hand
(wat sterker as ‘n besemstok is)
die lig in die dak,
die staanlamp
en vensterruit
in Martin se kamer
uitslaan

en ek houe
met doef geluide
op beide seuns hoor val
en die meisie
histeries gil
terwyl sy sommer ook
‘n paar kry
en hy brul
dat hierdie geen plek
vir ‘n opsitkers is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar