Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is vanoggend van vooraf onststeld, na ek weereens 'n artikel in Beeld gelees het van 'n hond wat van kant gemaak moes word omdat hy te verwaarloos en mishandel was, as om sy lewe te probeer red. Sulke dinge breek my, en moet ek elke keer om vergifennis vra na my gedagtes en gevoelens teenoor die mense wat dit veroorsaak.

Hoeveel keer hoor mens nie die bewering dat diere of die natuur wreed is nie. In teendeel met die mens wat geskape is met vertand, om te kan dink, redeneer, leer en verstaan, is diere net geskape om elke dag te veg om te oorleef en in hul behoeftes, van iets om te eet, te drink, voorteplant en vry te wees van pyn, te verdien. Hulle doen slegs hoe God hul geskape het, in die natuur is die een se dood die ander se brood. Dit gaan elke dag maar net om die oorlewing van die sterkstes. Dit is hul natuur, buiten om te baklei om te oorleef, hetsy teen 'n ander van dieselfde spesie, 'n predatoor, natuurrampe (oorstromings, droogte) of in die jarelange geval, hul grootste vyand , die mens, wat is wreed aan hul?

Maak hul mekaar dood, verkrag hul mekaar deur haat of net vir die pret? Beroof, besteel, belieg hul mekaar, of vir jou? Breek hul mekaar se harte, of vertroue in mekaar? Skinder hul of is hul afgunstig teenoor mekaar? Is hulle jaloers, omdat een in 'n mooier nes bly, of omdat 'n spesifieke ooi in die trofee ram se harem is? Hou hulle 'n wrok teen mekaar, en nog meer spesifiek hou hul 'n wrok teenoor 'n mens wat hul dag na dag jag, vermink, mishandel en martel?

Ons die mense, is deur God aangestel om oor hul (diere) te heers, nie te vernietig en skade aan te doen nie, ek wonder soms, as hulle regtig geskape was met insig, kennis en verstand soos ons, wat sou hulle gedink het van die voorbeeld wat ons stel. Afgesien dat ons deur ons optrede en verhoudings onder mekaar wreeder is as enige dierespesie, bedryg ons hulle sorglose, vry bestaan ook. Hoe meer moet ons wat geskape is met verstand om te redeneer, vergewe en te leer, eerder lewe na Sy welbehae nie? Ons maak 'n grap en verspotting van onsself. Hoe pateties en lafhartig is die mens nie, om 'n wese wat nie kan terugpraat, nie kan verduidelik, in baie gevalle hom nie eens kan verdedig, pyn en leed aan te doen nie. Hoe maak sulke mense hul oë toe in die nag, hoe slaap hul, hoe kom hul siel tot rus?

Mag jy wat hier lees, jou nie blind hou vir wat jy sien of doof hou vir wat jy hoor nie, kom op en baklei vir hulle wat dit nie vir hulself kan doen nie, ons is dit verskuldig aan hulle wat ons beste vriende is, vir ons nageslag en vir God. Raak vandag 'n voorbeeld.

Ek wonder wat jou antwoord is, op wie is die wreedste spesie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Diere
Ek huil ook baie oor mense se wreedheid aan diere. Mooi geskryf.
Koekoe
10 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 13 ure oud


Ja.

Ons is ok die enigste dier wat kan bloos of nodig het om te kan. (sover ek kan onthou)
11 jaar 3 weke 5 ure oud


Wreedste Spesie
Met 35 jaar strafhof ondervinding: loshande die mens.
11 jaar 3 weke 17 ure oud


'n Ander dier wat ook so vernielsugtig en wreed soos party mense is, is sowaar nie maklik om te vind nie. Ons is gelukkig ook die enigste spesie wat nie ons lot hoef te aanvaar nie en dinge kan beter maak as genoeg van ons wil. Ek dink ook dit is ons plig om die natuur te bewaar en seker te maak dat ons kinders se kinders ook vry kan asemhaal en die skoonheid van die natuur kan bewonder. Ons is self kinders van die Natuur en behoort bewaarders van die aarde te wees, nie net blinde verbruikers nie.
11 jaar 3 weke 18 ure oud


Ek deel jou woede oor die mens se wreedheid. Gelukkig is daar baie wat werk om die mishandelde diere teen die mens te beskerm en ek het groot respek daarvoor.
Groete,
PM
11 jaar 3 weke 21 ure oud


die mens
geskape weinig minder as n engel maar gedra hom soos n gedrog, die mens is baie keer die naam, mens, nie werd nie, het julle nie die epos gesien oor die slagting van walvisse in Denmark? Onbeskryflik barbaars..m
11 jaar 3 weke 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar