Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


En nie net die skryf van ʼn Artikel nie, maar ook die skryf van enigiets; 'n Storie, gedig, rubriek, enigiets wat die skrywer gaan uitgooi vir Jan Rap en sy maat om te lees.
Daar is twee baie belangrike gedagte rigtings.
Die een is wat die bedoeling van die skrywer met sy skrywe is. Watter storie beoog die skrywer om te vertel, wat wil hy skilder.
Die ander een is wat verlang die leser. Wat sal die leser graag wil weet ? Wat kom in die leser se gedagtes op terwyl hy lees.

Ek blaai deur, seker een van die beste byvoegsels in ʼn koerant wat ek ken. ‘BY’ van Beeld op Saterdae. Daar is normaalweg heelwat in om aan te kou.
Dit is net jammer dat die papier waarop koerante druk, nie tyd bestand is nie. Dit is gefabriseer om te vergaan. Die papier vergeel en breek sommer vanself baie vinnig af.
Dit is elke keer vir my ʼn traumatiese ervaring om sulke kosbare geskrifte vir my erdwurms te gee. Glo vir my, hulle maak baie goeie kompos van die papier.

In hierdie Saterdag se BY sien ek baie dinge wat my sommer die strydbyl laat neergooi en ek wil graag op ʼn hopie sit en tjank.

Ek het Johannes de Villiers se artikel oor die ewige lewe baie geniet. Die artikel is reg geskryf – tegnies korrek met die nodige humor daarin. Net om diegene wat nie die Beeld koop nie te torring, gaan ek ietsie aanhaal.

Die hele storie gaan basies oor: Om vir ewig te kan lewe. Daar is wel twee goggatjies wat dit doen.
Die een is ʼn jellievissie so groot soos jou pinkie se nael, met die verskriklike naam van :Turritopsis nutricula.
Dan is daar ook so ʼn slymerige varswater wurmpie van die genus Planaria.
(Dit is geensins ʼn verwysing na iets van Rudi nie – gehoor!)
Die twee goedjies leef vir ewig ( As badluck hulle nie strike nie – soos as voedsel vir iets of ʼn klip val op dit.) Maar sy storie gaan eintlik oor Tannie Jeanne Louise Calment. Sy is die anderdag dood as die oudste persoon op rekord -122 jare!
En
Sy’t gerook soos ʼn skoorsteen totdat sy 117 jare oud was en toe kon sy nie meer die sigaret sien om dit aan te steek nie.
En
Al plooi wat sy gehad het, was die een waarop sy gesit het.
En toe sy nie meer kan rook nie, maak sy op 117 jare ʼn Rap – CD!
Sy was soos ek; Meester van die vuil grappe en vloek in technicolour!
En
Luister al julle sous tannies:
Sy het per week bykans een kilogram tjoklits ge-eet!
Dankie Johannes.

Dan is daar ʼn ander artikel.
Ek wil dit kategories stel. Kirby van der Merwe is iemand met ek kan assosieer – of hy wil of nie.
Maar Ek dink dat hy in hierdie artikel van hom, nie mooi gedink het nie.
Etienne Leroux. Wie ken hom nie?
Kirby vertel pragtig van die skrywer se lewe en strewe.
Kirby verwys ook dat die Leroux’s, welaf mense was. Ek sou só dink.; Met ʼn oupa wat Minister van Landbou was en 14 plase kon los boer, was geld nie ʼn probleem nie.
Kirby skilder rondom die familie en hoofsaaklik oor die seun met die stam naam; Stephen Leroux.
Op Kirby se vraag is hierdie Stephen baie beslis:
“Ek is nie my pa nie. Ek kan nie skryf nie, ek kan nie dig, – maar my pa kon boer en hy het my geleer om te boer en nou boer ek.”

Hierdie wys waaragter Kirby was, en hier gaan ek ook nou effe stilstaan.
Juis om by die punt te kom waarom ek nou hier sit en skryf;
ʼn Paar dinge :
Dit is by uitsondering dat ʼn kind van die besondere gawes van sy pa erf.
Ek het myself uit my eie lewe geruk, ontwortel, selfvernietig, omdat:
Ek ʼn seun het wat moeg daarvan is om Willem van Tonder se seun te wees!
Die pa is gewoonlik só sterk, dat alles rondom hom, hy is.
“O, is jy Willem se seun?”
“Is dit jou pa se goed?”
Die man kry net nie kans om vir die lewe te wys:
“Se moer met julle, ek dra sy naam maar ek is nie Willem se seun nie, ek is ek!”
Maar, daar is ʼn ander ding; Gene is verskriklik sterk.
My ouma aan Moeders kant was ʼn Gissing – Duits. My oupa aan Vaders kant se pa kom uit Tonderen in Duitsland.
Ouma Gissing was : ʼn Selfgestudeerde verpleegster ( London School of Nursing korrespondensie)
En sy was ʼn Musikant.
Oupa was Ingenieur:

Die gene skip een geslag oor en vestig in die volgende geslag:
My kinders is kunstenaars – Nie een lees of skryf nie. Ek hoop maar ʼn klein kind of agter kleinkind sal wel.
Maar, twee is in die mediese beroepe en almal is musikante. Ek en hulle ma la-la-la vals en is basies net lief vir musiek.

Dit bring my by my huil:
Kirby skryf niks van kleinkinders nie. Kirby gee nie eers ʼn aanduiding dat daar in die toekoms dalk ʼn skrywer gebore sal word nie. Kirby sê dit nie duidelik of Etienne nog ander kinders ook had nie.
Ek meen, die artikel gaan tog oor Etienne, en sy ‘daarna’.

Ek wil dan ook vra, ons is mense en dit gaan oor mense en hulle dinge.
Wat het van die 14 plase geword?
Iewers is iets van ‘een verkoop’ en op ʼn ander plek, ’Stephan huur een terug’

Mens moet oppas vir foto’s. Die goed praat en skinder erger as tannie wisselboude van Fochville.
Stephan, daai geboutjie waar die geskeerde skape so jubelend spring, wie het laaste na daai geboutjie se welstand omgesien?
Bid vir wind my broe’, bid vir wind, dit moenie kom nie, daai dak gaan vlieg!

Die verskriklike seer in Kirby se storie is; Sy skilder van die dood.
Etienne is dood en op die liefding plaas begrawe. Stephan het klaar sy eie graf nextdoor gegrawe, dit lê oop net reg vir hom om in te val as hy sleg voel die dag.
Kirby vertel van dood. Van alles wat Etienne nagelaat het se dood: Die geboue, die inhoud, die totale verval en vernietiging van alles.
Omdat iemand, iemand te lui en sleg en vrotsig en nutteloos was, om daarna om te sien.
“Ek is nie my pa nie.” (Huh?)

Ek verwys: BY (Buiteperd) – Beeld Saterdag 14 April 2012

Willie F van Tonder
2012/04/15





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skryf
Is dit nou weer 'n geval van: 'easy come, easy go'?
Jy sit my aan die dink oor wat die kinders by my ge-erf het en dat ek eintlik wil hê hulle moet meer van Bokka erf.
7 jaar 8 maande 3 dae 1 uur oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar