Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mens kan ‘n gedig skryf wat soos die laaste gedeelte van ‘n toneelstuk of die laaste hoofstuk in ‘n boek is. Die tipe gedig vertel die einde van ‘n verhaal, maar nie die begin nie. Die meeste van die verhaal wat tot die finale gebeurtenisse oploop en aanleiding gee ontbreek egter terwyl daar slegs terug verwysings is.

Walter De La Mare se gedig “The Listeners” is ‘n baie goeie voorbeeld van so ‘n soort gedig. Dit vertel van ‘n man wat by die deur van ‘n verlate huis klop en wil weet of enige iemand daar is en slegs die skimme hom hoor en hy sê aan wie ook al kan hoor om aan die mense wat daar was te sê dat hy sy woord gehou het voor hy met sy perd wegry.


Hier is ‘n gedig waarin ek ook slegs die laaste toneeltjie of hoofstuk uitdruk wat ek na aanleiding van Walter De La Mare se gedig geskryf het:


By die ou huis

(na Walter De La Mare)

Ek klop weer en weer aan die deur
maar daar is geen antwoord
en toe klop ek nog ‘n keer
sodat my geklop deur die huis weergalm.

Vir nog ‘n lang oomblik talm ek.
Daar is die geur van jasmyn wat warrel waar ek wag.
“Ek’s hier soos wat ek belowe het,”
sny my stem deur die nag.

Tortelduiwe koer eensaam in die groot ou eikeboom,
waarvan die takke in die wind beweeg
die buurman se hond knor langsaan by sy hek
en weer klop ek en die huis klink skielik leeg.

Toe ek omdraai hoor ek iets of iemand binne beweeg,
maar die stem wat vra: “Wie’s daar?”
Klink half vreemd en onbekend,
en die voetstappe klink swaar.

As die maanlig oor my gesig val
gaan die deur skielik oop
en ek hoor ligte voetstappe
skielik agter my loop.

Voor my is die huis heeltemal leeg
maar toe ek skielik omswaai
fladder my hart in my keel,
is jy daar met jou hare half verwaai

en ons is vir mekaar half onbekend,
maar jy’s nog beeldskoon en sê: “Ek’s bly jy het gekom”
waarop ek glimlag,
maar dit klink of jou stem uit die leë huis uitkom

en ons staan vir ‘n oomblik bymekaar
waar jy in my wêreld bly draal
en as ek aan jou wil raak
tas ek deur jou na die veiligheid hek se staal

word die deur skielik langs my toe geklap,
het jy eensklaps verdwyn,
terwyl slegs die maan op my skyn
en dis half weemoedig wat ek na my motorfiets toe terug stap.

[Verwysing: “The Listeners” deur Walter De La Mare.]



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar