Titel: Die opstanding stories
Weergawe: 1
Aantal woorde: 986
Kere gelees: 179
Datum gepubliseer: 08 Mar 2010
(Verskoon tog die spelfout hier en daar. Google Chrome wil glad nie my spelling reguleer nie!)
Na aanlyding van 'n ander artikel deur Gerhard Ebersöhn wil ek graag by godsdienstiges en veral Christene weet hoe hulle oor aspekte kan redeneer as die basiese fondament van die godsdiens sulke verskille het?
Die opstanding van julle god in die nuwe testament is seker een van of miskien die belangrikste doktrine van julle godsaanbidding.
Hoe so dat die volgende so radikaal kan verskil? In godsdiens word daar hare gesplyt oor een woord se betekenis in 'n sin, maar hier het ons gate in die stories.
So ons het Markus met die rolspelers:
http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-3&book=MRK&chapter=16&version=1&GO=Wys - Die storie op bybel.co.za
Maria Magdalena
Salome
Maria (Jakobus se ma)
'n Jongman
...en nog 'n snaakse ding. Vers 8. Sal ek verkeerd wees as ek sê Jesus was hulle lewe, en hulle het sy wonderwerke aanskou, en hulle daar was omdat hy daar was? Hoekom het hulle niks gesê nadat hulle sy lyk nie kon vind nie? Let wel, volgens die gebruikte grondteks eindig die Evangelie hier. Verse 9 tot 20 is in sommige manuskripte bygevoeg en is mettertyd aanvaar as die gepaste afsluiting van die Evangelie. As hulle niemand gesê het nie, hoe kon dit dan geskryf word? Wie dink die ander verse is ingelas om later oog getuies te bekom?
Matteus se rolspelers:
http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-4&book=MAT&chapter=28&version=1&GO=Wys
Maria Magdalena
Maria (die ander een)
Die wagte (geen vaste getal)
'n Engel (oppad uit die hemel)
...en hier hardloop hul “bang maar baie bly” weg direk na die dissipels toe.
Hier het ons die twee stories van die lee graf. In die een, Markus, en dan die “souped up version” in Matteus.
Hier word Salome summier gedrop, 'n aardbewing word ingegooi, die jong man verander in 'n engel en wagte maak hulle verskyning. Die oop graf is nou summier toe, en 'n engel rol nou die klip weg.
Snaaks genoeg, die wagte se insluiting word eers agterna ingegooi saam met die Joodse smeerveldtog van “Hierdie storie word tot vandag toe onder die Jode vertel” van Jesus se lyk wat gesteel was.
Ook, in Markus word daar nie vertel dat Jesus aan Maria Magdelena en die ander Maria verkyn het nie. Waarom nie? Ek bedoel, hulle het hom gesien sterf op die kruis, en nou is Jesus klaarblyklik nou lewendig. Is dit nie 'n absolute fundementele ding wat gebeur het nie? Waarom geen notering van dit deur Markus nie? Of het Matteus dit “opgekikker”?
Blaai om na Lukas toe en die rolspelers is:
http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-8&book=LUK&chapter=24&version=1&GO=Wys
Maria Magdelena
Johanna
Maria (Jakobus se ma)
“ander vroue wat saam met hulle was”
2 manne in blink klere (let wel, manne)
So hier het ons meer vrouens, ekstra blink klere, Johanna het ingeval, Salome is “missing” die graf al klaar oop en toe die vroue die storie vertel was hulle nie geglo nie. Maar toe die vroue vertel was van Jesus se opstanding (dmv die blink manne) het hulle dadelik onthou hy het dit gesê. Snaaks dat die ander op daardie oomblik nie vir Jesus geglo het nie. En hier het ons Petrus wat 'n draf gevat het graf toe. Ook hier was iets so groot soos 'n aardbewing heeltemal gemis en geen wagte was gevind nie.
Oor na Johannes se rolspelers:
http://www.bybel.co.za/search/search-detail.php?prev=-9&book=JHN&chapter=20&version=1&GO=Wys
Maria Magdelena.
Simon Petrus
'n ander dissipel
'Jesus (as 'n tuinier aangesien)
Dis dit. Geen wagte of ander vrouens nie, geen engele nie en 'n oopgemaakte graf. En sy besluit toe om terug te gaan en hier is Simon Petrus en 'n ander dissipel terug graf toe. So twee het teruggegaan in plaas van net een van Lukas. Toe hulle eers huis toe gaan TOE verskyn 2 engele in wit klere aan haar.
Hoe kan dit wees dat iets wat so 'n groot spilpunt en absolute anker van die Christelike geloof so bloots gery word deur teenstrydige standpunte van vier outers.
Ek bedoel, kronologies is daar verskille, verskillende rolspelers, verskillenede omstandighede, verskillende natuurlike en bonauurlike gebeure, verskillende gesprekke, en al wat almal mee kan saamstem is dat daar geen ooggetuies was dat Jesus opgestaan het nie. Niemand het dit gesien gebeur nie. Niemand kon 'n lyk kry nie. Was die lyk ooit daar? Was dit gesteel? Nou die eerste ding wat in my gedagtes opkom is Occam se skeermes. Maar skies, kom ons hou by die storie. Okay. Ook nog 'n ander ding wat miskien kan help.
So hier het ons 'n baie snaakse geval waar die Koran die Bybel kan uithelp. Hier word ook van Jesus gepraat. My Arabies is maar bra vrot (ek het nie 'n “cooking clue” oor die taal nie!) en sover ek dit kan uitwerk sê dit dat Jesus nie doodgemaak is nie, maar opgeneem is deur God. Hier het ons ook 'n “missing body” geval. Maar miskien kan iemand beter verduidelik wat die Koran sê oor dit?
Maar ja. Hoe kan daar so geredekawel word oor spesifieke woorde soos “'n dooie” of “wit lig” ens ens as daar nie eens konsensus is in die handboek of tussen die aanbidders is oor die belangrikste aspek van die storie waarop die godsdiens gebaseer is nie.
Hoe verduidelik Christene die verskillende weergawes? En onthou, ons praat hier van die Bybel, wat nie verkeerd mag wees of verander mag word nie. Mens kan nie woord vir woord Noag se vloed of die 7 dae skepping glo en nie dieselfde kriteria toepas op iets anders nie.
En so tussen ons, wie is die Lorber, en die White-iste wat van gepraat word? Enige inligting oor die ouens? Nog sektes?
Lekker oggend daar,
Aap.
Lees ander artikels deur Aap sonner hart
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Ek is nie seker van waaroor presies Dan Brown se hofsaak met die kerk was nie maar ek vermoed hy't 'n bitter k@k prokereer gehad...
Ek sou gepleit het dat ek bereid is om toe te gee dat die totale Da Vinci code 'n leuen was, op een enkele voorwaarde, nl. dat die kerk net EEN van 'n legio van sy dogma's voor die Hof moes kom bewys... maar nou ja: die kerk het 'n goed ge-oefende geloofs verweer
Ek glo per toeval dat JC wel die aarde bewandel het, en dat hy 'n ware man van God was, sy grootste daad synde dat hy onvoorwaardelike liefde aan almal gepleeg het, vanaf hoer tot hoepriester... iets wat ons sogenaamde gelowiges nog nie heeltemal vang nie
Wat die wonderwerke en lee grafte en dies meer aanbetref glo ek, ietwat tong in die kies, dat die nie bo die eerste dissipels was om maar die storie biekie aan te dik nie: ek wil onthou dat minstens een van hulle 'n doktor was en hy moes uiteraard sy praktyk opgee vir evangelisaisie, so ek glo die manne het maar so ondermekaar op 'n bemarking strategie besluit wat die skares sou inbring om "onkostes te dek"
En ja (is dit nou die artikel of die anner een weer) daar is 'n wereldse verskil tussen geloof en godsdiens - pardon the pun
Ek hou die blad met belangstelling dop