Weergawe: 1
Aantal woorde: 415
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 16 Dec 2011
Vir die rymende quatern is die rymskema:
A1bab / cA1ca / adA1d / eaeA1 (Soos gewoonlik dui hoofletter die refrein aan.)
Ryter Roethicle se gedigte “Tease,” “Autumn in Melbourne,” “Blessed Heaven,” “Creatures of the Night,” “Dark Lord,” “Finale in the Rain,” “I Taste Your Essence,” “Jealous for a while,” “Journey on a different path,” “No Yes In Yesterday,” “The Waratah” en “X Morning” is net ‘n klompie van die uitstekende voorbeelde tot die qautern.
Hier is my poging tot die rymende quatern:
Uit hierdie stad wou ek ontvlug (Quatern)
A1 Uit hierdie stad wou ek ontvlug,
b iewers anders ‘n toevlug vind,
a nooit weer wou ek hierheen terug
b waar straatligte mens soms verblind.
c Ek dink nog aan hoe dit eens was,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug,
c ek kon nie in dié miernes pas,
a soek na iewers elders ‘n brug.
a Vir dit om my is ek bedug,
d vry wou ek ook op die strand dwaal,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug,
d ‘n trein, ‘n bus na iewers haal.
e Nou plas ek in die stad se stroom,
a kom soms nog in die buitelug
e en van hier weg kom kan ek droom,
A1 uit hierdie stad wou ek ontvlug.
Vir die rymlose quatern is die refrein in die eerste versreël van die eerste kwatryn, in die tweede versreël van die tweede kwatryn, in die derde versreël van die derde kwatryn en in die vierde versreël van die vierde kwatryn.
Hier is my voorbeelde van quatern in vrye vers vorm:
Vyandelike spore (vrye vers Quatern)
Daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
die vyand kan enige plek wees,
die spoor verras die spoorsnyer,
hy kyk versigtig hier en daar.
Vir my lyk die spore eenders,
daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
ek weet nie van waar hulle kom,
hoeveel van die vyand daar is.
Dis vir die spoorsnyer bekend
die manier hoe dit lê, die lyn,
daar is spore net waar ek kyk, (refrein)
wat baie net soos myne is.
Ons drink water onder ‘n boom,
vind daarso toe ‘n soort fopmyn
wat my amper bokveld toe stuur,
daar is spore net waar ek kyk. (refrein)
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Piet Schoombie
Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..