Artikels

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In ‘n onlangse referendum in Switzerland, is daar deur ongeveer 57% van die inwoners gestem ten gunste van ‘n verbod op die oprigting van enige verdere Moslem minarette of tempeltorings. Dit is uit hierdie torings vanwaar oproepe tot gebed op bepaalde tye daagliks gedoen word. Dit is dieselfde minarette wat deur die Turkse Eerste Minister, Recep Tayyip Erdogan, as die bajonette van die Moslemstryd beskryf is.

Hierdie besluit het natuurlik heelwat reaksie uit die Moslemlande ontlok, met uitsprake van “…. dit kan Switzerland se neutrale posisie in die vrye wêreld baie skade aandoen,” asook “…Moslemlande kan dalk heroorweging begin skenk aan toekomstige handelsbetrekkinge met Switzerland”.

Uit Engeland het Mohammed Shafiq (Moslemjeugleier in Britanje) in ‘n persverklaring gesê dat dit ‘n hartseer dag vir godsdiensvryheid is. Uit Oostenryk het ‘n hoogs emosionele Omar Al-Rawin (Moslem geestelike leier) gesê, “Switzerland het misluk deurdat dit nie daarin kon slaag om ‘n duidelike standpunt te kon maak vir diversiteit, geloofsvryheid en menseregte nie.”

Die uitslag van hierdie referendum is nogal insiggewend, gesien in die lig van ‘n onlangse uitspraak waarin Switzerland bestempel is as die “mees welvarende heidendom in Europa.” Dit is ook insiggewend om te sien dat lande soos Frankryk en Duitsland ‘n streep begin trek as dit gaan oor die tradisonele Islamitiese drag vir vroue binne die skole en werksplek. Dit gaan ongelukkig nie oor die behoud van Christelike waardes as sulks nie, maar dit kan eerder gesien word as teevoeter vir die blatante propagering van “vreemde” ideologieë wat indruis teen die dekadente vryhede binne die Westerse gemeenskap.

Die verwysings na “geloofsvryheid” deur die Moslemminderheid in Europa is darenteen net so insiggewend. Moslemlande dwarsoor die wêreld is in die meeste gevalle totaal geslote vir ander godsdienste. En, al maak hulle grondwette in baie gevalle wel voorsiening vir godsdiensvryheid, is dit ‘n onbegonne taak om ‘n permit te verkry vir die oprig van ‘n Christelike plek van aanbidding in enige van die tradisioneel Moslemlande. En al sou jy, teen alle verwagtinge in, wel toestemming verkry, en daarin slaag om die een of ander struktuur opgerig te kry, gaan die owerheid merkbaar afsydig staan as die plaaslike inwoners daardie plek van jou aan die brand gaan steek. En al kan jy die belhamels uitwys met verdoemende bewyse, sal jy jouself vasdraai in burokratiese rompslomp wat oor jare gaan strek sonder dat jy ooit daardie saak van jou gaan wen. Die grootste struikelblok in die verband is die ultra-streng Sharia-wette wat niks anders is as morele gedragskodes vir die Moslem nie. Hierdie wette ontken die bestaan van enige ander godsdiens behalwe Islam en is bekend daarvoor dat dit baie diskriminerend teenoor die vrou is geen van haar regte erken nie.

Waar die Moslem dus, valslik en onder die dekmantel van menseregte, minderheidsregte en geloofsvryheid binne die Westerse lande baklei vir hulle “regte”, het die Christendom so afgewaterd geraak dat dit lankal nie meer die “guts” het om te baklei vir hulle regte nie. In die meeste gevalle word links en regs toegewings gemaak om almal tog net gelukkig te probeer hou. Die Christendom het geleidelik, en ter wille van vrede, geïntigreer met die sekulêre wêreld en ‘n handige spreekbuis vir die Verenigde Nasies se “New Age” menseregte organisasie geword.

Ek lees nou die dag ‘n artikel waarin vertel word dat die amper onkeerbare opmars van Islam in Europa, vir die eerste maal gestuit kon word met die Slag van Poitiers in die jaar 732 toe ‘n verenigde front bestaande uit die leërs van die Frankiese koning Charles Martel en sy “vyand”, ‘n Viking leier met die naam van Holger, die Sarasene (Saracens) verpletterend verslaan het en uiteindelik daarin kon slaag om hulle terug te dryf tot binne die Iberiese skiereiland. Alhoewel die More (Moslem) eers teen die jaar 1492, finaal uit Europa verdryf kon word, was die Moslemvirus dus vir tyd en wyl beperk tot Spanje en Portugal.

Alhoewel hierdie Holger die Deen, welliswaar ‘n historiese figuur was, is dit wat oor hom geskryf is, beperk tot legendes. Uit geskrifte weet ons dat Holger gereeld met die Franke slaags was oor hulle strooptogte binne-in Deense grondgebied. Toe die bedreiging van die Sarasene egter ‘n bedreiging vir Europa begin word, het hulle die strydbyle tydelik begrawe en as bondgenote die vyand die stryd aangesê.

Aan die einde van sy dae, so lui die legende, het Holger in ‘n skynslaap verval in die kelder van die kasteel Kronborg by Helsingør (Shakespeare verwys in een van sy werke na die plek as Elsinore). Die legende vertel verder dat Holger eers weer sal ontwaak wanneer Europa hom nodig gaan hê.

Hans Christian Andersen, het die legende in een van sy verhale vasgevang met die woorde:

“Die mooiste gesig van alles is die ou kasteel van Kronborg. Diep in die donker kelder daaronder, waar niemand kan ingaan nie, sit Holger die Deen. Hy is gekleed in yster en staal en hy sit met sy groot kop op sy een hand. Sy lang baard hang oor die marmertafel waar hy sit. Met die jare het dit vasgegroei in die barste en die krake van die ou tafel. Hy slaap en hy droom maar tog sien hy alles raak wat in Denemarke en in Europa gebeur. Kersaand van elke jaar kom ‘n engel van die Here en raak hom saggies aan. Die engel vertel vir hom dat wat hy gedroom het waar is, maar dat daar nog nie gevaar is nie en dat hy gerus verder kan slaap. Sou sy hulp egter weer nodig wees, sal hy sy oë oopmaak en opstaan. Die marmertafel sal in twee breek as hy sy baard lostrek. Met sy swaard uit sy skede gaan hy die vyand tegemoet en slaan ‘n slag, so hard dat dit oor al die lande van die wêreld gehoor sal word.”

Dieselfde sentiment is ook teenwoordig in twee gedigte van Ted Hughes, naamlik, The Warriors of the North en Thistles.

In Europa en in die Weste is Islam stadig maar seker besig om veld te wen voor die rugraatlose en afgewaterde Christendom. Hulle veg nie meer met swaarde en sabels nie, hulle veg met die gewete van die Westerling en kruip op daardie manier saggies onder en tussen ons in met hulle mooi-klinkende woordjies.

Miskien is dit nou die tyd dat Holger sy oë moet beginne oopmaak.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Openbaring se strawwe in werking...
9 jaar 11 maande 12 ure oud


Skitterend vertel, baie dankie hiervoor. ek geniet fabels, maar jou waarskuwing is so belangrik.
die duiwel het baie jare onsuksesvol probeer oorneem, maar toe kry hy die blink gedagte en fluister in die wind: menseregte!
en nog nooit het hy soveel veld gewen nie.
a.
10 jaar 3 weke 4 dae 16 ure oud


so
word deur wereld oorspoel en gewen en die mens staan blind en stom want alles is mos aanvaarbaar en reg vandag, gespreek sonder oordeel, gaan kyk na die nuutste syfers beskikbaar oor moslem getalle IN AL DIE LANDE VAN DIE WERELD, so word die "christene" binne hul eie lande oorgevat sonder dat n skoot klap, kyk ook na die geboortesyfers beskikbaar in die lande tussen "christene" en "moslems", ek het my verstom daaraan, puik artikel..m
10 jaar 1 maand 1 week 1 dag 11 ure oud


Haha! Ja dis hoogtyd! Jy maak 'n paar goeie punte rondom die Moslems en Christendom. Ons sal maar ons sokkies moet optrek...
10 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 2 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar