Titel: Die Sagmoedige Jesus (Wie se Vader blykbaar ook baie geduld het)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 407
Kere gelees: 108
Datum gepubliseer: 20 Nov 2011
Ek plaas hierdie rubriek onder artikels om praktiese redes.
In Lukas se weergawe van die lewe van Jesus vind ons 'n versie wat deur Sy liggaam (al die kerke en mense wie Sy Blye Boodskap van Genade en Liefde glo en verkondig) se vyande misbruik word in 'n lafhartige poging om Hom na 'n wreedaard te laat lyk vir stupid mense wat enige nonsens sal glo.
In die versie kom dit voor of Hy 'n opdrag gee aan mense om die mense wat Hom as Koning verwerp dood te slaan. Soek mens deur die res van Lukas en die res van die boeke wat oor Sy lewe handel lyk dit nie eintlik of enigeen hulle aan die opdrag gesteur het nie. Dit laat my wonder of Hy dit ooit regtig gesê het.
Lukas het ook maar net geskrywe wat hy in Markus gelees het en daarby aangelas wat hy uit ander bronne gekry het en van ander mense gehoor het. Indien die versie nie verkeerd vertaal was op 'n kol nie kan mens arme Lukas ook nie verkwalik as hy maar net iets wat hy by iemand anders gehoor het of verkeerd aangehaal het nie.
Die res van die Evangelies is vol van vertellings en aanhalings van Jesus wat spreek van baie geduld en naasteliefde. Al vir wie Hy kwaad geword het was die klomp verkrampte leraars van die ou wette soos die Fariseërs en die skrifgeleerdes wie ook nie eers 6% van die bevolking van Israel in daardie jare verteenwoordig het nie. Hulle wou tog te graag shine vang en die mense beheer en Hy was 'n doring in hulle vlees want Hy het mense gehelp om vry te kom van die klomp control freaks se twak.
Sadly sien mens dat daar vandag nog steeds mense is wat die lewe en godsdiens met die klomp treurmare wat deur Hom die addergeslag genoem is se ingesteldheid benader. Die armes van gees sal ongelukkig tot aan die einde van hierdie tydvak met ons wees.
Gelukkig belowe God ons dat Hy eventually van hulle almal sal ontslae raak, sodra hulle nut uitgedien raak. Jipee!!! Tot dan moet ons hulle maar as voorbeeld van hoe mens nie met die Heilige geskrifte moet omgaan nie verdra. Wel, hulle het darem ook 'n nut en ons behoort hulle eintlik te bedank dat hulle hulle lewens daaraan wy om ons te leer hoe om nie te wees nie. Dankie ouens, ons waardeer dit.
Lees ander artikels deur AardigeAfrikaner
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


deur die Posman
n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.