Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waar kom Johannes aan die nommer van die dier as 666? Wanneer ons na Openbaring kyk, sien ons dat die sesde oordeel altyd gaan oor die wat nie die HERE dien nie. Om dit te verstaan is dit as volg:

1. Eerste 6 – “En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was ‘n groot aardbewing; en die son het swart geword soos ‘n harige sak, en die maan het geword soos bloed; en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit; en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Open 6:12-17)

So die eerste ses gaan oor die mense wat nie die HERE as hul HERE erken het nie, en sal saam met die fisiese aarde vergaan wat hier aangekondig word. En, daar is geen omdraai later nie.

2. Tweede 6 – “En die sesde engel het geblaas, en ek het ‘n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is, en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat. Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om ‘n derde van die mense dood te maak. En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tien duisend maal tien duisend; en ek het hulle getal gehoor. En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan. Deur hierdie drie plae is ‘n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het; want hulle mag is in hulle bek en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle skade aan. En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande, om die duiwels te aanbid, of die afgode van goud en silwer en koper en klip en hout wat nie kan sien of hoor of loop nie. En hulle het hul nie bekeer van hul moorde en hul towerye en hul hoerery en hul diefstalle nie.” (Open 9:13-21)

Dit is die mense wat ten spyte van die feit dat hulle deel van die verbond was, so hulle het die fisiese verwoesting van die aarde oorleef, maar hulle het nie geglo dat daar bekering moet plaasvind nie. So hulle het wel die Paradys gesien, maar nogsteeds geglo dat die HERE nie teenoor hulle ook sal optree nie.

3. Die derde 6 – “En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word. En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. Kyk, Ek kom soos ‘n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie. En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon.” (Open 16:12-16)

Die mense wat naak bevind word is die wat glo dat jy geen werke hoef te doen as Christen nie, so hulle is naak. Ons lees eers later in Openbaring “Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het gekom en sy vrou het haar gereed gemaak. En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges. Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die waaragtige woorde van God”. (Open 19:7-9)

So die eerste ses is wanneer die ongelowiges geoordeel word wanneer die fisiese aarde verwoes word, die tweede ses handel oor die wat deel is van die verbond maar met hulle sondes aangegaan het en nie heiligmaking gesoek het nie, en die derde ses die wat glo dat jy maar net kan aangaan met jou lewe, sonder om ‘n verskil in die wêreld te maak.

Indien jy my eboek oor Openbaring gratis wil kry, kan jy dit die naweek by Kindle aflaai by
http://www.amazon.com/gp/product/B015FUB238?*Version*=1&*entries*=0

Indien jy dit in gedrukte vorm wil kry kan jy dit aankoop by:
https://www.createspace.com/5745991



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Die merk van die dier. Die 666.

Moses, Verwys asseblief na my 'kommentaar' onder Rubbrieke van Woes met as titel dieselfde as joune.
3 jaar 11 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


666 kommentaar
Hi Aze

Dankie maar die boek is eers Saterdag en Sondag beskikbaar. Of inboks my op Facebook dan stuur ek 'n kopie vir jou. My FB is https://www.facebook.com/louwrense

Louwrens
3 jaar 11 maande 3 weke 22 ure oud


The Book of Revelation
My werklike bron is Charles François Dupuis.
“The book known by the name of the Apocalypse, has seemed to be until now unintelligible, merely because people persisted to see in it a real prediction of the future, which every one has explained after his own fashion, and in which they have always found what they wanted, namely anything but that, what the book contained.”—Charles François Dupuis (1798)
The thing about the Book of Revelation is once you understand the key to deciphering it it's not very interesting.
The Book of Revelation is just astronomy. It makes numerous references to various constellations in the night sky.
It's all explained in Chapter XII of the book The Origin of All Religious Worship by Charles François Dupuis. Chapter XII starts on page 408.

3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Henkst
Ongelukkig verklaar die Bybel die Bybel, behalwe as jy natuurlik nie die Bybel glo nie. Dit is die mense wat na alles buite die Bybel gaan soek om verklarings te kry. Jesus verklaar immers dat die Heilige Gees ons gaan lei in alle waarheid, en nie sterrekunde of iets dergeliks nie. Kyk maar net na die vier bloedmane wat so pas verby is. Nie een persoon se verklarings is aan voldoen nie en die wegraping wat kwansuis op 24 September sou wees wag ons nog steeds voor. Dit is wat gebeur wanneer jy die sterre volg en nie die Bybel nie. O en dan was jou bron 'n Jesuit, wat in elk geval deel is van die RKK wat al in die 1600 vir Ribiera gekry het om die fokus van die RKK af te kry sodat hulle nie gesien word as deel van die hoer van Openbaring nie.
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 2 ure oud


Openbaring
Vele Nuwe-Testamentici erken vandag dat om hierdie boek te verstaan ʼn mens kennis moet dra van die destydse sterrekunde. Bruce Malina het onder andere ʼn boek geskryf oor die ‘kosmiese lam’ (= Aries?) wat met die nuwe stad Jerusalem trou! The New Jerusalem in the Revelation of John: The City as Symbol of Life with God (Collegeville: Michael Glazier).
3 jaar 11 maande 3 weke 1 dag 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar