Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die rictameter versvorm word geskryf in nege versreëls. Die eerste en negende versreël is heeltemal identies met slegs een tot twee lettergrepe. Die tweede versreël bestaan uit twee tot vier lettergrepe. Die derde versreël het drie tot ses lettergrepe. Die vierde versreël het vier tot agt lettergrepe. Die vyfde versreël het vyf tot tien lettergrepe. Die sesde versreël het slegs agt lettergrepe. Die sewende versreël het slegs ses lettergrepe. Die agste versreël bestaan uit slegs vier lettergrepe.

Meraai vannie baai (op Woes) se gedig “Volmaak afgerond” is ‘n briljante voorbeeld van hierdie versvorm.

Hier is my poging tot die rictameter:



Dink net (rictameter)

Lekker
sou dit wees
sonder pyn, hartseer
as liefde innig tydloos was,
as elke gister terug kon draai,
as dade elke woord vervang
ons mekaar werklik ken;
so ‘n plek is:
lekker.



Just think (rictameter)

Great
it would be
without pain, heartache
if love was sincere timeless
if every yesterday could turn back
if good deeds did replace each word,
we did know each other;
such a place is:
great



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-)
Hier leer ek sowaar ook iets. Baie dankie vir die artikel....ek dink mens moet jou storie ken om so versie aanmekaar te gooi.
8 jaar 6 maande 6 dae 6 ure oud


Rictameter ..

Ek dink dit is 'n waardevolle bydrae tot digkuns - nie slegs die treffende inhoud nie, maar die insiggewende inligting oor die tegnieke van digkuns - soos trouens jou hele reeks oor tegnieke.
Net wanneer ek gedink het ek weet nou iets, is daar iets nuuts!
Dankie Gert ... ons gesels weer.
Steyn
8 jaar 6 maande 6 dae 9 ure oud


Dig...
van hoe om te dig weet ek niks, maar hierdie verse klink vir my "great"!
8 jaar 8 maande 1 dag 4 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar