Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Romeinse maanjaarkalender het uit slegs tien maande bestaan voor die instelling van die Juliaanse kalender.
Ons gebruik steeds daardie maandname:
Maart: Mars, die Ou Romeinse krygsgod
April: Venus, die Ou Romeinse plantegodin
Mei: Maia of Mater Deum Magna Idaea
Junie: Juno, die Ou Romeinse maangodin
Julie: Julius (Caesar) 44 v.C.; hy het die maandnaam Quintilis (quinque is 5 in Latyn) later na homself vernoem
Augustus: Augustus (Caesar) 8 v.C. ; hy het die maandnaam Sextilis (sex is 6 in Latyn) na homself vernoem. Augustus het aanvanklik net 30 dae gehad maar Augustus (Caesar) het 31 dae vir sy maand opgeëis. Hy wou nie afsteek by Julius nie, en ‘n ekstra dag is toe by Februarie geneem
September: Septem (7 in Latyn)
Oktober: Octo (8 in Latyn)
November: Novem (9 in Latyn)
Desember: Decem (10 in Latyn)
Die maande Januarie en Februarie word na Desember tot die aanvanklike tien maande kalender met 304 dae bygevoeg met die implementering van die Juliaanse kalender. Januarie is vernoem na die ou Italiese god van poorte en openbare deurgange en die beskermgod van elke begin. Februarie is vernoem na Februus die Romeinse god van reiniging. Hy was ook onder dieselfde naam deur die Etruskers vereer, as die Etruskiese god van reiniging en die onderwêreld. Vir die Etruskers, was Februus ook die god van rykdom (geld/goud) en die dood, beide verbonde aan die onderwêreld. Die huidige Christelike kalender wat, op die eerste Januarie begin, is eers in 1582 deur Pous Gregorius XIII ingestel.
My vermoede is dat Maart eens op ʼn tyd Unus (1) en April Duo (2) genoem is. Mei is Tres (3) en Junie Quattuor (4) genoem. Ek skoei my vermoede op die agt Romeinse weeksdae wat A tot H genoem is.
Unus, die eerste maand, is later na Mars, krygsgod van die Ou Romeine, vernoem. Hy was oorspronklik die god van die lente, die wasdom van die natuur en vrugbaarheid, maar het mettertyd al hoe meer die karakter van ʼn krygsgod aangeneem. [Was dit dalk om mense te verslaaf?] Sy simboliese diere was die wolf en die speg, en hy het die voorjaarmaand Maart, wat sy naam dra, ingelei. Oor die moontlike verband tussen die Oudnoorse Odin en die Romeine se Mars kan net gegis word.
Die tweede maand, Duo, is na die ou Romeinse plantegodin Venus vernoem. Sy was aanvanklik die beskermster van tuine en wingerde, maar word later die godin van liefde en skoonheid. Die naam April van is afgelei van die Latynse woord aperire, “om te bot” (bloeisels).
Die derde maand, Tres, is vernoem na Maia. Haar volle amptelike Romeinse name was Mater Deum Magna Idaea (Moeder van die gode, Groot Idaea), en haar heilige simbool was ʼn kleinerige klip wat sogenaamd uit die hemel geval het. Sy was nie net moeder van die gode nie, maar ook van die mensekinders en diere. Sy is die bergmoeder genoem, en daar is besondere nadruk geplaas op haar moederskap van die natuur, wat gemanifesteer het in die bandelose aard van haar verering. Haar mitiese dienaars, die Corybante, was wilde half-demoniese wesens. Haar priesters, die Galli, het hulself kastreer met hul toetrede tot haar diens. Dié selfverminking word regverdig deur die mite dat haar minnaar, die vrugbaarheidsgod Attis, homself onder ʼn denneboom ontman en daar doodgebloei het.
Tydens Maia se groot jaarlikse fees (15-27 Maart) is ʼn denneboom afgekap en na haar altaar geneem, waar dit as ʼn god vereer en behang is met viooltjies, wat glo uit die bloed van Attis sou opgebloei het. Op 24 Maart, die ‘dag van die bloed’, het haar hoëpriester, die Archigallus, bloed van sy arms getap en dit aan haar geoffer, begelei deur simbale, fluite en tromme onderwyl die ondergeskikte priesters soos besetenes rondgedans en hulself gesny het ten einde die altaar, met sy heilige den daarop, met hul bloed te besprinkel.
Op 27 Maart is die silwer standbeeld van die godin met die heilige klip wat in die beeld se kop geset was, in ʼn prosessie gedra en gebaai in die Almo, ʼn sytak van die Tiberrivier wat deur Rome vloei. Die Groot Moeder het veral ʼn prominente rol in die kuns van die Romeinse Ryk gespeel. Sy is gewoonlik voorgestel met ʼn kroon en sluier op die kop waar sy op ʼn troon of strydwa sit, en is altoos deur twee leeus vergesel.
Quattuor die vierde maand, is vernoem na Juno, die Ou Romeinse lig- of maangodin. Sy was die beskermgodin van die vrou, die huwelik en geboorte. Sy word beskou as ʼn dogter van Saturnus en ʼn suster, sowel as die gemalin, van die oppergod Jupiter. Reeds vanaf die vroegste tye is daar geglo dat elke vrou ʼn beskermgees, of juno, het wat ooreenstem met die beskermgees, genius, van die man. Die maand, Junie, dra haar naam en haar simboliese dier is die pou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waar kom jy aan jou feite?
Weereens 'n pragtige samestelling van alle gegewenhede wat mens ,half geweet het', een of ander tyd opgepik het sonder samehang.
En nou volledig.
Dankie.
GvT
5 jaar 7 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar