Weergawe: 1
Aantal woorde: 205
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 30 Apr 2012
Die trippel-sewe gedig beskryf iets uit die natuur of een van die seisoene. Die gedig bestaan uit drie versreël van sewe lettergrepe elk en dus bestaan die hele gedig uit een en twintig lettergrepe. In die gedig moet die titel daarvan voorkom. Die gedig kan rymloos of rymend geskryf word. Van tipografie en leestekens kan gebruik gemaak word in hierdie tipe gedig.
Al die bogenoemde dinge geld by die dubbel-trippel-sewe gedig behalwe dat die lettergrepe in die hele gedig vermeerder na twee en veertig en dat strofes in twee verdeel kan word of aanmekaar gestruktureer kan word.
Hier is my pogings tot die trippel-sewe en dubbel-trippel-sewe gedigte.
Winter (trippel sewe gedig)
Ysig vat winter aan my,
daar is takke wat skelet
of die dood aan alles tas.
Lente (dubbel trippel sewe gedig)
Lente is iets verstommend
as blomme skielik uitbars
in kleur op kleur op takke
alles oornag lewe kry,
in die vreugde van bestaan
en tot volle wasdom kom.
Lees ander artikels deur Gert Strydom
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die artikel
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie artikel
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Kiekies
'n Potpourri van aardse en menslike insidente, wat wissel van skreeusnaakse humor tot hartroerende tragedie.