Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Arthur de Gobineau, werklike naam Joseph Arthur, comte de Les Pléiades, gebore te Ville-d'Avray (naby Parys) op 14 Julie 1816 –oorlede op 13 Oktober 1882 te Turyn, was ʼn Franse diplomaat, digter, skrywer, beeldhouer, politikus, en rasse-teoretikus.
Na sy skoolopleiding in Frankryk en Switserland word Gobineau in 1849 lid van die Franse diplomatieke korps. In 1855 is hy deur Napoleon III as diplomaat na Persië gestuur. In 1859 is hy keiserlike kommissaris in die VSA , vanaf 1861 is hy buitengewone afgevaardigde vir 'n verdere missie na Persië, en vanaf 1864 is hy in diens te Athene. Daarbenewens voer hy diplomatieke opdragte uit in Rio de Janeiro en in Stockholm.
Tydens sy eerste sending in Persië word Gobineau geïnspireer tot sy idee van die bestaan van ʼn superieure ras (rasse maîtresses); hy het geglo dat rasse verantwoordelik vir die ontstaan van kulture. Hy het voorgestel dat daar 'n natuurlike skeiding of versperring bestaan tussen drie rasse, die Kaukasische/Europeïde (wit), die Negroïde (swart) en die Mongoloïde (geel) ras; en deur die oorsteek van die rassegrense deur rassevermenging sou die menslike spesie degenereer. Tewens het hy gesê dat die "Kaukasische ras" die hoogste ontwikkeld is, en het dit gelykgestel aan die Indo-Europese kultuur wat bekendstaan as die van die Ariërs.
Gobineau sien die ontstaan van wêreldryke as 'n negatiewe ontwikkeling wat sou eindig in die vernietiging van die superieure ras wat die ryk stig, omdat daar in wêreldryke rassevermenging plaasvind wat lei tot degenerasie van die superieure ras. Gobineau noem hierdie proses semitizatie, daar hy van mening was dat die Semitiese volkere die resultaat was van rassevermenging tussen sy drie rasse. Om hierdie rede het Gobineau – in teenstelling met latere rassiste soos Madison Grant, wat die Negroïde ras as minderwaardig beskou – die Arabiere en Jode as minderwaardig beskou. Gobineau sien die Nordiese volke as die suiwerste blankes en ag hulle die superieur tot ander Kaukasische volke, soos die Latynse ras, waarop hy sy Nordiese teorie grondves.
Gobineau is veral bekend vir sy werk oor die ongelykheid van die mens, Essai sur l'inégalité des rasse humaines (Verhandeling oor die ongelykheid van die menslike rasse), gepubliseer in twee dele, 1853 en 1855. Die boek is opgedra aan George V, koning van Hannover. In 1884, na die dood van Gobineau, kom daar 'n tweede druk uit. Op aandrang van Cosima Wagner is dit in Duits vertaal deur Ludwig Schemann, Versuch über die Ungleichheit der Menschenrassen (1898-1901); in 1914 volg 'n Engelse vertaling, The inequality of Human Races , deur A. Collins.
Gobineau was nie die eerste wat 'n rasseteorie opgestel het nie; in 1849 publiseer die Duitse sielkundige Carl Gustav Carus sy boek Über ungleiche Befähigung der verschiedenen Menschheitstämme für höhere geistige Entwickelung (Oor die ongelyke geskiktheid van die verskillende mensestamme tot geestelike ontwikkeling), 'n werk waarna Gobineau meermale na verwys.
Gobineau se Essai het veral groot invloed in die VSA, en in Duitsland op die Volksbeweging, die Konserwatiewe Revolusie, die ariosofie en nasionaal-sosialisme gehad.
In 1894 is te Freiburg is die eerste Gobineau Vereniging gestig, 'n vereniging met as doel die verspreiding van Gobineau se rasseteorie en sy ander werke. Die stigter is Ludwig Schemann, asook Ludwig Woltman, uitgewer van die rassistiese antropologiese tydskrif Revue, die amateur antropoloog Otto Ammon en Houston Stewart Chamberlain behoort almal tot die Duitse skool van Gobineau se volgelinge. In Frankryk voorsien graaf Georges Vacher de Lapouge, Gobineau se rasseteorie van kultusagtige praktyke. Madison Grant verkondig in sy boek The Passing of the Great Race die superioriteit van die wit Anglo-Saksers.
Gobineau staan by die Bahá'í’s bekend as die persoon wat die enigste volledige manuskrip betreffende die vroeë geskiedenis van die Bábisme in Persië in besit gekry het; 'n manuskrip wat geskryf is deur Hajji Mirza Jan van Kashan, wat circa 1852 deur die Persiese owerhede ter dood veroordeel is. Die manuskrip bevind hom tans in die Bibliothèque nasionale de France te Parys. Die Baha'i-geloof verbind hom egter nie met die teorieë van Gobineau nie.
Gobineau was eweneens suksesvol as skrywer. In sy romans idealiseer hy dieselfde reaksionêre en aristokratiese idees en sy afkeer aan die demokratiese massakultuur netsoos in sy politieke werk.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Interresant
Met die 7% nie-blanke bloed wat in die gemiddelde Afrikaner se are vloei sou ons seker nie onder die verhewe ras geklasifiseer kon word nie.
4 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 14 ure oud


nligting

Gobineau het Genesis en Levitikus gelees
4 jaar 3 maande 2 weke 3 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar