Weergawe: 1
Aantal woorde: 347
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 18 Oct 2012
Ryter Roethicle se gedig “Fields we have planted” is ‘n baie goeie voorbeeld van hierdie versvorm.
Hier is my pogings in Afrikaans en Engels tot die quintain:
Net duskant Gordonsbaai (quintain)
a Net duskant Gordonsbaai
b waar varkore blom
a het ek haar af gaan laai
b my vir ‘n oomblik aan die natuur verstom
a maar sy het in my arms in gedraai.
As ek by ouma kom (quintain)
(vir Suné Strydom)
As ek by ouma kom
is daar altyd iets wat ek by haar kry,
draai ek haar om my pinkie om,
terwyl ek op haar rug perdjie ry
want ouma is uiters baie lief vir my.
My ouma raak al stok oud
wil my van liewe Jesus leer
raps partymaal my op my boud,
waar ek met my handjies keer
en daardie kattekwaad sal ek nooit weer probeer!
The night is starting (quintain)
The night is starting
while the blue is slipping away,
gleaming crimson the sun is departing
while its lasts rays decay
and suddenly it is the end of day.
Die Siciliaanse quintain word met tien lettergrepe per lyn geskryf en hierdie versvorm was deur heelwat bekende digters gebruik. Ryter Roethicle se gedig “And on and on it goes, on through endless time” is ‘n goeie voorbeeld van hierdie versvorm.
Die rymskema van hierdie tipe quintain is ook ababb.
Hier is my pogings in Afrikaans en Engels tot die Sciliaanse quintain:
Sy het na my gekyk (Siciliaanse quintain)
Sy het na my gekyk, my oë gevind,
met haar lippe nader aan my gekom,
toe die wind ons weg wil waai, ons verblind
en was ek senuweeagtig en dom
skaars ietwat ouer as ‘n blote kind.
Perfect love (Sicilian Quintain)
Perfect love is such a strange kind of thing
in a way a kind of sublime paradigm
where we are searching something unending
that still stays even through the end of time,
as if it is eternally living.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?
eintlik baie bekend in SA. Hier word net gespel "soustrain".
Heil Gert!
Ek verstom my steeds oor jou kundigheid en ywer om die grootsheid van die kuns van digkuns onder ons aandag te bring.
En, meer nog, oor jou verbysterende vermoë om, soos dit lyk, sommer-sommer illustrerende materiaal uit jou mou te trek!
Hoe op aarde kry jy dit reg? Ons gewone digter-sterwelinge sukkel ons morsdood om die eenvoudigste vorms baas te raak.
Wat vir my ook verstommend is, is dat jou inisggewende en leersame reeks so min gelees word. Hierdie is die 110de aflewering van Stof en Tegniek, en daar is van die vroeëres wat soms minder as 20 keer gelees is.
A, nee, a, Woestelinge! Kom bietjie by!
Gert, ek merk op dat ek ook oor sekere van die goed skryf wat jy reeds behandel het - ek moes vroeër daarva kennis geneem het - dit sou my baie tyd gespaar het.
Ek stuur vandag iets in oor die lengte van die reëls van 'n gedig (dit het my maande en 5 000 woorde geneem om dinge te sê wat jy tussen oggendtee en middagete afhandel) ... en ek het die vrymoedigheid geneem om in 'n voetnota na jou gewaardeerde bydraes te verwys.
Nogmaals baie dankie
Steyn
Ns. Tensy daar uitsonderings is, is Gordonsbaai dan nie 'n suiwer quintain nie (?)