Weergawe:
Aantal woorde: 497
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 29 Jun 2007
Die Amerikaners en veral die van Texas af is geneig om te dink dat alles groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets beskryf wat groter en beter is hier in Suid Afrika en dit is die gaarmaak van olifante.
Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika word geglo om versot te wees op gebraaide olifante. Die Egiptenare het sovêr gegaan om hierdie delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant se vleis nog ‘n groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.
In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le Valliant, ‘n gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste keer ‘n Olifant se slurp ge-eet het wat deur die Hottentotte aan hom voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy voorliefde is egter vir die voet van die Olifant.
Le Valliant skryf soos volg:
Hulle sny die vier voete van die Olifant af. Daarna het hulle ‘n gat in die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die volgende oggend.
Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes bedien met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry het hy nie vinnig genoeg die vleis proe nie. Sy slot opmerking is dat hy nie kon verstaan dat ‘n dier so groot en lomp, so ‘n delikate en fyn voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die dier ook gaargemaak en ge-eet het.
Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide Olifants voet te eet nie. Maar dit is seker ‘n ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word nie. Soos op ‘n onlangse ATKV se kongres is daar ‘n krokodil gebraai. Hulle se nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry om Olifant of Krokodil te eet.
Lees ander artikels deur Frika
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Johann P. Boshoff
Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!