Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende




SABBAT H7676 H7673 ONTWERPDOEL

H7676 שבת shabbath from H7673; intermission, that is, (specifically) the Sabbath: - (+ every) sabbath. [111x in die OT] [Strong]

H7673 שבת shabath = to repose, desist from exertion; cease, celebrate, cause to fail, keep (sabbath), put away, (make to) rest, rid, still, take away. ]Strong]

Die sabbat is [1] ‘n Dag geskep as deel van die skepping, waar onrein elohim (bonatuurlike wesens) nie naby die rein wesens, die adam H120 (die ras) van הוהי מיהלא , mag kom nie; [2] ‘n Dag van Gesinsfees; [3] ‘n Dag van intimiteit tussen die ouers; [4] ‘n Dag vir die ontmoeting met die Gees van Waarheid.

Adam en Chavvah was op die sesde dag geskape, en is as huwelikspaar ingestel voor die sabbat begin toe die son sak met die opdrag: “Wees vrugbaar en vul die aarde.”. . . en so natuurlik die intimiteit van die egpaar beteken omdat die sabbat as qodesh, dit is, apartgestel is van die onrein geeste teen wie הוהי מיהלא hulle wou beskerm, en die sabbat bied die perfekte privaatheid. Die intense liefde en intimiteit deur הוהי מיהלא geskep is dus die klimaks van Sy handewerk, want dit gee HOM die geleentheid om die ‘kleinkind’ in die geheim te skep, wat deel is van Sy gene. (Saad van Sy saad)

Gedurende die woestynlewe van die volk na die uittog uit Egipte, waar die volk juis nie sabbatsrus kon geniet nie, was die gesinslewe ook drasties affekteer, en dit was nodig dat Sy volk van slawerny aan gode en onvoldoende rus gered moes word. In die laer om die tabernakel, was die twaalf stamme inverdeel en met beperkte ruimte en onvoldoende stilte was dit absoluut noodsaaklik om die sabbat tot sy eie reg te kom: 1 - die vrou hoef nie kos voor te berei nie; 2 - niemand hoef te werk nie; 3 - die kinders moes ook rus; 4 die ouers moes intiem wees. Geen ander tyd was geskik nie en dit was wet en reg en die instelling en orde lank voor die Tien Gebooie dit skriftelik verpligtend gemaak het.

Toe sê הוהי מיהלא vir Moses: Hoe lank weier julle om my gebooie en my wette te onderhou? Kyk, omdat הוהי מיהלא julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie. So het die volk dan op die sewende dag gerus. [Exodus 16:28-30]

Sabbat is dus wet en verbod en gebod, vanaf Adam [H121] tot in die nuwe skepping.

Sabbat is in werklikheid ‘n ewigdurende ‘wittebrood’:

En die huis van Yisrael het dit MAN genoem. En dit was wit soos koljandersaad, en dit het gesmaak soos heuningkoek. [Exodus 16:31]

So is dan voltooi die hemel en die aarde met hulle ganse leërmag. En הוהי מיהלא het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het. הוהי מיהלא het die sewende dag geseën en dit qodesh (apartgestel), omdat Hy daarop gerus het van al sy werk wat הוהי מיהלא geskape het deur dit te maak. [Genesis 2:1-3]

Ons begryp nie altyd wat werklik bedoel is nie, maar הוהי מיהלא het nie rus nodig nie, maar gun die privaatheid aan sy kinders deur Sy onthouding van betrokkenheid tewryl hulle engelebeskerming ontvang teen enige onrein geeste. Ouerintimiteit is natuurlik en op bevel as gesond en deel van die lewensproses.

As ‘n man pas getroud is, hoef hy nie op kommando uit te trek nie, en hulle moet hom in geen enkele opsig iets oplê nie; een jaar lank moet hy vry wees vir sy huis en aan sy vrou wat hy geneem het, vreugde verskaf. [Deuteronomy 24:5]

Mag jou fontein geseënd wees, en verheug jou oor die vrou van jou jeug- [Proverbs 5:18]

Het Hy dan nie een gemaak nie, hoewel Hy gees oorgehad het? En waarom die een? Hy het ‘n geslag van הוהי מיהלא gesoek. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou aan die vrou van jou jeug nie. [Malachi 2:15] (korreksie voorsien)

Die huweliksbed moet vir ewig op die sabbat die rus van die sorge van die lewe vir die egpaar verskaf.
Hierdie onderlinge begeerte na liefdesintimitieit is ‘n deelproses en hunkering na die vreugde verskaf aan die vrou, en word meer intens soos die jare aanstap in maatskap. Die man moet sy trots in sy vrou altyd eerste hou en sy liefde erken veral op die oudag. Die man se liefde vir sy vrou moet ‘n obsessie wees, sodat niks gedink of gedoen word sonder die effek op die huweliksmaat nie. Liefde is ‘n verslawingsmiddel tot vreugde, genot, plesier, goedheid, eerlikheid, tevredenheid en sulke dinge wat die vrug van die Gees is.

U kan gerus weer lees in die gelykenis, met die huweliksbril op:

En terwyl Hy op die sabbat deur die gesaaides loop, het sy dissipels al gaande are begin pluk. Kyk, waarom doen hulle op die sabbat wat nie geoorloof is nie? En Hy sê vir hulle: Het julle nooit gelees wat Dawid gedoen het nie—toe hy in die nood was, en hy en die wat by hom was, honger gehad het— hoe hy in die huis van הוהי מיהלא gegaan het in die tyd van Abjatar, die hoëpriester, en die toonbrode geëet het wat vir niemand behalwe die priesters geoorloof is om te eet nie; en ook aan die wat saam met hom was, gegee het? En Hy sê vir hulle: Die sabbat is gemaak vir adam, nie adam vir die sabbat nie. Daarom is die Seun van adam Meester ook van die sabbat. [Mark 2:23-28]

“So the Son of Adam is also Master of the Sabbath.”1 Footnote: 1Mt. 12:8. [Mark 2:28 The Scriptures 1998+]

“For the Son of Adam is Master of the Sabbath.” [Matthew 12:8 The Scriptures 1998+]

Die sabbat is net aan die adam [H120] gegee en nie aan die ander nasies nie! Hulle het die leër van die hemel gekry!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

*
Wat stop jy in jou pyp?
9 jaar 1 maand 2 weke 21 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar