Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Georganiseerde geloof se wortels kan teruggaan tot by die Neolitiese revolusie wat 11,000 jaar gelede in die Midde-Ooste begin het, maar kon onafhanklik op verskeie plekke om die wêreld voorgekom het. Die uitvinding van landbou het die gemeenskappe van ʼn jagter-versamelaar leefstyl na ʼn gevestigde leefstyl verander. Die gevolge van die Neolitiese revolusie sluit ʼn bevolkingsontploffing en ʼn versnelling in die pas van tegnologiese ontwikkeling in. Ook byvoorbeeld, het dit die oorgang van kossoek-groepe na stadstate en koninkryke verhaas, en het meer gespesialiseerde en ontwikkelde geloofvorme wat die nuwe sosiale en politieke omgewing reflekteer, ontwikkel. Terwyl groepe en klein stamme geloof in die bonatuurlike besit het, het hierdie gelowe nie gedien om ʼn sentrale gesag en die oordrag van rykdom te regverdig nie, of om vrede tussen onverwante individue te bewaar nie. Georganiseerde gelowe ontstaan klaarblyklik as ʼn hulpmiddel om sosiale en ekonomiese stabiliteit te waarborg deur die gebruik van die volgende metodes:
• Regverdiging van die sentrale gesag, wat op sy beurt die mag bekom om belastings te hef in ruil vir die verskaffing van sosiale- en veiligheidsdienste.
• Groepe en stamme het hoogswaarskynlik uit ʼn klein aantal verwante individue bestaan. Stadstate en nasies is egter saamgestel uit duisende onverwante individue. Jared Diamond beweer dat georganiseerde geloof gedien het om ʼn band tussen onverwante individue, wat andersins meer geneig was tot vyandigheid, te smee. Hy beweer dat die hoofoorsaak van dood in jagter-versamelaar gemeenskappe, moord was.
• Gelowe wat wentel om moraliserende gode het die opkoms van groot, koöperatiewe groepe van onverwante individue vergemaklik.
Die stadstate gebore uit die Neolitiese revolusie, soos dié van Ou Egipte en Mesopotamië, was teokraties, waar hoofde, konings en keisers die dubbele rol van politieke sowel as geestelike leier, vertolk het. Antropoloë het bevind dat byna alle en hoofman- en staatsgemeenskappe op aarde, tot stand gekom het deur ʼn goddelike heerskappy om politieke mag te regverdig.
Die nomadiese Hebreërs of Habiru skep ʼn eie geloof met die finale redigering en kanonisering van die Torah tydens die Babiloniese ballingskap in die 6de en 5de eeu v.C., wat basies gebaseer is op genetiese gedragslyne, wat soos volg deur Lyall Watson in sy boek Dark Nature uiteengesit is.
1. BE NASTY TO OUTSIDERS
2. BE NICE TO INSIDERS
3. CHEAT WHENEVER POSSIBLE



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Moses se stoel
Wetenskaplikes, historici, teoloë en selfs sy eie kerk die sewendedag adventiste verwerp Ron Wyatt se sogenaamde bewyse.
4 jaar 4 maande 6 dae 13 ure oud


MOSES SE STOEL IS BEWYS
my respons

dit is regtig so,
dat geen rekord van Moses bestaan nie,
behalwe sy beroemde STOEL,
in Yerushalem se Biblioteek Argief,
al die pad vanaf Sinai saamgedra.,

want met Farao se verdelging in die see,
het sy opvolger opdrag gegee dat alles wat na Yisrael en of Moses verwys,
uitgewis word.

Ek weet want ek was in Egipte
en het die antwoord daar by die museum in Kairo gekry.
Maar Ron Wyatt het wel al die bewyse onder die see gekry van Farao se waens.

Google gerus Ron Wyatt.

groetnis
4 jaar 4 maande 6 dae 17 ure oud


my respons


1 - as dit alles waar is;
. . . . dan het die SEUNS VAN GOD = SATAN,
Die stelsels onder hulle begin in die Buiteruimte,
4,000 jaar voor Kain met sy Stad-State en mag begin het: [Genesis 4]

2 - Adam het nog van aangesig tot aangesig met יְהֹוָה gepraat,
sowel as sy seun Set,
en eers met die geboorte van Enos,
is die kommunikasie deur geloof in SY NAAM יהוה begin aanroep:
Gen 4:26 En ook vir Set is ‘n seun gebore,
wat hy Enos genoem het.
Toe het hulle die Naam van יהוה begin aanroep.

3 - Die nomadiese Hebreërs of Habiru
staan vandag bekend as JODE,
wat vermengdes is
en wat hulle eie geloof in die TALMUD geskryf het,
en dit is JUDAÏSME.

4 - יהוה het SY TORAH,
letter vir letter van aangesig tot aangesig
vir 40 dae en nagte aan Moses dikteer,
en SY VERBOND self op KLIP geskryf,
3451 jaar gelede.

En Hy het aan Moses,
toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai,
die twee tafels van die Getuienis gegee,
tafels van klip,
beskrywe met die vinger van יהוה

En die verskyning van יהוה se heerlikheid
was in die oë van die kinders van Yisrael
soos ‘n verterende vuur op die top van die berg.
En Moses het binne-in die wolk ingegaan en die berg opgeklim.
En Moses was op die berg veertig dae en veertig nagte.

En toe Moses van die berg Sinai afdaal—
die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses
toe hy van die berg afdaal het Moses nie geweet
dat die vel van sy gesig blink omdat hy met Hom gespreek het nie.

En יהושוע die seun van נוּן = ETERNAL = EWIGDUREND
was vol van רוּחַ = RUACH = ASEM van wysheid;
want Moses het hom die hande opgelê.
En die kinders van Yisrael het na hom geluister
en gedoen soos יהוה Moses beveel het.
En soos Moses,
vir wie יהוה van aangesig tot aangesig geken het,
het daar geen profeet meer in Yisrael opgestaan nie—
wat betref al die tekens en die wonders wat יהוה hom opgedra het
om in Egipteland aan Farao
en aan al sy dienaars
en sy hele land te doen,
en wat betref die hele magsopenbaring en al die groot,
skrikwekkende dade wat Moses voor die oë van die hele Yisrael gedoen het.
4 jaar 4 maande 1 week 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Tong in die kies

    deur Delene de Wet

    My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar