Artikels

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Met die lees van die gedig “Bent Within That Stall” van Ronald Peat het ek op die tritina vers vorm afgekom wat hy geskryf het in tien lyne van jambies pentameter (versreëls van tien lettergrepe elk) met die vers struktuur ABC / CAB / BCA / (.x.A.x.B)C.

Dus bestaan ‘n tritina uit drie tersette plus ‘n enkel versreël waarvan die woorde moet herhaal. (Hoofletters dui hier nie refrein lyne aan nie maar woorde wat herhaal word.)

Gloria Carpenter se “Tritina,” “Hey Y'all,” “I Wonder,” “Let Go and Listen,” “To Love,” Maryse Achong se “That Certain Smile,” Deborah Bel se “Heart Strings,” “Hey Y'all (Reply),” “It Is War,” “River Rush,” Divena Collins se “Does Time Stand Still,” “Shadow of a Rainbow,” “When Love is True,” “Ye Herbal Garland,” Lorainne Dafney se “Standing on a Rock,” “Teacups,” Jeff Feezal se “Tended Love,” Jem Farmer se “Heart's Question,” “Looking Back,” “Silver Angels,” “Wizened Crone,” Ryter Roethicle se “Austere Moods,” “Celestial Thoughts,” “Flying High,” “Hands,” “How do I Know,” “Luna See,” “Mind and Soul,” “optimist,” “Proof,” “Right or Wrong,” “Room 420,” “Southern Lights,” “Starry Paths,” “There is no pain,” “Three Lanterns,” “Undenied Love,” Khia Taylor se “Moon Rejoicing” en Nia Wynne se “Astral Promise” en “Headache” is almal goeie voorbeelde van hierdie versvorm.

Die tritina is eintlik die miniatuur weergawe van die sestina en daar is geen rymskema nie en bestaan uit drie stansas en ‘n finale versreël wat die volgende woord patroon gebruik:

Eindwoorde:
Stansa 1: A B C
Stansa 2: C A B
Stansa 3: B C A

Die laaste versreël gebruik A en B binne in die versreël en eindig met C.

Die metrum word nie aangedui nie, maar hierdie vers word gewoonlik in tetrameter of pentameter geskryf.

Hier is my pogings tot die Tritina

‘n Sneeuvlokkie (Tritina)

A As die wonder van ‘n seshoek verbind
B staan ek vasgevang deur die helder prag
C van een sneeu druppel wat spierwit skitter

C wat uniek ‘n patroon vorm wat skitter
A waarvan die kern intern intiem verbind
B met ‘n eie tekstuur, glans en sneeuwit prag

B wat vasplak om ‘n korrel stof in prag,
C as sneeu wit val en die lug vol skitter
A waar waterdamp as ys kristal verbind

(.x.A.x.B)C waar dit verbind met prag, aanhou skitter.


Ek glo dat liefde regtig ewig hou (Tritina)

Ek glo dat liefde regtig ewig hou
selfs as dit na die dood weer moet begin,
as mens weer iemand wonderlik moet vind,

alhoewel mens soms net moeilikheid vind
nie werklik weet wie om weer vas te hou
lang dae soms net eindeloos begin,

is daar iemand wat ‘n gesprek begin
werklik uitreik, vriendskap wil vind
stadig maar seker van jou begin hou,

as jy haar hou, begin iets wat jy vind.


Teveel kere het ek die dood aanskou (Tritina)

Teveel kere het ek die dood aanskou,
net burgerlikes soldate sien word
om die dood, vernietiging te trotseer,

bang gewees om elke dag te trotseer,
vernietiging, pyn hartseer aanskou
terwyl hulle slegs masjiene word,

iets anders as gelukkige mense word,
bereid is om enige ding te trotseer,
verwoesting van hulle lewens aanskou,

pyn aanskou, siek word, moeg om te trotseer.


As mens die uurwerk heel terug kon buig (Tritina)

As mens die uurwerk heel terug kon buig
gebeure, dade ongedaan kon maak
sou hierdie dalk ‘n beter wêreld wees,

sou alles tydloos en omkeerbaar wees;
mens foute, pyn en hartseer reg kon buig,
die lewe hemel op aarde kon maak

maar aan die ding wat alles net ouer maak,
soos wat die noodlot bestem om te wees
is ons gevang as dit ons lewens buig,

ons buig, nietig maak om sterflik te wees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar