Artikels

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Ek het besluit om hierdie artikel te skrap en te her publiseer aangesien ek ‘n veel beter sonnet redoublé geskryf het wat ek getitel het as “‘n Krans van sonnette vir my hartlief “
wat dwarsdeur rym (instluitende die vyftiende sonnet daarvan.) en ek die vorige “sonnette redoublé” met hierdie gedig vervang het.)

‘n Kroon van sonnette of sonnet korona is opeenvolgende sonnette, wat gewoonlik gerig is aan een persoon of handel oor ‘n enkele onderwerp. Dit is ‘n sewe tal sonnette wat opeenvolg waar die laaste lyn van elke sonnet herhaal word in die eerste lyn van die volgende sonnet. Die heel eerste lyn van die eerste sonnet word ook die heel laaste lyn van die laaste sonnet wat aan hierdie opeenvolging die kroonagtige struktuur verleen.

Die eerste kroon van sonnette wat bekend is, was geskryf deur die romantiese digter France Prešeren in sy beroemde “Sonetinie venec” (vertaal as “Wreath of Sonnets”). Prešeren se kroon van sonnette was vertaal in Russies in 1889, wat ‘n groot invloed gehad het op Valery Bryusov en Jaroslav Seifert wat sy sentimentele “Věnec sonetü” (vertaal as “Wreath of Sonnets”) in hierde vorm geskryf het oor Praag.

Die Bulgaarse digter Venko Markovski het meer as ‘n honderd kroon sonnette geskryf en gepubliseer wat opgedra was aan verskeie historiese figure.

Die gedigte “Crown of Sonnets” deur Jan Haag en “Here in the Silence” deur Leny Roovers is goeie voorbeelde van hierdie vers vorm . Beroemde voorbeelde is John Donne se “Corona” en Lady Mary Wroth se “Crown of Sonnets Dedicated to Love.”

Marilyn Hacker is bekend dat sy verskeie sonnet krone geskryf het. Bekende sonnet krone was geskryf deur Linda Beirds, Andrea Carter Brown, Robert Darling, Moira Egan, Jenny Factor, Andrei Krylov, Julie Fay, Marie Ponsot, Patricia Smith, Marilyn Taylor, Natasha Trethewey, David Trinidad en Kathrine Varnes.

Hier is my pogings tot die sonnet krone:


Nou is die tyd van ons ontwaking (sonnet korona)

I

Nou is die tyd van ons ontwaking
in ‘n wêreld waar dinge pragtig is,
met die eerste strelende aanraking
van die oggend se vroeë lafenis

waar die son helder en warm val,
waar voëltjies jubelend saam sing,
in die blou juweel van die heelal
oor die glorie wat die somer bring,

is die aarde vars na die eerste reën
met elke boom, plant en blom
wat veel kragtiger groei as voorheen
in die glorie van hulle wasdom

in elke in aanraking, kleur en geur
vind ons die natuur in haar fleur.

II

Vind ons die natuur in haar fleur
as voëls jubelend in die takke sing,
kan ons, ons nie heeltemal wegskeur
van ‘n wêreld wat by ons in dring,

het elke oggend iets glorieryk
wat ons net moet ontdek
en elke slag wat jy na my kyk
wil jou blik my by dieptes intrek

is die essensie van dit wat liefde is
vasgevang in elke dag wat om ons hang,
vier ons, ons intieme verbintenis
in elke begeerte en elke drang,

waarna ons in hierdie wêreld smag,
nou val jou helder glimlag.

III

Nou val jou helder glimlag
oor my lewe se duisternis,
stralend soos ‘n glorieryke dag
bring jy daagliks nuwe betekenis,

as jou hand fyn om myne vou
lyk jy soms broos, heel ingetoë
sien ek die hemelse kobaltblou
in die helder blik in jou oë,

is jou stem suiwer in elke klank,
is jy pragtiger as die mooiste blom
as jou arms om my nek met tye rank,
alles uit die diepte van jou liefde kom

word ons bestaan, ons somer heilig.
met ‘n onblusbare, suiwer helder lig

IV

Met ‘n onblusbare, suiwer helder lig
in die verblindende helder gloed
van U almagtige Goddelike aangesig
wat breek dwarsdeur ons weifelende moed

wil ons beide in ons dwaasheid U aanskou
selfs as dae, nagte tye moet versplinter
waar U die aarde in U magtige hande hou,
tot verby seisoene van somer en winter,

maar in geen donder of sterre reën
kon ons U werklik vind of raaksien,
in stille deurlugtigheid kom U byeen
as elke dier en plant U vanself dien,

van vêr verby die oer begin, in lig wat skyn
in die glorie van sonskyn.


V

In die glorie van sonskyn
is jy in elke helder somerdag,
die sterre wat skitter in die nag
die lug so blou so soewerein.

Vir my is jy die mooiste vrou
wat my heeltemal kan verstaan
en daar’s edelheid wat ek in jou aanskou,
met begrip weet jy na waar my lewe gaan.

Jy is vir my gegun in hierdie somer son
so asof geluk aan hierdie oomblikke verbonde is
in dinge wat ons wens en kon
vir ‘n hele leeftyd se betekenis

as die natuur in oomblikke neer plas,
die geur van jou hare is soos soet gras.

VI


Die geur van jou hare is soos soet gras
wat in die somerson uitbak
of ryp rooi perskes op ‘n tak
wat ‘n motreën skoon was

en die aanraking waarmee jy na my tas
is soos die brose fladdering
van die wind wat deur die bome sing,
is strelend soos son op glas

en jou onbewus-bewegende voet
is ‘n vlinder wat tussen blomme flap
net haar aankoms hier en daar meld

voor dit weer bangerig skoert
met brose vlerke wat klap;
jy’s vir my die rustigheid van die veld.


VII

Jy’s vir my die rustigheid van die veld
aards en tog edel en rein,
die soet herhalende refrein
wat insekte en voëls aanhoudend meld.

Jy’s glansend soos ‘n pragtige borsspeld
met oë wat skitter soos wat die sterre skyn
met betowering wat nie kan verdwyn
gevul met vuur, maar natuurlik gekunsteld.

Jy’s die fladdering van die wind
wat deur velde gras ritsel,
met die sagste aanraking
die bekoring wat mens in druppels vind
wat op jou neer sif en op jou wange aarsel;
nou is die tyd van ons ontwaking.


Miskien is dit liefde (sonnet korona)

I

Die son het eens gebloos en was van jou en my bewus
waar die rivier weg slinger
terwyl ons mekaar staan en kus,
waar ‘n vink skreeu soos ‘n indringer

het ek jou gevat aan die hand,
ons het laggend die rivier in geplas
al langs die oewer, aan die rivier se kant
maar geen water kon daar ons sonde afwas.

Toe ons heel nakend kaal uittrek
het jy jou liggaam vir ondefinieerbare pret teen my gevly,
en ons het mekaar as man en vrou ontdek,
het jou sonde, verander in die sonde van my

wou ek dié ondervinding vir niks opsê;
dit was wonderlik om op die gras te lê.


II

Dit was wonderlik om op die gras te lê
toe jy digby my is
om jou vas te vang in gedagtenis,
dit was wonderlik om jou reg teenaan my te hê

en ek wonder hoe om dit in woorde te sê
as ek jou van naderby beskou en vashou tot die duisternis
jou in alles ken, selfs elke klein geheimenis,
as dit voel of ek jou niks in die lewe kan ontsê

as die son hoog aan die hemel sit,
bye ywerig die blomme in die tuin besoek
as die swembad se plotsende water skaduwees gooi,
die wolke bo ons groot en wit
verby seil en God se hande later beweeg oor sy seildoek
in kleure van blou, oranje en helder rooi.


III

In kleure van blou, oranje en helder rooi.
lê daar ‘n ganske wêreld tussen jou en my
word die wêreld met sononder opgetooi
as ek jou nie uit my gedagtes uit kry,

asof ek jou glinsterende oë aanskou
die gevoel daarin waarneem
die manier wat jy jou kop hou,
maak dat ek my hele lewe in oënskou neem

asof dit wat tussen ons was en nog steeds is
ewiglik na antwoorde na mekaar toe uit ryk
word ek van diepe verlange bewus
wil ek met my vingers deur jou hare stryk.

Nie een van ons het werklik die betekenis gesnap,
toe jy uit my lewe uit stap


IV

Toe jy uit my lewe uit stap
en ek weet dat jy my nog bemin
was daar groot pyn daarin
maar jou wese het niks van jou hart verklap

en alhoewel jy dit toe weet sou jy jare later eers snap
waar die einde van jou, van ons geluk begin
en niks wat ek kon doen of sê sou jou laat besin,
dinge verander toe die deur agter jou toeklap.

Nou meer as twintig jaar later
is jy net so pragtig as wat jy toe was,
het niks in die gevoelens tussen ons verander,
is daar nog sterre in jou oë as jy van lag skater,
kan ek sien hoe fyn jy in my lewe in pas,
ek bemin jou steeds soos geen ander.


V

Ek bemin jou steeds soos geen ander
as die jakarandas buite in pers blou rokke trou
die winter weg sabander
en is ek ontsettend lief vir jou.

Hoe graag sou ek dat jy die prag aanskou
van die hele stad wat in glorie staan
die geur wat mens so eensklaps omvou,
wat uit die strate opslaan

maar jy is meer as ‘n duisend myle weg
in ‘n ander mooi wêreld met ‘n eie prag
waarnatoe ek soms wil gaan
en mens kan net met ondervinding betekenis hieraan heg
van volmaakte op volmaakte dag;
ek het my oë na die skepper God toe opgeslaan.


VI


Ek het my oë na die skepper God toe opgeslaan,
gebid dat Hy met jou is
toe ek vanoggend op my knieë staan
terwyl ek jou diep in my siel in mis.

By die kerk was daar ‘n nagmaal
waar ek in Sy offer kon deel,
en my gedagtes het na jou toe gedwaal
waar ek ons as pasgetroudes verbeel

my gebed het tot Jesus Christus self gegaan
en ons verhouding en jou het ek aan Sy sorg opgedra,
waar hy as hoë priester voor Sy Vader staan,
vir Sy seëning en sorg oor jou gevra

maar na oomblikke saam met jou gesmag,
selfs as jy tot die winter van ons lewens wag.


VII

Selfs as jy tot die winter van ons lewens wag,
voordat jy eendag na my toe wil kom
wag ek dag en nag
en wens die tyd om

en dan sal daardie koue tyd
vir my soos ‘n somer wees
en deurentyd
sal ons lag in dae sonder vrees

mekaar bemin
asof daar geen einde aan tyd is
en saam sal ons ‘n lewe begin
in ‘n hegte heilige verbintenis

maar ek moet my by jou wense berus;
die son het eens gebloos en was van jou en my bewus.



Veels te min weet ek (sonnet korona)


I

Te min weet ek van die dinge af wat tussen ons lê
sien die see terug trek en uit dein
te min weet ek hoe om jou van my liefde te sê
sien jou spore oor ‘n sandduin verdwyn.

Te min weet ek om te praat van dit wat ‘n geheim is
hoe een dag uiters besonders kan wees
gevul met lewensveranderende betekenis
van die dinge wat ek in jou blik lees

maar dat jy dolverlief is op my
weet ek voor die see ons spore uitvee
toe ek jou soen en aan die giggel kry
ons nuwe tree die lewe in gee

jy die betekenis word in my klein heelal;
was jy die lig wat deur die venster op my val

II

Was jy die lig wat deur die venster op my val
‘n ster wat saans aan die hemel skitter
sou ek jou kon bewonder, sommer dae sonder tal
maar nou’s daar ‘n donder wat eensklaps witter

as daglig in ‘n donker nag my lewe indring
deel van my lewe word
om dan weer iewers anders te verspring
asof enkele oomblikke alles is en vêr te kort

was die tydjie wat jy kon bly
vol vreugde wat jy sonder perke kon bring
in hierdie ongenaakbare wêreld as deel van my,
wat my hart met lofliedere kon laat sing

en nog het ek te min tyd in jou belê;
hoe moes ek weet dat ek met jou ‘n eed sou aflê

III

Hoe moes ek weet dat ek met jou ‘n eed sou aflê
voordat ek jou ontmoet,
‘n benul van sulke intieme gevoelens hê
as waarmee jy my hele wese voed?

Hoe moes ek weet wat die betekenis is
van geloof liefde en hoop,
en van ware belydenis
voor ons lewens saam loop

op paaie wat ek nie kon voorsien
en leer om te bemin
verby gebeure, jare en tye wat uitstrek in miskien,
dat jy deel is van alles binne my in?

Ek wil jou bemin soos in dae van almelewe,
in die winter van my lewe

IV

In die winter van my lewe
as al die bome rondom my skelet staan
kaal gestrope takke in die wind bewe
soms ‘n donder onverwags uit die bloute neerslaan

onthou ek soms die blik in jou reënboë oë
waar kleure so geheimsinnig saamsnoer
selfs as my liggaam soos takke buig, deur ouderdom geboë
asof hulle in gedagtes ewiglik vir my loer

is dit ewiglik of daar ‘n nuwe lente net moet kom
asof jou arms my nek omsingel
jy weer opnuut blom
as ‘n lig omstraalde engel

is dit soms asof jy by my hang,
as die oggend my met sy eerste strale vang.

V

As die oggend my met sy eerste strale vang,
die lug van grys skemer na blou verander
die maan vir ou laas wit hang
is ek vasgevang soos ‘n koggelmander

wat die son aanbid
waar dit wit warm rys
waar ek voor jou foto sit
wat elke tikkie van jou skoonheid wys

maar Dae nagte en maande gaan verby
terwyl ek elke dag ‘n kyk
van daardie foto af terug kry.
en ek wonder is jy nog lief vir my?

en ek dink, sekerlik is jy nog net so mooi,
as die son sy laaste strale oor die bome gooi.

VI

As die son sy laaste strale oor die bome gooi
skaduwees lank uit rek
voordat dit oranjerooi
lang strale uitstrek

en die straatligte skielik gewek
oë aan pale gee, hulle met oranjegeel optooi
dan weet ek
dat jy iewers anders is en steeds beeldskoon mooi

elders anders lag,
jou kinders versorg, jou pligte doen
jou uitstrek vir die nag
nadat jy jou kinders nag soen

en dan verlang ek erg in daardie nag;
ek mis die manier waarop jy uitbundig lag,


VII

Ek mis die manier waarop jy uitbundig lag,
hoe jy vir ‘n mooi rolprent huil
selfs uit powere dinge altyd iets goeds verwag
hoe jy op ‘n donker reënerige donder nag teen my skuil

die blikke waarmee jy na my kyk
die gevoelens wat jy na my bring
asof jou groen oë soos die see pryk
met elke woord wat diep in my in dring

maar tyd loop sy eie pad
en die noodlot is ‘n ongenadiglike ding
waar ek en jy op ‘n tyd ‘n ander rigting moes vat
en nog probeer om met woorde oor horisonne te spring

en dalk moet ek weer van voor af by jou aanlê,
te min weet ek van die dinge af wat tussen ons lê.


Deur die venster loer die nuwe maan (sonnet korona)

Deur die venster loer die nuwe maan,
skitter sterre helder blou wit
waar hulle gloeiend in die duisternis sit
soos diamante op fluweel waarop ek my oë slaan

terwyl die swart kat met gloeiende oë in die vensterbank staan
maar langs my val ‘n plas lig op jou gesig en lyk dit
asof jy rustig in jou droom wêreld is en altemit
van ons of iets wonderlik droom terwyl ‘n kar se ligte verbygaan

is ek geseënd om jou hier digby my te hê
met jou intieme hitte dig teenaan my,
jou rustig te hoor asemhaal en dis ysig koud
asof ons nog ‘n duisend nagte so gaan lê
droom ek van alle bekommernisse vry;
diep in die bevrore woud.

II

Diep in die bevrore woud,
waar ys soos vingers
aan takke afhang, was ek en jy indringers,
het iets naby gesnork, half benoud

deur groot neusgate geblaas en dit was ysig koud
met die gekras van voëls, niks besonders,
wat in die verte wegsterf, met klanke van ander woud bewoners
het hierdie bestaan gevoel soos iets eeue oud

en ons het ys hoor breek
soos wat ‘n dier met vrees
dwarsdeur die bosse bars
en jy’t jou hand in myne gesteek
en ek kon beloftes in jou blou oë lees
terwyl ons stewels oor die sneeu knars.


III

Terwyl ons stewels oor die sneeu knars
het jy grootoog deur my lewe gestap,
was die lug ysig en vars,
het ek my diepste geheime aan jou verklap,

het jy my geleer oor wat die misterie van die lewe is,
dat alle liefde uit God uit kom,
het jy my lewe gebring tot ‘n nuwe veel dieper betekenis
met jou prag my keer op keer verstom.

Jy’s my somer kind uit die môreson,
jy is myne met jou mense en God,
van lig my enigste eintlike bron,
meer kosbaars as ‘n menslike of aardse gebod

en ek soen jou en doen dit nog ‘n slag,
sommer so helder oor dag.


IV

Sommer so helder oor dag
waar ek besig was om te werk
in die groente tuin het ek jou nie opgemerk
waar jy agter my staan en wag

en die irisse en rose het gebloei in helder prag
en die diep blou swerk
het met ‘n edel skoonheid bo ons uitgestrek,
toe ek omdraai het ek geweet waarna jy smag,

het die handdoek van jou slanke lyf afgegly,
was jy nakend in die agter tuin,
was ek ‘n oomblik vasgevang, voer jy my mee
met jou arms wat jy slaan om my
was ons verlig in helder sonskyn,
as ek myself onvoorwaardelik aan jou oorgee.


V

As ek myself onvoorwaardelik aan jou oorgee,
my diepste geheime met jou deel,
jy my ken in my geheel
jy met jou hoë hakke my hart betree

word ‘n bietjie van my menswees dan afgegee
en wag vernietiging, as ek algeheel
deel van jou is en ons mekaar bedeel
met liefkosing en kennis en magtige bande smee?

Voorheen kon ek die voëls hoor fluit wat in die bome sit
selfs die wind op my vel voel streel,
die son in die hemel aanskou,
maar jy is nou die son in my lug wat my lewe verhit,
die lied wat dwarsdeur my hart speel;
in hierdie laatsomer mis ek jou.


VI

In hierdie laatsomer mis ek jou
kom die skeiding van jare saam
in elke klein ding wat ek aanskou
en weerkaats dit jou wese en jou naam.

Selfs die wind wat soms liefkosend of mistroostig waai
bring in haar gesange net groter en grote verlange
asof alles in die lewe my wil aanraai
om te ontsnap maar steeds bly ek gevange

asof in die mag van die noodlot,
so asof ontsnapping in my mag lê
(en ek weet dit klink nogal verspot)
om dinge eensklaps anders te hê

en buite is daar ligte wat in die nag eensaam wink;
jou stem oor die selfoon laat my hart rinkink.


VII

Jou stem oor die selfoon laat my hart rinkink
dat dit soos die van ‘n verliefde kind dawer
as jou beeld soos die van ‘n engel in my gedagtes blink
en ek soek na blomme nie net sommer ‘n papawer

maar iets buitengewoon kosbaar wat ek vir jou wil pluk
terwyl ek amper hoendervleis van lekkerte kry
jou vir oomblikke lank teen my vas wil druk
en wonder hoe lank hierdie vreemde sensasie gaan bly

want die myle is verskriklik vêr weg
maar die son skyn helder blink deur jou woorde
en skielik voel my lewe sommer reg
asof bestraal uit hemelse oorde

en ons gesprek rek lank uit, gaan aan en aan;
deur die venster loer die nuwe maan.



Selfs as my lewe sonder jou stil gaan staan (sonnet korona)

I

Selfs as my lewe sonder jou stil gaan staan
selfs as ek jou gesig in die van ander vroue sien,
loop ek elke dag se treë aan,
terwyl ek van jou in my lewe moet afsien

blom daar madeliefies, gaan rose in die tuin oop
hang die son goudgeel in die kobalt lug,
as ek elke oggend die paadjie na die dorp toe loop,
loop ek na my dorps besoek weer die paadjie terug

en alhoewel die skeiding
my so uiters alleen laat voel
tussen ons met afstand indring
is daar nog die wind waarvan die vingers oor my spoel

is ek nie meer deur jou menswees verblind,
terwyl ek my weg in die wye wêreld in probeer vind.

Soms is dit lang ente wat ek vir die plesier ry,
toe my motorfiets onder my lewe kry.

II

Toe my motorfiets onder my lewe kry,
was ek van die wêreld om my onbewus
toe ek weg van die huis wat ons gedeel het ry
het my hand op die versneller gerus,

terwyl strate, verkeersligte en motors slegs verby gly
en ek so Godverlate is in hierdie gebeurtenis
‘n stad, ‘n hele wêreld kom tussen jou en my
asof daar nêrens vergifnis is en ek gevonnis

na die lot van die noodlot en jou wense moet spring,
met lorries, karre en bakkies op die snelweg
asof ons liefde nie meer tot jou deur kon dring,
terwyl alles verby skuif en ons is van mekaar af weg,

ek die versneller verder oopmaak, neem ons finaal kennis,
as my hele wêreld in die niet in wegraak, as daar niks is



III

As my hele wêreld in die niet in wegraak, as daar niks is
wat tussen ons oorbly, om ons weer by mekaar te bring,
te veel dinge tussen in dring,
te veel woorde, dade ons verbintenis

in stukke breek en ons in ontsteltenis
in pyn half verwring,
tot geen vergetelheid kom en herinnering
kom met die bekentenis

dat ons mekaar nog steeds bemin
dan wonder ek waarom jy
‘n wêreld tussen ons trek,
jy my stuur in my hel in
en ons op ander plekke bly
as jou liefde nog na my toe uitstrek?


IV


as jou liefde nog na my toe uitstrek
hoe kan ek dit wat hoog en heilig was
nog langer in ‘n pyniging uitrek,
selfs hier met woorde aantas

die lot bevalling tot ‘n stilstand ruk,
in hulle edel en suiwerheid
op selfs ‘n blanko papier indruk,
as ek eerder my pen neer wil smyt?

Laat ek eerder jou helder oë onthou,
jou warm lippe wat my van jou wêreld kon vertel
wat so sag onder myne oopvou
hoe jou liggaam onder myne kantel,

met die liggies in die verte van die visser skuite;
as blare dwarrel na binne en buite.


V

As blare dwarrel na binne en buite
in die dieptes van die siel
waai soos teen die venster ruite
die laaste dae tot stof verniel

die eerste tekens van winter reeds kom
ek gestroop word van ou drome en elke verwagting
met tekens van my verval alom
niks oorbly van my passie en smagting

is dit asof die laaste somer reeds vervaag
asof ek soos almal bestem is tot heengaan
asof daar nooit weer iets wonderlik op sal daag
asof ek alleen teen die lewe en ganske wêreld staan

en tog as iemand jou nog bemin
is dit verrassend verby tyd, plek en sin.


VI

Is dit verrassend verby tyd, plek en sin
die skitterende blik in jou oog
of het jy dit op ‘n tyd versin?
My liefling, nou hang ‘n reënboog

van trane wat met jou wange afvloei
asof hierdie reën wat val,
jou met die wêreld se probleme laat stoei,
asof die donders van die lewe om ons knal

en jou oog het iemand anders gevang,
in jou hart se geheimenis
is dit na iemand anders wat jy verlang
en die lug is toegetrek met duisternis

en dis koud en die atmosfeer ietwat kil,
snags is dit so stil.

VII

Snags is dit so stil
dat ek my eie asemhaling kan hoor
asof ek in die nag tyd en betekenis verloor,
nie meer verder wil

dink aan die tyd wat ek verspil
wat ek uitmors en oor en oor
probeer om ons liefde te versmoor
terwyl jy iewers ander rond jil.

Dae neem nou ‘n eie loop
met dinge wat onbeplan gebeur
en ek wonder waar kom die gedigte vandaan
want die wêreld lê vir my oop
en ek wil my aan niks anders steur,
selfs as my lewe sonder jou stil gaan staan.


‘n Reis van herinnering (sonnet korona)


I

Daar’s ‘n lig wat aanhoudend soekend flits
vanaf die veraf kaai
en van bo in die lug val ‘n blits
verlig die nag vir ‘n oomblik terwyl die wind liggies waai

en by die skip verby, vaar ‘n groter olietenk skip
wat die water in klein golwe uitgooi en laat rinkink
en iewers weg bruis branders oor klip op klip
terwyl die lig van die oewer af aanhoudend wink

en af geëts teen die nag rys Tafelberg kloof op kloof hoog
bo my uit soos ‘n reuse baken op die kus
en die wind gooi sout druppels brandend in my oog
en ek is van ander bote en vreedsaamheid bewus en van rus

en weet hoe uitgestrek die see lê met sterre wat strek,
so vêr as die donkerte tot by die horison trek.


II

So vêr as die donkerte tot by die horison trek
die nag manjifiek substansie kry
voel dit ons is byna tuis, by die aankoms plek
en van die lewe op die skip vry.

‘n Klokboei luier in die nag
en verder lê die liggies blink
terwyl ek die skoonheid staan en betrag
hoor ek hoe ‘n meeu se kras in die verte klink

en skielik is daar rondom ons mis
maar in die hawe mond flits ‘n lig
asof ons lewens en alles in duisternis is
volg ons dit blindelings en dis heel aardig

en dis of die see skielik dit self op ons wil wreek,
as ‘n woeste storm opsteek


III

As ‘n woeste storm opsteek,
die see ‘n reuse ondier word
voel dit asof die skip in stukke wil breek
en daar’s reën en stormwind wat kort-kort

om die skip swiep dit kreunend laat bewe,
terwyl donders om ons knal
dit voel of elke golf monsteragtig lewe
met reën wat gietend neerval

toe Tafelberg skielik sy kop uitsteek,
die land skielik weer uit die mis opdoem
die mas in die woeste storm breek
en elkeen sy God se name noem

voor die skip gebroke die stil baai invaar,
as ons die mooiste land op aarde gewaar.


IV

As ons die mooiste land op aarde gewaar
glans die see in die verte baftablou,
is ek die volgende dag bly my lewe is gespaar,
as die lug teen die horison invou

Windloos staan die eike
in hulle rye langs die pad,
langs luukse huise met geslote luike
in ‘n rykmansbuurt weg van die middestad.

Die son is helder en glansend,
laat skadu kolle by die bome val
en prentjie mooi byna asemrowend
is ‘n wingerd wat loop tot ‘n by ou bouval.

Op die strand waai die wind sandkorrels mee;
ek sien jou nader kom met lang tree

V

Ek sien jou nader kom met lang tree
soos wat jy verby loop
en die lug is saffier blou en oop
en agter jou is die see

waarvan die golwe uitrol en jy lag verleë
terwyl ek ‘n gesprek met jou aanknoop
en jou hare skitter goud soos stroop
terwyl ons vriendskap bande smee

kyk ek in jou helder blou oë waarin die lig glans
terwyl ‘n skip in die verte verby vaar as jy jou nek afbuig
en voor ek my kan kry sit jy by my
voel of tienduisend duiwels in my rond dans
as jy elke nou dan onderlangs na my staar en my oortuig
om op die rug van ‘n perd langs die see te ry

VI

Om op die rug van ‘n perd langs die see te ry
die seewind koel
deur jou hare te voel spoel,
op ‘n vurige perd verby te sny

waar golwe rond galop en ‘n blik te kry
oor die waters wat woel,
die onstuimigheid aan te voel,
uitbundig van die stad lewe vry

as meeue hulle vlerke sprei hoog teen die blou lug
die see te ruik waar dit langs jou breek
met die goue son op jou vel,
om een te wees met die buitelug
is ‘n genade, soos om jou hand uit te steek,
om vir mense van wonderbare en geheime dinge te vertel.

VII

Om vir mense van wonderbare en geheime dinge te vertel
as die vliegtuig ‘n draai gooi oor die blou oseaan,
laat mens soms sonder woorde om dinge duidelik te stel
met die wit strand van die baai wat in die verskiet verder weg gaan.

As die skerp lig my oë vang
lê die geboue van Kaapstad klein en grou,
waar tafelberg teen die horison staan en ek reeds na jou verlang
met die Kaap wat stadig verdwyn saam met die diepblou.

Ons vlieg noord na Johannesburg en groen geruit
ontvou eers koring en later mielielande soos ‘n lap kombers
gedurig onder die vlerke uit
in die verte lê die Drakensberge pers

en as ons land is daar donders wat blouwit blits;
daar’s ‘n lig wat aanhoudend.


In die duisternis (sonnet korona)

I

Die skemerte is swart oortrokke in geraam,
toegetrek aan elke kant
as dit donders kraam
wat vonkend brand, so ewe astrant

waar geen teken van ‘n maan
teen die naglug op ruis
en net bliksem flitse wat in flikkering slaan
sonder teken van die sterre kruis

en tog wag die aarde op druppels reën
om met hulle besproeiing te begin
neer knetterend aaneen
te val en in te dring in diep grond in,

terwyl donders gedurig aanhoudend knal;
as skemer oor die strand val


II

As skemer oor die strand val
glim ligte van die nag
van die ganske heelal
asof elke een vir ontdekking wag

en is dit asof die terug spoel mens
net dieper in wil trek
in die wydtes waarin die see strek
en elke droom en wens

soos daardie wye oseaan onbeperk
so sonder raam lê en wag
asof nag en dag
in ‘n volmaakte ewewig saam werk

asof die donkerte mens oomblikke vashou,
hier waar die duister nag om my vou.

III

Hier waar die duister nag om my vou
hoor ek jou voetstappe nader loop
ruk die woeste wind die vensters oop
en in bliksem flits is ek steeds gestroop van jou

en sal verdriet na jare steeds soos nou
‘n impak hê, my fel stroop
van alle redelikheid en alle hoop
om jou weer teen my vas te hou?

Die dieper pyn van menswees
wil nie in my hart, my siel bedaar
en soms soos nou met volle ergernis
word dit werklik in elke wete, elke vrees
maar buite is daar suiwerheid en alles denkbaar
asof die straatlig skyn met deernis.

IV

Asof die straatlig skyn met deernis
lê die stad in die verte uitgestrek
asof dit ‘n reuse ruimteskip is
wat wat mense daarnatoe trek

waarvan die waarskuwings liggies aan en af gaan
terwyl reisigers in karre, busse en motorfietse dit nader,
helder ligte selfs doer in die verte uitslaan
en mense in honderd talle by plekke vergader.

Op plekke is daar skerp ligte wat mens half verblind
waar mense sielloos in die nag baljaar, op elke denkbare plek
asof dit gereed maak om op te styg met ‘n woeste stormwind.
terwyl die dekmantel van die duisternis wyd uitstrek

wonder ek na waar al die mense half sielloos gaan;
dis laatnag met ‘n sekelmaan.

V

Dis laatnag met ‘n sekelmaan
wat skaam in die duisternis hang,
plek-plek is daar skadu’s wat my oog vang,
populiertakke wat soos latte in die wind heen en weer slaan

en ek kan sweer iets volg my so vêr as wat ek gaan,
die begraafplaas is naby, iewers sis iets soos ‘n kat of slang,
ek rek my treë en is te vêr te bang
om terug te kyk, loop vinniger aan

en dit voel asof die asem van iets in my nek blaas
my arm hare rys
en nou voel ek werklik verskrik, hoor die kerkhof hekkie kerm
terwyl ek my nog meer haas
teen my rug voel ek ‘n rilling koud soos ys,
ek voel die naderende onheil, bid oopoë dat God my moet beskerm.


VI

Ek voel die naderende onheil, bid oopoë dat God my moet beskerm,
sien ‘n groep boemelaars om ‘n konka staan,
toe ‘n swart kat met gloeiende oë skielik agter my kerm
en sien rooi kole op ‘n afstand gloei met vlamme wat opslaan

Dit is toe net ‘n kat wat teen my spring
waar ek buk om dit te streel
en geen onaardse bose ding,
soos wat ek my eers verbeel

en bo ons is die hemelligte wat die swart nag vol sit
‘n paar straatvroue trippel soos winkel poppe aan
en op die rand van die horison is daar ligte rooi, geel en wit
een fluit vir my toe ek by hulle verbygaan

en drie staan op die sypaadjie wydsbeen voor my,
een vrou ruk haar bloes op en ek loop verby.

VII

Een vrou ruk haar bloes op en ek loop verby,
ek sien haar borste in hulle fynste besonderhede
en ek wonder hoe mens in hierdie godlose stad kan bly,
alles raak dag op dag net erger as in die verlede.

Ek’s alleen en is amper te laat
om by die Spar melk, botter en brood te kry
en ek stap oor die straat
en hoor hulle soos in ‘n koor roep na my

waar een van die meisies haar romp op trek
en bene en ‘n deurskynende wit broekie vir my wys
haar bes probeer om begeertes by my te wek,
en ek vang die reuke van urine, slap tjips en anys

terwyl sy smeek: kom met my saam;
die skemerte is swart oortrokke in geraam.


As hierdie nag duister tussen ons daal (sonnet korona)

I

As hierdie nag duister tussen ons daal
en buite storms knetterend val,
donder soos kanonskote knal
laat daar dan deurlugtigheid neerdaal

en ons in hierdie gewyde uur, van die wêreld afdwaal
met vreugde en vrede en hunkeringe sonder tal
en leiding en pyn verdwyn, in vergetelheid verval,
laat ons dan die beste uit hierdie tydjie haal

ons liefde tot verby keerpunt laat kom
terwyl die oorlog vir ander voort woed
en al is ons in woorde stom
laat ons liggame praat in vlees en bloed
laat ons innerlike vreugde bekom
voor ons weer mekaar moet groet.


II

Voor ons weer mekaar moet groet.
as die wekker groen op elfuur staan,
wonder ek of ons weer sal ontmoet,
moet ek terug na Waterkloof militêre vliegveld gaan

In die verte bliksem ‘n donder iewers neer
as sy my by die hekke aflaai om in duisternis af te valskerm
om na Angola toe terug te keer
in ‘n gebied waar die vyand soos ‘n perdebynes rond swerm.

Verkenners moet vir houwitser kanonne rigting peiling doen,
vir die swaargeskut wat oor baie kilometers skiet
in die verte staan die vliegtuig met sy vlermuis fatsoen
en vrees sit hol op sy maag as die hekwag ‘n offisier ontbied.

Later haal ek deur ‘n masker asem, sit toerusting dig teen my pens;
hier voel mens meer na ‘n masjien as mens.

III

Hier voel mens meer na ‘n masjien as mens
as jy dag op dag dieselfde mense sien,
dieselfde pligte uit moet dien,
jou lewe op die grens

met tye verwens
pakkies kry as jy dit nie verwag of verdien,
die verhouding met jou meisie verander in ‘n groot miskien,
jy iewers wil wees, net êrens

anders as hier en dis of alles tot niks vervaag
die lewe dag op dag verby sleep
en selfs as ons aksie slaan
is dit asof ek aspres my lewe waag
en elke dag trek ek deur die kalender ‘n streep,
elke dag tel ek die dae af, om weer huis toe te gaan.

staar mense met groot oë vol vrees
na die strak uitdrukkings wat hulle op soldate gesigte lees

IV

Elke dag tel jy die dae af, om weer huis toe te gaan
met Casspirs en Ratels word grens bewaak,
en dae gaan net aan en aan,
word verset tot onderdanigheid gemaak

en iewers in ‘n ovambo stat
waar boerbokke sommer los rond wei
sien ek vonke uit ‘n kampvuur spat
terwyl pantsertuig nader ry

met masjiengewere en kanonne dreigend gerig
opsoek na vyande wat landmyne plant
word mense se lewens ontwrig
en iewers kraai hoenders aan die agterkant

klim ons styf af brul die enjin van die Ratel wat dit aandryf,
word ‘n soldaat afgemaai waar hy in ‘n stroom as dood dryf.

V

Word ‘n soldaat afgemaai waar hy in ‘n stroom as dood dryf
kon sy oë geen vlinder sien,
nie eens op kyk na die God wat hy probeer dien,
kon hy nie ‘n hand uitstrek van sy kragtelose lyf

nooit weer vir sy liefling eens enkel woorde skryf
en dié afsterwe het hy nie verdien,
was dalk net miskien
op die verkeerde plek, vir vyandige soldate ‘n skyf

was hy glad nie bewus van hoe dinge om hom is
waar geregtigheid, waarheid en die soeke na lig lê
was ingeperk en tot soldaat deur wette bepaal,
gedwing tot ‘n offer sonder betekenis,
sou graag self dinge anders wou hê,
in die duisternis het hy veels te vroeg verdwaal.


VI

In die duisternis het hy veels te vroeg verdwaal
al reeds ‘n man en nog onvervuld,
wonder hy wanneer die helikopter hulle kom haal,
is hy nou vol ongeduld.

Voor hom string soldate op patrollie uit,
deur ‘n dor land waarvan die bosse krap merke laat
tot waar die paadjie by die hoofpad aansluit,
terwyl sweet in spore vloei oor sy gelaat,

as hy skielik so onverwags ‘n landmyn aftrap
in oomblikke sy lewe stol op ‘n bloedkol,
die slag vol skroot ongenadig klap,
sand en die geur van dood is die bosse vol

en al sy hoop, sy toekoms en lewe verdwyn onder ‘n landmyn;
toe die hamer en sekel saam met ‘n rooi ster verskyn.


VII

Toe die hamer en sekel saam met ‘n rooi ster verskyn,
en uit die ooste die beer met groot krag brul,
vyandelike terroriste en soldate se vingers krul
om die snellers van gewere was daar vir sommiges pyn,

ander was vol blydskap asof ‘n nuwe son op hulle skyn,
die pantserwa onder my het die vyand met vrees gevul
waar ek met wande van staal omhul
vir ‘n eie lot moes veg voor die beskawing verdwyn

maar alhoewel ons die oorlog gewen het, het die hel
later tot volle wasdom gekom
vir ander het ‘n aardse hemel gewag, terwyl die onheil ons haal
en die bloed en opoffering tel
nou net mooi niks en ek staan verstom,
as hierdie nag duister tussen ons daal.


Here God, U het my land in U eie hand (sonnet korona)

I

Here God, U het my land in U eie hand,
my wêreld gebreek om my
dit gestroop van alkant
en toe my van my loopbaan bevry

en soos Paulus het ek in U lig gestaan
verblind daar rigting probeer kry,
maar was teen die aarde platgeslaan
met pyn wat deur my sny

nogtans was ander sig aan my openbaar
en waar ek voor u voete val
ken U alles, bly U my nog bewaar
as heerser van die heelal

Soms het dit gevoel soos ‘n vonnis;
nou weet ek die betekenis.


II

Nou weet ek die betekenis
van om U kind, U seun te wees
en in die duister wat my omvou ken ek geen vrees,
as alles waarop ek my lewe bou skielik waardeloos is

en die noodlot ferm en beslis
my van eiendom, vrou en kinders verwees
my lewe in stukke lê asof niks dit kan genees
my land my vertrap en verwerp asof vermis

maar in my self moes ‘n omkeer geskied
terwyl ek nog U helder lig aanskou,
die besef dat die lewe soms skamelheid bied
moes werklikheid word en getrou
moes ek vêr en eensaam swerf en in die duister gebied,
as ek leer om met elke tree, U hand styf vas te hou.

III

As ek leer om met elke tree, U hand styf vas te hou
God, hoe lank moet ek om genade smeek
moet ek aanhou blindelings op U vertrou,
as die goddelose mag, sy hande na my lewe uitsteek?

As swak mens moet ek teen hierdie rebellie staan
terwyl my eie wêreld besig is om te verval,
voel dit asof die duisternis orals om my toeslaan
en nie of Migael en sy magte oorwinnend is in die heelal

en tog dui hierdie aanslag dat ek die teiken tref,
dat my lewe en gedigte die vyand weerloos maak
moet ek uit die felheid daarvan besef
dat die vyand ongelukkig is, ek krisis punte aanraak

maar leer my om meer op U te vertrou,
sonder dat my geloof in U verflou.


IV

Sonder dat my geloof in U verflou
as ek die pad vat wat ek glo na redding lei
laat ek dan U magtige hand vashou,
al staan die onheil weer by my

en selfs al pluk ek elke keer ‘n doring lat
al gaan tyd soms te vinnig verby
en voel dit of ek ‘n eindelose pad vat
sal ek nog by U die redding kry

waar my lewe inmekaargevleg
vas gestrik is in ‘n doring nes
U oor my lot besleg
leer ek elke dag ‘n nuwe les,

kom dinge stadig bietjie vir bietjie reg
terwyl U my bevry, wys U my nog die weg.

V

Terwyl U my bevry, wys U my nog die weg
as die nag as duister rondom my val en niks meer bestraal,
dit lyk of my lewe net verder versleg,
as selfs die goue maan weg dwaal

sal U lig dan nog op my val
en waar my lewe is soos ‘n helder blom
die noodlot om my knal
en ek doods en stom

nie weet om aan te gaan, daaruit te kom,
sal U dan nog my voort lei
tot waar die son weer helder opkom
by my eie vrees en waan verby,

bly U dan nog by my
in die nat straat met sy lampe in ‘n ry?


VI

In die nat straat met sy lampe in ‘n ry
weerkaats die dowwe lig van reën
en vannag is dit waar ek nuwe suiwerheid kry
skoon gewas staan teen

neer pietsende, pletterend water uit U hand
waarin daar heling is,
U was my bestaan, was my aan alle kant
en bring nuwe vergifnis

terwyl my eie waan wegspoel van my,
met neonligte omring deur mis
word ek deur druppel vir druppel bevry
asof daar in die donderweer suiwering is

bring U my weer tot bekering,
in geen groot ontbloting, helde verering.

VII

In geen groot ontbloting, helde verering
of lof wat die heersende engel van duisternis bring,
kan my van sy lig, sy luister of selfs werke laat besing.
Slegs aan U wat die skepper is rig ek my verheerliking

en aan U van wie liefde kom, kan ek my gawes so gering
rig as ‘n huldeblyk tot U grootsheid, as ‘n aandenking
want U kyk na hierdie nietige swerweling,
laat woorde spruit, wat ‘n eie diepte besit wat self uitkring.

Almagtige Here, almagtige God hier wil ek psalmsing
van U liefde wat selfopofferend is
waar U in beheer is aan alkant,
van U as ‘n lewende mens, ‘n lewende God, ‘n lewende gelykenis
wat met waarheid en edelheid deur die duisternis dring;
Here God, U het my land in U eie hand.


Ondervindings met God (sonnet korona)

I

U maak alle dinge nuut
het ek besef toe ek vanaand die Suiderkruis aanskou
wat soos altyd iets magies vir my hou,
miskien was ek so weggevoer in die dispuut

van my eie vaal bestaan dat ek absoluut
nie kon ag slaan dat U, U hand oor ons vou,
dat U baken helder brand en nooit verflou.
Selfs al is situasies hoe akuut

is Moskou, Rome, Washington en Pretoria
almal plekke waar U lig op val
waar mense geskape is in U beeltenis,
waar mense juig, jubel, huil en klae,
waar U by mense byna sonder tal
as die almagtige God teenwoordig is.

II

As die almagtige God teenwoordig is,
was daar niemand aan my sy,
toe ek my van my ondergang vergewis
was niemand naby my,

was elkeen vir my as vreemdelinge onbemind
en toe ek in ‘n nuwe môre uitgaan
was jy ‘n man, ‘n vrou, ‘n kind
totdat ek voor die hemelse Vader staan

en nie meer verblind
die pyn, hartseer en alleenheid van ander mense lees
toe ek sien elkeen is God se kind
dat almal broeders van mekaar moet wees

en toe was ek self nietig in my oë,
voor die almagtige God bewoë.

III


Voor die almagtige God bewoë
waar water soos riviere loop
oorweldigend volgens my denkvermoë
trek die wolke weer oop,

is daar ‘n reënboog wat die oog vang,
selfs as donders nog aanhoudend slaan,
wat uit die donkerste wolke hang
bly God se beloftes staan.

Op ‘n planeet waar dinge afstroop tot in die kern in,
self verbreek en verval
het die mens self die duisternis gebring,
gerebelleer teen die God van die heelal

en staan ek soms bewerig,
as ek wil lewe sonder Sy lig.

IV


As ek wil lewe sonder Sy lig
dit nie tot die dieptes van my siel deurdring
asof my bestaan net doelloos bly uitkring
en tussen dit alles verloor ek iewers ewewig

bly die uitkoms byna ewiglik ‘n vergesig
asof ek selfs nie van die hoë kranse af kan spring,
hoor ek die wind eentonig om my ore sing,
is dit asof ek byna reeds voor die aanslag wil swig

waar my lewe soos ‘n vesting geanker is op U as rots
is dit asof hierdie verwydering nie tot U deurdring
sien ek hoe branders breek, donders blou tonge uitsteek
is daar golwe wat aanhoudend teen my bots
en bly ek alewig voor U net as nog ‘n enkeling;
as die onweer smiddae opsteek.

V

As die onweer smiddae opsteek,
oggende kobaltblou is,
weet ek hoeveel ek jou mis
en as die donder in die namiddag uitbreek

is dit soos die hand van God wat Hy uitsteek
word ek van sy teenwoordigheid bewus
asof ek Hom kan aanraak en aldus
om my hart se begeertes kan smeek

en net voor die reën knetterend neerval
wil ek weet hoe lank dit nog gaan duur
voordat ek jou weer gaan aanskou
en magtig kom Sy antwoord in donders sonder tal
wat neer knetter met blouwit vuur;
vra Hy dat ek moet vertrou terwyl ek Sy werk aanskou.

VI

Vra Hy dat ek moet vertrou terwyl ek Sy werk aanskou
as ek met ootmoed my hande bymekaar bring,
jou vol liefde styf teen my vashou
en ons na Hom in die oneindigheid wil dring,

in leiding en pyn snel alles verby met spoed,
staan Hy in ons gedagtes met die wêreld in Sy vingers se kring
asof ons ‘n vesting is teen dit wat rondom ons woed
met my liefling in my omhelsing

is daar ‘n eie klein heelal wat skielik vorm
tussen twee afsonderlike wesens tot werklikheid kom
asof passie, kennis en vernuf
saam met liefde in ‘n lewe bind teen alles wat aanstorm
en daar volmaak ‘n blom uit die niet uit opkom
waar ons saam die oneindigheid aan kan durf.

VII

Waar ons saam die oneindigheid aan kan durf
met die grootse meester van wiskunde en wetenskap
wat met Sy almag ons gedurig oorbluf,
is daar beelde wat Sy gedagtes vorm, Sy gedagtes snap

waters skei in rivier, meer en see
planete skelet, lê oop en bloot
terwyl hy slegs bevele gee
wyk watermassa word weggestoot,

verskyn vasteland op vasteland
met ‘n son wat aan die hemel hang
en hy sprei sy hand
en skielik verskyn diere sonder tal wat die oog vang,

Sy liefde, Sy wil bly oneindig en sonder enige substituut,
Hy maak alle dinge nuut.


Elke nag as die duisternis neerdaal (sonnet korona)

I

Elke nag as die duisternis neerdaal,
ons saam boekevat
dan weet ek dat
U helder lig nooit faal,

dat u daagliks die lotgevalle bepaal
van elkeen wat
hulle voor U buig en dat die sterre soos U vonke spat
wat in die ongekende ruimtelike plekke dwaal

en dat U die son van geregtigheid
op U bepaalde tyd sal verskyn
met strale wat lek, dat U sal neerstryk
verby alle verganklikheid
dat alle aardse belemmerings en bekommernis sal verdwyn;
hoe laat U Here die pyn wyk?

II

Hoe laat U Here die pyn wyk,
twee diere kinders het ek kort op mekaar verloor
en as ek soggens buite rond kyk
is daar net twee ander diere van my oor.

Hoe sê mens aan ander wat nie werklik verstaan
van die verbintenis wat mens het,
van die liefde wat in ‘n dier se hart aangaan
die oomblikke van onuitspreeklike pret

en nou dat ek sonder ‘n vrou en kinders is
dien die ander tweetjies my nog getrou
is daar ‘n hegte verbintenis
en bid ek dat U, U hand oor hulle hou

en as U hulle ook wil neem,
staan ek op hierdie aarde half vervreem.


III

Staan ek op hierdie aarde half vervreem,
in die onbekende wêreld wat my môre inwag,
as my kragte begin om af te neem
voor die donkerste nag,

tog as die nuwe lig verskyn;
die son opkom in ‘n nuwe dag,
(as die son weer in volle glorie oor my skyn)
in die onbekende dinge wat op my wag

is my bekende gisters iewers ingesluit
in helder dae, wat laat middae verval
is dit asof alles van voorheen aansluit
in gedagtenis en selfs as donders rondom my knal

vind ek U teenwoordigheid pal,
as skadus oor my val


IV

As skadus oor my val,
die wêreld byna dekadent
ru ineenstort in my heelal
en skade soms permanent

my beste pogings probeer fnuik
en alles binne in my op wil stu
voel ek weggestoot, afgestomp en gebruik;
tog gedenk ek steeds vir U

van wie alle lig af kom
en wag op ‘n nuwe dag,
al is ek platgeslaan en verstom,
al lyk dit vir my gedurig soos nag

laat U my nooit werklik afgesonder,
selfs as ek in my drome skreeu en wonder.


V

Selfs as ek in my drome skreeu en wonder
waarom elke more om my vou
byna eindeloos sonder jou
asof die lewe my bedonder

probeer onder kry so sonder
dat ek die pyn kan weghou,
asof geen vaders hand my vashou
staan ek nog verwonder

as ek God se werke
in klein dinge rondom my aanskou
waar dit so sonder perke
selfs in my eie aantekeninge ontvou

weet ek Hy trek my gedurig nader
selfs toe skrif geleerdes saam vergader.

VI

Selfs toe skrif geleerdes saam vergader
my ter helle in stuur,
wou hulle nog U met ‘n laaste gebed nader
op daardie bepaalde duister uur.

Om te bevestig dat hulle U wil volbring,
soos om te sê, so sê die Here
staan hulle toe in ‘n kring,
daardie wit gepleisterde menere.

Toe wonder ek oor mense
wat hulle in U plek stel
of daardie Sanhedrin U wense
werklik uitdra, U liefde aan ander mense vertel

of wandel hulle gedurig self in die duisternis,
weet hulle nie wat op die grond geskrywe is?


VII

Weet hulle nie wat op die grond geskrywe is?
Here ek dank U dat U, my in my wasdom slyp,
selfs as sogenaamde heiliges kom met ‘n vonnis
wat my roeping ten volle aan kan gryp.

Alhoewel ek soms die pyn deurdringend voel
asof dit tot op die been sny,
weet ek dat U net dinge vir my goed bedoel
dat U en U engele altyd aan my sy bly

maar vra dat U my bewaar
teen die duisternis, die onheil
wat in hordes dreigend om my skaar,
dat U nie verwyl

my op die regte weg hou, selfs as ander afdwaal;
elke nag as die duisternis neerdaal.

[Verwysing: “So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid. Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges; en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie. Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?” Mattheus 23: 28-33.]


‘n Gevorderde vorm van die kroon van sonnette word ‘n “sonnet redoublé” of “heroic crown” genoem wat bestaan uit vyftien sonnette wat mekaar volg, waar die laaste lyn van elke sonnet herhaal word in die eerste lyn van die volgende sonnet, maar die finale bindende sonnet word opgemaak uit al die eerste versreëls van die vorige veertien in die volgorde wat hulle verskyn.

Hierdie vorm was geskep deur die “Siena Acdemy,” wat in 1460 gevorm was maar daar bestaan geen van hulle kroon sonnette meer nie. Hierdie vers vorm was eers beskryf deur Giovanni Mario Crescimbeni in sy werk “L’istoria della volga peosia” (geskiedenis van volks digkuns) wat in Venisië in 1731 gepubliseer was en later deur P.G. Bisso in sy “Introduione alla volgar peosia” (inleiding tot volks poesië) wat in 1794 in Venisië gepubliseer was.

Marilyn Nelson se kinder boek “A Wreath for Emett Till,” volg die vorm van ‘n herroise kroon. Seanan McGuire en Batya Wittenberg se “The Gift” is ook geskryf as ‘n “sonnet redoublé.”

Hier is my poging tot die “sonnet redoublé:”


‘n Krans van sonnette vir my hartlief (sonnet redoublé)

(vir Daleen)

I

Buite is al die strate lig bestraal,
waar jy aan rooi rose ruik in die tuin,
en dis of my gedagtes na jou draal
by doukelkies wat oor die muur basuin,

die vensters weerspieël jou in hulle glans,
en jy kruip net dieper in my gedagtenis
bo my sprankel sterre, dis of een dans
en ek is bewus van ‘n geheime verbintenis,

oor jou is ek dol en heeltemal mal,
ons vriendskap het baie skielik gekom
waar twee mense in die ganske heelal
hulle oombliklik aan mekaar verstom,

en dis net oomblikke voor jy by my aansluit;
deure is gegrendel en dig gesluit.


II

Deure is gegrendel en dig gesluit
as jy onlosmaakbaar my lewe betree
en my wêreld gaan agteruit
maar asof jy aan elke dag die somer son gee

jy verander maande se koel winter reën
met ‘n ongekende aanpassingsvermoë,
en diep in my hart is jy die enigste een;
wat my bly maak en soms bewoë

miskien het ons geweet dat swaar dae kom,
dalk ‘n intuïsie gehad dat oomblikke verval
maar steeds is ons oor mekaar heeltemal mal
twee mense wat mekaar vind in die mensdom,

en dis asof God se seën op ons neerdaal
as die nagtelike stilte bly draal.


III

As die nagtelike stilte bly draal
lees ek diep gedagtes, skyn jou oë
met die glans en skittering van reënboë
is hul met ‘n soort helder suiwer lig deurstraal,

lê hulle soos twee olywe heeltemal ovaal
as jy vol sonskyn lag en is jy opgetoë
tog het hulle altyd nog die vermoë
om al my gedagtes na jou te laat dwaal

as jy die ganske wêreld wonderlik wil maak
asof ons heeltemal uitgesonder is,
asof elke voël na sy maat fluit,
die son opkom en die dae mooier raak,
en soos twee kinders vind ons betekenis;
ek kry jou nie uit my gedagtes uit.


IV

Ek kry jou nie uit my gedagtes uit,
in hierdie koue winter mis ek jou
is dit of ek jou in alles wil insluit
en gedurig jou foto bly aanskou.

Selfs die wind wat mistroostig waai
bring in gesange groter verlange
of alles in die lewe my aanraai
om te vlug maar steeds bly ek gevange,

in die mag van die ou noodlot,
so asof ontsnapping in my mag lê
(en ek weet dit klink nogal erg verspot)
om dinge so eensklaps anders te hê:

en ek is nou aan jou siel vas,
ons stap met jou hand wat in myne pas.


V

Ons stap met jou hand wat in myne pas
by mense se tuine verby na die kerk,
die wind ruk-ruk aan jou jas
en jy is al wat ek gedurig opmerk.

Jou stem laat my hart rinkink
as jy my van allerhande dinge vertel,
en soms na die van ‘n jong meisie klink
as ek hier en daar mooi klippies optel

maar iets kosbaar wil ek vir jou pluk
as ek hoendervleis van lekkerte kry
jou vir oomblikke lank teen my vas wil druk
en wonder hoe die sensasie gaan bly,

en die dag snel verby terwyl my hart kaperjol,
silwerwit sterre sit die naglug vol.


VI

Silwerwit sterre sit die naglug vol
voor die koue reën begin neer suis
as die wind huil om die hoeke van die huis,
sien ek blare buite rond tol

donderslae wat oomblikke val en stol.
Daar is ‘n eentonigheid in die gedruis
maar dis of jy altyd my lewe deurkruis,
al voel my dae soms dol

besef ek hoe vlugtig die lewe is,
kom die lewe neer op die hier en nou,
as die reën steeds buite neer plas
kom jy kuier en ons deel elke geheimenis
gesels tot diep in die nag tot die sterre verflou;
ons praat oor plekke waar ons eens was.


VII

Ons praat oor plekke waar ons eens was
en deur die venster loer die maan,
as jy my soen en ek jou hand styf houvas
ons gedagtes terug na die verlede gaan

en die erns in jou blik, die pragtige glans,
laat my soms skrik asof dit kan vermink,
asof daar iets geheim in jou oë blink,
as klein duiweltjies soms in jou oë dans.

Buite skitter talle sterre skielik helder blou wit
as die geure van jasmyn en katjiepiering hang,
met ligte wat gloeiend in die duisternis sit
karre se ligte wat die straat oomblikke vasvang

en ‘n papiersak wat in die wind rondrol,
die ou eikeboom gooi ‘n donker kol.


VIII

Die ou eikeboom gooi ‘n donker kol
as duiwe gedurig daarin koer
die wind rukkend aan die vensters lol
en die maan skaam-skaam vir ons loer.

Glimmend gloei skerp ligte in die nag
bring ‘n soort vreugde aan die duister uur
en in my are bruis die suiwer krag
van grootse passie se gloeiende vuur,

van aardse drange, asof uit die grond,
brandend, vol emosie deur my bloed,
as vonkend, vlammend jou sagte soet mond
drifte wakker maak in ‘n soort stortvloed

en soet weerklink jou helder lag,
jou lippe is skielik warm, soet en sag.


IX

Jou lippe is skielik warm, soet en sag;
vannag is daar ‘n potskerf goue maan,
en dis asof ek reeds jare na jou smag
asof die ganske wêreld skielik stil staan

asof die maan self in stukke wil breek
rys dit of dit sterre volg in sy baan,
is daar ‘n deel wat in die hemel steek
en dit verhelder, glim so stadig aan

nog is dit of dié maan my betower
met die goue strale en skaduwees
en ek oomblikke dink om jou te verower,
om liefde te vind sonder vrees

en intens hou jy my oomblikke dop
as my hart heel verruk in my keel klop.


X

As my hart heel verruk in my keel klop
ruik jy na blomme wat in die lente bloei,
wil passie met ons albei weg galop
as jou oë met tye geheimsinnig gloei.

Toe jy my soen verskiet ‘n ster in die heelal,
jy is die son wat hierdie somer dra,
jy maak my met hartstog skoon verby mal
met die antwoord waarna ek smeek en vra.

Jou lippe streel vlinder sag oor my mond,
raak met tye streel sag, teer op my wang
asof jy naby is aan heilige grond
en oomblikke draal, word jy vasgevang;

in die verte rammel ‘n donderslag,
‘n duif roep sy maat in die donker nag.


XI

‘n Duif roep sy maat in die donker nag,
en ons is albei vol vreugde en onvermoei
as jy glimlag soos die son in die middag,
dis of duisend strome deur jou oë vloei,

uit jou hele wese vlammend uitstraal,
teen jou bloes slaan sondige bloeisels uit,
‘n aantrekking wat tot jou lende daal
waarvoor alle ander beloftes stuit

asof jy altyd my blom van blomme is,
waarvan alle ander blomme af kom;
die weg van Eva inslaan, met groot deernis
elke man kan lok, maar dis ek wat jy verstom

en ek wil met jou trou en saam nesskop,
as in daardie oomblik tyd skielik stop.


XII

As in daardie oomblik tyd skielik stop,
as jy my van elke ander vrou bevry
pols my bloed dwarsdeur my kop,
kyk jy met hierdie somer net na my.

As ouderdom met die jare na ons kom,
sal daar dan nog tussen ons vuur verrys
as die noodlot ons grys, geboë of vermom
die pad na die ewigheid wil wys?

Sal ons dan nog die wete van liefde wis,
as alle ander dinge reeds vervaag
soos mis in die verstand se geheimenis
en nog dan ook steeds liefde najaag,

mekaar wil vind in elke woord en sin,
as jou oë vertel dat jy my ook bemin?


XIII

As jou oë vertel dat jy my ook bemin
laat daar rook uit gloeiende vonke styg,
laat ons gedurig dan elke dag nuut begin,
gedurig oor die foute van die verlede swyg.

Laat ons liefde meer as slegs passie word
in die heilige tempels van die hart,
laat ons dan ons siel en gees in mekaar uitstort
speel jy dan nog jou rol en ek my part;

mag ons mekaar bemin in geluk en droefnis;
selfs in die woeste storm wind,
bymekaar staan in elke gebeurtenis
selfs as die lewe ons soms verblind,

laat jy nooit enige waarheid versin,
as ek kyk in jou siel se dieptes in.


XIV

As ek kyk in jou siel se dieptes in
noudat winter heeltemal skelet is
weet ek ons kan teen enige probleem oorwin,
soek ek na jou tot vreugde en betekenis,

bly ek soos altyd steeds selfs verblind
teen die foute wat jou menswees uitskreeu,
tog is daar iets in my wat jou altyd wil vind
as jy vasgevang is aan hierdie eeu.

en droom ek gedurig dwarsdeur die nag
hoe jy jou slanke arms teer om my slaan,
maar ek weet nie wat om van dinge te verwag,
en dis so asof jy nog hier dig by my staan

selfs as die laaste blare in ouderdom val,
as ons staan voor die God van die heelal.


XV

Buite is al die strate lig bestraal,
deure is gegrendel en dig gesluit
as die nagtelike stilte bly draal.
(Ek kry jou nie uit my gedagtes uit);

ons stap met jou hand wat in myne pas,
silwerwit sterre sit die naglug vol,
ons praat oor plekke waar ons eens was,
die ou eikeboom gooi ‘n donker kol.

Jou lippe is skielik warm, soet en sag
as my hart heel verruk in my keel klop,
‘n duif roep sy maat in die donker nag
as in daardie oomblik tyd skielik stop,

as jou oë vertel dat jy my ook bemin,
as ek kyk in jou siel se dieptes in.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Plek van die Flaminke

    deur Rachelle du Bois

    Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar