Titel: Die onsterflike Bakkie
Weergawe: 1
Aantal woorde: 1514
Kere gelees: 552
Datum gepubliseer: 12 Feb 2009
Sedert Augustus 2004 is die skrywer betrokke by verskeie uitreiktoere na Botswana Zambia en Angola. Die doel van die toere is om die Jesusfilm en Bybels na die mees afgelee plekke in die genoemde lande te neem.Gedurende die afgelope 4 jaar het dit gelei tot verskeie avonture vir onsself terwyl ons ook die geleentheid gehad het om die Goeie Nuus van die Evangelie te bring aan mense wat partymaal nie eers weet hoe lyk n voertuig nie.Ek weet dis raar maar waar, Die Suid-Westlike deel van Zambia was ons in verskeie statte waar kinders van tot en met 10 jaar nog nooit n voertuig gesien het nie.
Ek kan aan verskeie insidente dink om te vertel wat die lekker van dit kan illistreer.Die kere wat n mens by n afgelee skool kom waar die skoolhoof n pak klere dra maar kaalvoet loop en die verbasing op Sy gesig en die kinders wat weghardloop as ons ingery kom deur die veld.Die verdere blydskap en verbasing as hulle besef ons het n paar geskenke soos boeke, penne en potlode.Dis n luukse wat hul slegs beskore is as die Hoof ryloop dorp toe nadat hy 30 km deur die bos gestap het en eers na 14 dae terugkeer.Dan ook net met genoeg potlode of penne wat die hele klomp moet deel.Bestaan daar nog sulke plekke .Gaan kyk maar daar in Zambia in die Sioma Nasional Park.Dorpies soos Sinjembela en Imusho lyk indrukwekkend op die kaart maar dit is net op die kaart.
Die verbasing van die skoolhoof op Sinjembela se gesig die dag toe ons daar inry met geskenkpakkies vir al die dogterjies in die skool.Met groot sorg en moeite gemaak deur die vrouens van die Duet-gemeente in Potchefstroom.Regte onderklere, sjampoo en selfs n lekker sagte kombers was deel van die pakkies.
Op Ilwindo is die plaaslike man wat ook bekend staan as die bybelman(Dominic) vandag die enigste alleen eienaar van n tolhek op die RD 462.Glo my jy betaal die R20 met groot graagte om die stuk pad te vermy deur die ompad wat hy gebou het deur sy statte.Veral in die reenseisoen is daar al swaarvoertuie vir 14 dae in die turf gewees.
In Livingstone het ons paaie met Ranji en Dr Chara gekruis.Wat n merkwaardige vrou.Sy het eie handig nie net n skool begin vir straat kinders nie maar het ook in die afgelope 5 jaar n weeshuis tot stand gebring vir vigswesies wat absoluut n wonderwerk is.Sy het geen formele ondersteuning van die regering nie en is aangewese op fondse wat sy self werf.Ek het haar toe op n praktiese manier begin ondersteun en dit is wat gelei het tot die laaste avontuur wat baie maklik katastrofies kon gewees het.
Maart 2008 vertrek ek en 2 jong manne om n behoefte wat Ebenhezertrustskool het te gaan aanspreek.Danksy n sakeman in Pretoria kan ons vir hulle 3 rekenaars met alle toebehore en programme saamneem.Vrouens van Potchefstroom staan saam en voorsien vir die huismoeders van die 4 verskillende huise elkeen n volledige stel beddegeoed,gordyne ens.
Ons vertrek die 7 de Maart en beplan dat ons die eerste aand naby Ellisras oornag.Dit gee ons die volgende dag genoeg tyd om te ry tot by Kasane en daar te oornag sodat ons dan die Sondag ongeveer 10 uur die oggend by Ranji in Livingstone sal arriveer.
Die Wit Hings(3lt Kz-Te) is gepak en daar is nie plek vir n muis in die voertuig nie.Die grenspos by Groblershoop is daar geen probleme en ons vorder goed.Ongeveer 15:45 arriveer ons in Nata en terwyl ek brandstof ingooi haal ek sommer vir ons drie elkeen n yskoue koeldrank uit die vrieskas agter in die kappie.Ons is baie optimisties dat ons met gemak voor 19:00 in Kasane sal arriver en dan n verskriklike lekker T been ,wat saamry in die vrieskas,gaan gaarmaak.
Baie gelukkig vertrek ons uit Nata en ongeveer 30 km buitekant Nata.Chaos.Ek sien rook uit die kappie uit borrel.Ek besef onmiddelik die vrag agter op die bakkie is aan die brand en stop met n krag.Daar is duisende goed wat n mens aan dink op daai oomblik maar daar is geen bloudruk optrede wat jy kan volg nie.Die veselglas kappie brand soos petrol.Daar is geen manier wat ons tussen die 3 van ons enige iets kan doen om dit te stop nie.Ek kry dit reg om die sak op die dakrak wat al die beddegoed bevat sowel as die Rekenaars wat op die een kant van die agtersitplek is af te laai en eenkant neer te sit.Agter op die bakkie is ook n gasbottel wat platle wat die heeltyd in my gedagtes is.Ek weet as die gasbottel ontplof dan gaan die dieseltenks met 140 L nie op hulle laat wag nie.
Nadat die kappie heeltemal uitgebrand is hoor ek skielik n verkriklike harde suisgeluid en besef dat die gasbottel oopgebars het en nie ontplof het nie.Ons het later gesien dat dit op n naat losgeskeur het.Dit was die 1ste wonderwerk.Net daarna stop daar n bus vol swartes wat ons dadelik begin help met kartonbokse om sand aan te dra om die res van die vuur te blus.2de Wonderwerk.Daar stop ook n groep van 3 voertuie wat vir ons omtrent 10, 5l bottles water gee wat die vlamme toe finaal onder beheer kry.3de Wonderwerk.
Alles op die bakkie is tot niet.Ongeveer R 45000.00 se toerusting en klere daarmee heen.Ons het net die klere aan ons lyf oor.Die rekenaars en beddegoed van die weeshuis het nie n merkie op nie.Gelukkig ook nie die inhoud van die vrieskas nie.Ek merk op dat dit 16:30 is.20 min het soos n ewigheid gevoel.
Terwyl ons die oorblyfsels van die vrag aflaai en blus besef ek net weer dat alles wat mens gebruik vir kampeer hoogs ontvlambaar is en dat ons partymaal vergeet hoe vinnig veral waterdigte seile kan ontvlam.
Die hele agterkant van die bakkie is tot niet.Geen ligte,spaarwiele,agterruit of bedrading wat meer werk nie.
Die eienaar van Elephant Hills Lodge bied aan dat ons by hom kan oornag.Baie dankbaar daarvoor begin ons die terrein opruim en Hy maak reg om die Hilux te sleep met sy Izusu.Ek wil natuurlik niks weet nie en klim in die Bakkie draai die sleutel en daar gaan ek terwyl die manne dophou om te sien hoe ver kom ek.
Ek ry toe tot by die lodge waar ons kajuitraad hou en besluit dat daar verseker nie nou omgedraai gaan word nie.Volgende oggend vroeg is 3 van sy manne al aan die werk en maak die bakkie so skoon soos hulle kan.Net na 11 is ons weer in die pad en besluit dat ons die onmoontlike gaan probeer.In Kasane koop ons net die nodige klere by Pep Stores en vertrek na die grenspos.Die was die vinnigste en maklikste wat ek ooit deur die grens by Kasane is.40 min en ons is op die pad na Livingstone.Geen vrae deur die amptenare by die grens,geen verkeer of polisiebeamptes wat met ons sukkel nie.Dis amper ongelooflik.Ons spandeer 1 dag by die Weeshuis en skool en vertrek terug na RSA.Ons beplan om weer by die Lodge te slaap maar staan 30 km voor die lodge met n pap battery.Die gebrek aan bedrading veroorsaak natuurlik dat die battery nie laai nie.Weereens n swart broer wat tot ons redding kom.Hy stop met sy trok en ons ruil een battery en toe is ons weer aan die gang.30 km verder ruil ons weer batterye en ek kon toe die bakkie se battery laai by die lodge vir die volgende dag se rit.Ons vertrek die oggend baie vroeg en kry weereens geen verkeer of polisiebeampte wat belangstel in die swartgebrande bakkie nie.Ons kom die aand 22:00 in Potchefstroom aan nadat ons in Rustenburg n battery moes koop vir die ligte.Ons voel asof ons gewen het al het ons die skade van die kamptoerusting sowel as die voertuigskade gehad.Die voertuig is 100 persent herstel.Kamptoerusting vervang jy nie sommer in een slag nie.
Wat was die oorsaak van die brand.n Zero vrieskas se hitte element waarop n canvas ripstop afdak le hou nie van mekaar nie.Dis al wat dit kon veroorsaak het.Vir al die mense wat daardie dag gestop het,dankie.Ek sal nooit weer by iemand in die nood verbyry nie.Veral nie in Afrika en veral nie as ek sien dis een voertuig op sy eie nie.
Die afgelope 4 jaar was dit my voorreg om verskeie groepe mense te neem na afgelee plekke nie net om dit te geniet nie maar ook om die goeie nuus te vat na die uithoeke van Afrika.Die plesier daarvan is vir almal beskore.As jy jou 4x4 rerig wil toets en jy is nie bang om onder n boom te slaap nie kontak my dan gaan jy saam.Die glimlag op n kind se gesig wat die Jesusfilm in sy moedertaal kyk maak alles die moeite werd.
Lees ander artikels deur afrikaan
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur Christo Nel
Dr Christo Nel skryf hier oor die nuwe wyn-waarhede in die Bybel wat sy en ander se lewens verander het.
seënwense
annelie