Weergawe: 1
Aantal woorde: 320
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 09 Jul 2013
Die Sonnetina Quatro kom voor soos ‘n mini sonnet en bestaan uit ‘n sestet en ‘n kwatryn. Geen metrum word vir hierdie versvorm aangedui nie maar gewoonlik word hierdie gedig in of agt of tien lettergrepe per versreël geskryf.
Ryther Roethicle se gedigte “The night is dark” en “Tomorrow” is goeie voorbeelde van hierdie versvorm.
Die rymskema is:
A1abbaA1 / ccaA1 of A1abbaA1 / acca
Hier is my eie pogings tot die Sonnetina Quatro:
As tyd my nader sou bring (Sonnetina Quatro)
As my eie tyd my nader sou bring
As al die jare net aan en aan string
aan ‘n plek en tyd waar ek niks meer weet,
myself, my geskrifte begin vergeet
word die lewe dan ‘n lelike ding
As my eie tyd my nader sou bring
vra ek die Vader om bereddering
om op Sy tyd vir my plek te berei,
my in groot genade jammer te kry
my lewe te beëindig, te volbring.
Kortstondigheid (Sonnetina Quatro)
Vêr te vinnig snel die lewe verby,
of selfs betekenis ‘n einde kry
verdwyn geliefdes een na die ander
sonder dat mens iets daar kan verander
en is dit of pyn deur jou liggaam sny.
Vêr te vinnig snel die lewe verby,
en wil selfs gedagtes nie by jou bly
is jolyt, jeugdigheid gebind aan tyd
en als snel verby in kortstondigheid.
en agter bly net ‘n enkele jy.
Afskeid gesprek (Sonnetina Quatro)
Van jou het ek ‘n lang vers probeer maak,
dieper by weemoed betrokke geraak
later lyne deur die woorde getrek,
gehuil en geen verse is vir jou gewek,
vir my was dit ‘n onbegonne taak.
Van jou het ek ‘n lang vers probeer maak
maar jy wil nie nog toenadering vind
en ek bly net deur die groot pyn verblind
en maak geen dinge nie eintlik meer saak.
Van jou het ek ‘n lang vers probeer maak.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Lorelei
Die lewensverhaal van n jongvrou wat gedryf word deur Stemme in haarself. Haar soeke na haarself en God asook n stryd tussen Lig en Duisternis.